Foto’s: 1 dood, talle beseer in Jhb-treinbotsing

Foto's: ER24

Foto’s: ER24

ʼn Man is dood en sowat 80 mense beseer nadat twee treine Dinsdagoggend in die suide van Johannesburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het by die Denver-treinstasie plaasgevind.

“Paramedici van ER24 en ander nooddienste is op die toneel,” het Meiring gesê. “Die bestuurder van een van die treine was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

Hy het gesê die nagenoeg 80 mense het geringe tot kritieke beserings opgedoen.

“Een vrou was tussen ʼn trein en ʼn muur vasgepen. Sy moes bevry word voor sy verder behandel kon word. Sy is in ʼn kritieke toestand met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die polisie se honde-eenheid is op die toneel om seker te maak dat alle passasiers uit die wrakke gered is.

Sy het gesê een trein het teen die agterkant van ʼn ander trein vasgery.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die betrokke owerheid ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pierre Celliers ·

Nuwe Suid-Afrika stasie voorman, het heel waarskynlik die verkeerde knoppies gedruk!
Deesdae se trein beheer stelsels is uiters ingewikkeld en kan alleenlik deur deeglik opgeleide,
verantwoordelike persone beheer word.

scalla ·

die verkeerde knoppie is gedruk, iets het seker van die prop afgeval

Peet Schabort ·

Daar is gewoonlik soveel meganismes in werking dat selfs die menslike fout uitgeskakel word MITS hulle instandhouding gedoen word. So .… ??

Piet ·

Die ondersoek het inmiddels uitgewys dat die trein te vinnig gery het en dat ‘n rooi lig verontagsaam is. Dit voel vir my dat selfs treindrywers nou soos taxidrywers begin ry : Ry te vinnig en ignoreer rooi ligte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.