Foto’s: 3 vragmotors in ligte laaie in Vrystaat

Een van die uitgebrande vragmotors. (Foto: Verskaf)

Drie vragmotors is Donderdagaand op die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad in die Vrystaat tydens ʼn onwettige betoging aan die brand gesteek.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Thakeng het ʼn groep betogers die vragmotors omstreeks 21:00 voorgekeer waarna die voertuie aan die brand gesteek is. Een van die bestuurders van die vragmotors is in die voorval beseer. Thakeng kon egter nie in dié stadium meer inligting rondom die bestuurder se beserings verskaf nie.

Dié vragmotors het bevrore hoender ten tyde van die betoging vervoer. “Van dié vrag is geplunder, maar nie alles nie. Ons wag nog vir die eienaar om te bevestig presies hoeveel bevrore hoender aanvanklik op die vragmotors gelaai was,” het Thakeng gesê.

Hy het gesê dit is nie duidelik hoeveel betogers op die vragmotors toegesak het nie, maar kon wel bevestig dat dit ʼn onwettige protesaksie was.

Dit volg kort op die hakke van nóg ʼn betoging vroeër die dag waartydens die poskantoor en munisipale motors in Kroonstad aan die brand gesteek is. Maroela Media het vroeër berig meer as 60 mense is in hegtenis geneem nadat die poskantoor in die Phomolong-gebied van die dorp en motors van die Moqhaka-munisipaliteit aan die brand gesteek is.

Teen Vrydagoggend was 90 mense, tussen 25 en 35 jaar oud, in verband met die voorval in hegtenis geneem, het Thakeng gesê.

Niemand is egter in verband met die jongste voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van openbare geweld is by die polisie aanhangig gemaak.

Die polisie monitor tans die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johan ·

Hierdie geweldadige onbestendigheid kan bydra dat Suid-Afrika se kredietwaardigheid tot rommel status verlaag word

John ·

SA is wat dit is! Word dinge beter? Help die nuwe verbeterde middelklas om SA n voorspoediger land vir almal te maak?

Jack ·

Jy gaan nie mense uit armoede kry voor jy die armoede uit mense kry nie. Hierdie mense wil nie gehelp wees nie, hulle soek net aalmoese. Jy kan vandag al die rykdom verdeel en binne ‘n dekade gaan die situasie dieselfde wees. Hoekom het 90% van lotto wenners na drie jaar niks?

IK ·

Nee, ek was nie daar maar ek bespeur geen obstruksie in die pad. Waarom nie net aanry en die goed uit die pad ploeg?

Elsabie ·

Ek stem. Met daardie trok kon hy darm van ‘n paar ontslae geraak het wat net goed is vir niks.

Anoniem ·

Is dit in Jou Land, Mnr Ramaphosa, waar Jy die Generiese President is WAAR DAAR ANARGIE IS ??????????????

Jack Daniel ·

Poor SA!!
A never-ending story!!!
South Africa we loved you once,
Hate you now,
Once beautiful, peaceful, safe and prosperous mother Africa.
Destroyed by mankind.
Loved you!!!

karen ·

ons brand die trein oor die swak Vervoer – dan wonder ons waarom is daar GEEN trein die volgende dag nie – ons brand die trok met vrag – dan wonder ons waarom is die winkel se rakke leeg – dan brand ons sommer die winkel ook ……

piper ·

stem saam. met so groot vragmotor sal betogers my nie stop nie. ek ry n tonnel deur hulle.
r

Pensioenaris ·

En more wonder almal hoekom eet hulle droee pap sonder hoender. Kan nie vir hul self dink nie.

Jane ·

Dis skokkend dat die tipe van ding NOOIT gekeer word nie . WIE betaal al hierdie skade?? Dit is belaglik man .DIE POLISIE EN REGERING IS BANG VIR DIE BETOGERS (LEES BRANDSTIGTERS)

Petro Grobbelaar ·

En more betoog hulle oor verhoogde pryse want daar is nie voorraad nie

Slagoffer ·

Belastingbetalers se geld word gebruik om vir die skade te betaal. so hoekom sal die regering omgee?

toy ·

As ek die president was het ek my kop in skaamte laat sak. Is ook al moeg vir die woorde die polisie monitor die situasie. Ledigheid is die duiwel se oorkussing.

fred ·

ons raak daaraan gewoon…maar is daar n land in die ganse wêreld wat nou meer geweldadig is dan die nuwe korrupte Suid-Afrika?
Hulle almal eis gratis water,krag,huise,onderwys,social grants,medies…..kos (looting)….
Die land is bankrot…wie gaan dit betaal?

Blikke ·

Die president weet nie wat die woord skaamte beteken nie…..jammer om te se

Elize ·

En ek sê ook so. Daarom dink ek die bestuurders speel ook in baie gevalle saam. Op die fotos is geen obstruksies in die pad sigbaar nie. Hoekom het hulle gestop? Betogers sou vinnig laat spaander het as hulle gesien het die vragmotor gaan nie stop nie. Kop in een mus is my eerlike opinie.

Antoinette ·

Miskien was daar petrol bomme na die voertuie gegooi. Wie sal weet?

Fanie ·

Die Polisie sit en kyk en is medepligtig. Tyd om hulle ook voor diè hof te sleep – immers het hulle n regsplig om die burgers en hul eiendom te beskerm.

humor ·

Absoluut geen logika in hul beredenering dat die chaos en plundering geregverdig is vanwee swak dienslewering van die kant vd heersende regering maar op stemdag dan stem hul weer vir hierdie uiters swak regeing met sy korrupsie en ekonomiese plundering. Aan die anderkant tree die regering nie met gesag en daad op nie want die bestaan van hul politiekeparty moet ten alle koste van alles handhaaf .

barend ·

as ons NEE gaan stem sal daar oorlog wees ………………………….wie het dit nou weer gese ?
1990

Adri ·

Wel (met bietjie humor) die honder wat nie geplunder is nie is nou gaar…
Is hulle gebore met daai plunder, moor, verkrag, breek en verniel gene of wat, want regtig ek nog nie gesien dat ons so aan gaan nie…
Hul wil als verniet he en ons moet werk vir wat ons wil he….
Nee man SA kom reg.

Theo ·

Die ANC sit agter al die gewled.gaan kyk waar is al die skade.In dele van die land waar hulle nie in bewind is nie.Dit gaan alles oor die stemmery. Hulle wil die gebiede waar hulle nie die mag het nie swak laat lyk en die skuld op daardie mense pak.

Jannie ·

Vir elke voertuig en elke gebou wat
geplunder en afgebrand word, spring daar vir jou splinternuwe huise op, jou tafels loop oor van al die kos, skielik het jy ‘n oorvloed elektrisiteit en jou sakke is vol geld!
Moet fantasties wees om in ‘n Utopiese droomwêreld te leef…..as jou brein die groote van ‘n kospeld is!!!

Frikkie Geld en huis ·

Die vragmotors het bevrore hoender vervoer – volgens die berig……..Met ” sidetippers ” volgens die foto ??

Genoeg ·

Frikkie Geld en Huis ek wonder ook oor die 2 side tippers. Is die hoender op die 2 tippers dan onwettig vervoer en dit lyk ook nie of die 2 bakke gebrand het nie. Wonder maar net.

Antie ·

Kyk mooi na die toe trok op die foto links bo, hy het die hoender vervoer nie die side tippers nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.