[Foto’s] 14 by ou myn in Pongola aangekeer

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Altesaam 14 verdagtes, tussen 20 en 32 jaar oud, verskyn Woensdag in die Pongola-landdroshof in KwaZulu-Natal op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, besit van springstof, rou ongeprosesseerde goudklippe en dagga.

“Lede van die polisie het die verdagtes Dinsdagoggend omstreeks 05:00 in hegtenis geneem,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die polisie het beslag gelê op dagga, springstof, twee vuurwapens, goudklippe, selfone, koeëlvastebaadjies en myntoerusting.”

Naicker het gesê die polisie het ʼn wenk ontvang oor persone in die Klipwal-gebied in Pongola wat ongelisensieerde vuurwapens en springstof by hulle het. “Die mans het vermoedelik onwettig goud gemyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan maak n Plan ·

Let n bietjie op na die vuurwapens op die fotos. Russiese Tokarev pistole, wat sover my kennis strek nie in die handel in die RSA te koop is nie. So waar kom hulle aan die goed. Dit laat n mens maar net dink ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.