[Foto’s] 1 dood, 3 beseer toe trok hulle tref

Foto: Reaction Unit South Africa

Foto: Reaction Unit South Africa

ʼn 23-jarige vrou is dood en drie persone beseer toe ʼn vragmotor Vrydagmiddag klante by ʼn supermark in Verulam, KwaZulu-Natal getref het.

“Lede van die Reaction Unit South Africa is omstreeks 13:21 na die Waterloo Spar in Umdloti Beach-weg ontbied,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê. “ʼn Vrou, wat saam met haar ma geloop het, is op slag dood nadat ʼn vragmotorbestuurder beheer verloor en deur ʼn staalheining gebars het.” Die heining het die pad en die winkel se parkeergebied van mekaar geskei.

“Die vragmotor het daarna oor ʼn kragboks gery en ʼn ligte motor en taxi getref. Nog twee vroue is tydens die voorval beseer.”

Na bewering het ʼn groep mense, wat van mening was dat die vragmotorbestuurder gejaag het, die bestuurder aangerand.

“RUSA-paramedici het die twee beseerde vroue en die bestuurder ondersoek en hulle na ʼn plaaslike hospitaal geneem.”

Die oorledene was ʼn inwoner van Waterloo in Verulam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Buitestander ·

Het die bestuurder ‘n geldige rybewys? Het hy/sy die lugdrukbrieke se drukking nagegaan voor daar weggetrek is?t

Suzette McDonald ·

Ja Buitestander, hy het sekerlik ‘n rybewys, hoe hy dit gekry het is ‘n ander vraag. my werk neem my baie op die pad. dit is ongelooflik hoe mense ry, hulle ken nie padreels nie.gaan verby sperstrepe, draaie, aankomende verkeer moet net gee pad!!!! ek ry nou al 15 jaar dieselfde roetes om ons dorp. geen metropolisie, niemand om die skuldiges vas te vat. nou sien mens baie meer spoedlokvalle, maar mense waarsku mekaar. dis maar net die wat nie die flitsende ligte ignoreer wat gevang word. nee, dis ‘n wonder dat mens lewend anderkant uitkom. jy kan nie jou oe ‘n sekond van die pad afneem nie. my pa het altyd gese, moenie dink wat ander bestuurders behoort te doen nie, KYK wat hulle doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.