Foto’s: 10 sterf op N1 buite Bloemfontein

Foto: ER24

Foto: ER24

Nog ‘n foto volg onderaan die berig. Tien mense, insluitend ‘n baba, is Sondagoggend dood toe ‘n bakkie en ‘n vragmotor mekaar ongeveer 40 km buite Bloemfontein op die N1 reg van voor getref het.

“‘n Vyf maande oue baba, drie kinders en ses volwassenes is net voor 06:00 in die ongeluk naby Edenburg oorlede,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ‘n verklaring gesê.

Altesaam 14 mense is glo met die bakkie vervoer. Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd. Hy was die enigste insittende in die vragmotor.

“Drie mense, insluitend ‘n kind het hierdie vreeslike ongeluk oorleef en is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling,” het Vermaak bygevoeg. “Almal is in ‘n kritieke toestand.”

Die N1-suid is vir ‘n geruime tyd vir verkeer gesluit.

Intussen berig SABC News die Ford Bantam-bakkie het ‘n stopteken by padwerke verontagsaam voordat die vragmotor en die bakkie mekaar reg van voor getref het. -SAPA

Foto: ER24

Foto: ER24

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Celicia Bredenkamp ·

Ek was gister oggend net na 6 in n ongeluk 70km buite Bloemfontein. Trok het ons kar van die pad af gestamp en die kar het gerol. Ek dink aan almal se familie lede wat hulle verloor het. Dit is aaklig. Mag die Here by hulle wees.

TOKKIE ·

DIE DRYER GAAN WEER SEKER DIE APARTHEID DIE SKULD GEE, HY KON NIE LEER NIE

Charles ·

Hkm lyk dit vir my of daai n gelaste bakkie is.. ek dink iemand moet bietjie verder krap in daardie saak…

Jas van As ·

Oos Wes, tuis bes.
Elke keer as ek op pad êrens heen is, verlang ek na my huis. Feit bly: dit help nie jy ry versigtig met soveel onverskilliges op die pad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.