[Foto’s] 18 beseer toe taxi in trekker inploeg

18 mense is beseer toe ʼn taxi onder in Lydenburg in ʼn trekker ingeploeg het (Foto: Netcare 911)

Altesaam 18 mense is Woensdag beseer toe ʼn taxi onder die spoorwegbrug in Lydenburg in ʼn trekker ingeploeg het.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, sê wrakstukke van die taxi het oor die pad versprei gelê met die aankoms van nooddienste.

Ná ʼn ondersoek op die toneel is bevind dat minstens 18 passasiers matig tot ernstig beseer is.

Al die beseerdes is na ʼn hospitaal vervoer.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en ʼn polisieondersoek duur tans voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

LMF ·

Wat wil jul ondersoek skryf net op jul verslag ,taxi, en wala saak gesluit

wdp ·

Die Boer wie se trekker dit is moet eers ondersoek word sodat die Boer die skuld kan kry vir die ongeluk en dan kan al 18 Taxi insittended asook die bestuurder avnd die Boer terug claim om hulle vir die res van sy lewe te onder hou!

cor ·

wdp Jy is in die kol want was die trekker nie daar nie was daar nie n ongeluk onder die brug nie maar wel dalk elders. Iemand moet die skuld kry en as dit n blanke boer se trekker is gaan hy aangekla word vir poging tot moord ongeag of die taxi drywer roekeloos of nalatig was. Hoe se die spreekwoord “watch this space”

johann ·

Boere se trekkers ry nie in n dorp rond nie. Dit is seker die munisipaliteit se trekker wat die vulles verweider. ANC kan maar vir die gelag betaal

Cherokee ·

Johann mag reg wees met wat hy sê maar as kind was ek somtyds in die dorp met ‘n trekker wanneer ‘n implement of sleepwa vanaf een plaas na ‘n ander plaas anderkant die dorp vervoer is. Wat egter problematies kan wees in die betrokke insident soos in die berig, is dat trekkers dikwels nie padwaardig is nie want dit is plaasmasjinerie. En indien dit nie padwaardig is nie kan dit gebruik word as poging om die blaam default op die boer te plaas. Die trekkerbestuurder moet ook ‘n gelykwaardige besturslisensie hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.