[Foto’s] 3 ontsnap uit aanhouding

Elia Makgaba (29). Foto: SAPD.

Die polisie in Haenertsburg buite Tzaneen in Limpopo is op soek na drie verhoorafwagtende mans wat oornag uit die selle by die polisiestasie ontsnap het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het bewus geword van die ontsnapping gedurende ʼn roetine-ondersoek in en om die aanhoudingselle.

“Die presiese besonderhede rondom die ontsnapping is nog onbekend,” het Ngoepe gesê.

Die drie mans is Abel Modiba (27), Thomas Nkuna (33) en Elia Makgaba (28). Modiba en Nkuna was aangehou vir twee aanklagte elk van huisroof en Makgaba vir gewapende roof.

ʼn Saak van ontsnapping is aanhangig gemaak.

Ngoepe het enigiemand met inligting gevra om die polisie dringend te bel by 082 565 8191.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gawie ·

Wat het geword van ordentlike fotos neem van verdagtes wanneer hulle arresteer word. Fotos is so swak dis onherkenbaar……dalk opsetlik so geneem.

Ek stem ·

Ek stem saam Gawie. Ook geen meetstok op agtergrond om lengte aan te dui. Swak, ja sommer uiters swak.

huggy bear ·

Wat?
Ontsnap/vry gelaat?
Inside job?
Nie op my watch nie !!@!

zoom zoom ·

Zuma en sy Gupta gabbas is ook nog nie aangekeer. So hoekom nou die 3 wil aankeer

Chaparel ·

Nou is ons weer goed genoeg om die polisie te help terwyl hulle die ontsnapping self veroorsaak het.Pateties verby.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die publiek se hulp word gevra om skuldiges aan te keer maar behalwe dat ons wonder waarna ons soek sonder beskrywing daarvan voorsien hul ons toe van foto”s wat net een blops swart op papier is en jy niks kan uitmaak behalwe die heel regterkantste een wie se gesig jy darem kan sien nie. Moet die publiek noueers die polisie leer alvorens hul sal weet hulle mors ons tyd?

Netwerk ·

Julle se 3, Netwerk 24 se 4? Hulle het ook duideliker fotos van die misdadigers

Willie ·

Vra hulp? Hulle moes in die eerste plek nie ontsnap het nie… Sies SAPD, hoop die aan diens word krimineel aangekla…. Boeties help boeties…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.