[Foto’s] 14 vas vir haaivinne en perlemoen

Veertien mense is in Kaapstad vasgetrek vir die onwettige besit van perlemoen en haaivinne.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê dié vonds se straatwaarde is nagenoeg R5.5 miljoen.

“Die verdagtes is Vrydagaand in Milnerton vasgetrek. Daar is ook beslag gelê op R50 000 kontant en ʼn Isuzu-voertuig,” het Traut laat hoor.

Die verdagtes sal Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Haaivinne… vir die wat nie weet nie, die jong haaie word gevang, vinne afgesny en lewendig word dit terug gegooi in die water om hulpeloos te sink totdat dit verslind word deur dit wat nie omgee vir haaivinne. Perlemoen is hulpeloos tussen rotse waar dit bloot geoes word. Hïennas en wildehonde is die enigste diere wat vreet voordat die dier dood is. Daar is mense wat soos wildehonde is.

Michael ·

Dit is altyd vir my snaaks dat die polisie n eenheid het om perlemoen stropers te vang en te vervolg maar geen dwelmeenheid of plaasbeskerming eenheid nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.