Foto’s: 17-jarige motorfietsryer beseer

Foto: ER24

Foto: ER24

Nog ‘n foto volg onderaan die berig. ʼn 17-jarige seun is Dinsdag beseer in ʼn botsing tussen sy motorfiets en ʼn ligte motorvoertuig in Nelspruit, Mpumalanga.

“Die ongeluk het in Koraalboomstraat plaasgevind,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “ER24-paramedici het die tiener vir geringe beserings behandel en hom na die Mediclinic Nelspruit geneem vir verdere behandeling.”

Die hoërskoolleerling het op sy motorfiets gery toe hy die ligte motorvoertuig getref het. Die bestuurder van die motor is nie beseer nie.

Foto: ER24

Foto: ER24

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.