Foto’s: 5 skoliere sterf in gru-botsing

Die bus en die taxi se wrak. Foto: Verskaf

Vyf leerders is Vrydag in ʼn gru-botsing in Mpumalanga dood.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het gesê die botsing het omstreeks 07:20 op die D2940-pad in die Kamdladla-nedersetting in Nkomazi plaasgevind.

“ʼn Passasiersbus en ʼn minibustaxi, waarin hoër- en laerskoolleerders vervoer is, het mekaar reg van voor getref. Vier van die vyf leerders is op die toneel dood en ʼn vyfde leerder het in die hospitaal gesterf,” het Mabuza gesê.

Altesaam 25 mense, onder wie die taxi se bestuurder, het ernstige tot kritieke beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Die oorledenes se onderskeie ouderdomme kon nie dadelik bevestig word nie. Volgens Mabuza was drie van die oorledenes hoërskoolleerders en twee was in die laerskool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Chris ·

Op die fotos blyk dit asof die taxi aan die verkeerde kant van die pad was tydens die botsing met die bus. Rede(s)? Oorsaak van botsing?

Annelize ·

Na my beskeie mening en soos ek kan aflei van die fotos, was die Minibus Taxi aan die verkeerde kant van die pad, waar hulle 99,999% van die tyd is in so ‘n geval.

Liberaal ·

Ons linkses hou nie daarvan om enigiemand vas te vat wat reels oortree nie so hy het seker die reg om te ry hoe hy wil, maar wat nou van die kinders se reg op lewe…ons linkses moet herbesin wat ons eintlik in glo

Karolis ·

Annelize ek dink jou beskeie mening is goed genoeg om my te oorreed om saam met jou te stem.

Robert ·

wel my beskeie mening lyk dit of die minibus NIE aan die verkeerde kant van die pad is nie. sovêr ek dit het ry ons aan die linkerkant van die pad. die bus het selfs oor beweeg na die verkeerde kant van die pad

jakes ·

Robert, ek is bevrees dat jou linkerkant is eintlik regs. Dis baie duidelik dat die bus aandie linkerkant gery het en die taxi oorbeweeg het na regs. Ek hoop nie jy bestuur nie.

Karolis ·

Jakes ek bly saam met jou staan, laat Robert en Char maar bus ry.

Lekker Lente ·

taxi was aankomend en aan linkerkant (reg) – bus is op die fotos aan regterkant. kyk weer jakes – onthou, jou linkerhand is die een waar jou horlosie sit. jy moet dalk self eerder bietjie wegbly van bestuur

susan ·

‘n Mening is ‘n mening dan moet dit wees wat jy dink. Ouers het kinders verloor????

Hanna Hoekom ·

Alewig n verdomde taxi! Doodskiste op wiele. En nou is kinders oorlede… Wanneer sal mense leer en padreels gehoorsaam? Dalk geld padreels nie vir taxis nie.

Wiki ·

Daar is rou vanaand…. 5 ouerpare het hulle kinders verloor. Dis baie baie hartseer. Sterkte aan al die families.
Maar ja ek stem… Ek ry elke dag paaie waar beide taxis en busse is en al 2 partye ry soos hulle wil.

Gerrit ·

Die pad is Bitter smal. Die persoon wat voor taxi staan is reeds op grond langs pad dus het die bus se voorkant oor beweeg na regs voor taxi in maar agterkant lyk dus nog aan sy korrekte kant te wees…dus bus bestuurder wat voor taxi inbeweeg het. Alle simpatie aan almal.

Skyspy007 ·

Gerrit, die impak van die Taxi teen die bus kon veroorsaak dat die bus effe oor “geskuif” het met die botsing. Hoe vinnig het watter een beweeg. Die bus is aan die linkerkant van die pad, heeltemaal korrek, die taxi in die teenoorgestelde aankomende verkeer se kant.

Lekker lente ·

Taxi is aankomend aan sy linkerkant. – heeltemal korrek. bus is aan verkeerde kant

Koos de Meyer. ·

The bottom line is. The Taxi’s don’t care about the rules of the road. How many Taxi’s were involved in axidents this year.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.