Foto’s: 12 beseer in KZN-ongeluk

Foto: @netcare911, Twitter

Foto: @netcare911, Twitter

Twaalf mense is Saterdag beseer toe ʼn minibustaxi op die N2-suid tussen Ballito en Tongaat omgeslaan het.

“Die ongeluk het omstreeks 17:15 plaasgevind,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die persone het matige tot ernstige beserings opgedoen.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.