Foto’s: 11-jarige bestuur trok op KZN-hoofweg

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn KwaZulu-Natalse veiligheidsmaatskappy het ʼn vragmotor op die hoofweg tussen Richardsbaai en Empangeni van die pad af getrek en tot hul verbasing vasgestel ʼn 11-jarige seun sit agter die stuur.

Corrie Pretorius, woordvoerder van die Noordelike Streeksveiligheidsdienste, het aan Maroela Media gesê hulle het ʼn oproep ontvang dat die vragmotor gevaarlik oor die pad swaai en moontlik ʼn ongeluk kan veroorsaak. Hulle het na die toneel gehaas en die vragmotor afgetrek waarna hulle gesien het ʼn 11-jarige seun is agter die stuur met geen volwassenes in die voertuig nie.

“Die seun was te kort om die pedale by te kom en moes regop staan om oor die paneelbord te kan sien,” het Pretorius gesê. “Boonop was die vragmotor onpadwaardig en met drade aangeskakel. Die ligte het ook net met drade gewerk.” ʼn Groot vrag hout agterop die vragmotor was nie vasgemaak nie.

Die seun se verweer was dat hy van die hawe na die eSikhaleni-woonbuurt op pad was en dat die bestuurder van die vragmotor onder die invloed van alkohol was en geslaap het. Hy het toe besluit om self die 20km rit aan te durf. Volgens Pretorius is die polisie ontbied en die seun is deur beamptes van die toneel weggeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leeutjie ·

‘n Tydbom wat amper ontplof het as hy nie betyds afgekeer was nie!!!! Genade!

Paul ·

Jy was duidelik nog nie in Indië of Sentraal-Amerika of in die res van Afrika nie.
As jy dink dit gebeur “net in Suid-Afrika”, moet jy dalk maak nie ooit na die buiteland gaan nie, jy sal skrik!

Elize ·

Maar volgens die polisie was daar nie n volwassene in die trok nie? Wat het dan met die dronk ou geword?

scalla ·

Maak sy ore oop, n goeie pak slae en ook vir die besope drywer

Tania ·

Heelwat volwassenes se bestuurslisensies is opgeskort as hulle kinders die voertuig neem en vir pretrit neem. In die meeste gevalle dra die ouer nie kennis van die kattekwaad. Die trokeienaar dronk of nugter se bestuurslisensie moet opgeskort word en beboet word.

Jan Neethling ·

Wat kan ons verwag van die volgelinge onder wat opkyk na die leiers en die voorbeelde sien wat wyd en syd uitgebeeld word , sonder trots of aanspreeklikheid.

Pierre Celliers ·

Geen probleem die nie! Heeltemal normaal, onthou jy woon in Afrika!

CHRISTA ·

Die vragmotor is onpadvaardig maar IS OP DIE PAD met ‘n vrag hout. Dit verduidelik waarom ons padsterftesyfer so hoog is!!

Peet Schabort ·

Die glimstroke aan die kante is darem heel duidelik en selfs voor aangebring waar dit nie nodig is. Dis ook ‘n wet wat nie die nodige aandag kry te oordeel aan die gehawendheid daarvan op sommige vragmotors of selfs die gebrek op woon- en sleepwaens.

Theresa ·

Ongelooflik dat hulle net kan dink hulle kan enige iets doen. Net wat hulle wil en wegkom daarmee.

Neptunus ·

Hierdie is nogal skokkend, maar kom ons praat bietjie oor die ander voorvalle wat daagliks in “ons” eie gemeenskappe gebeur: Mense wie op selfone is terwyl hulle kruisings oorsteek, mense wat nie tot stilstand kom by stoptekens nie, mense wie se kinders nie vasgegordel is nie, maar op ma se skoot sit of op die agtersitplek staan. Kinders wat in die strate of velde met ongelisensieërde veldrenfietse rondjaag. Mense wat met te veel alkohol in hulle stelsel huistoe ry. Komaan mense, kom ons steek hand in eie boesem, diegene wat dit goedpraat of afmaak as onbenullig moet nie eers begin om hierdie seun se daad te kritiseer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.