Foto’s: 500 m munisipale kabels op privaat perseel gevind

Van die kabels waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

Meer as 500 m koper- en aluminiumkabels wat aan die Ekurhuleni-munisipaliteit behoort, is by ’n privaat maatskappy in Spartan in Kempton Park aangetref.

Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die EMPD se teenkabeldiefstal-eenheid het ʼn leidraad ontvang van rolle kabels wat aan die munisipaliteit behoort wat glo op ʼn privaat perseel in Forgestraat in Spartan in Kempton Park gehou word.

“ʼn Lasbrief is uitgereik waarna die perseel 23 Februarie om 09:30 deursoek en die kabels aangetref is.”

’n 300 m lange deel van ’n vierkern-aluminiumkabel, ’n 150 m lange deel van ’n driekern-koperkabel sowel as een kabeltol met ʼn algehele kabellengte van 134 m is aangetref.

“Die 42-jarige direkteur van die maatskappy is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde kabels. Hy sal Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.”

Van die kabels waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hendrik ·

Dit is tyd dat toesighouers verantwoordelikheid neem van hul voorade. MAAK JULLE OE OOP….

SjN ·

Die amptenaar in beheer van die afdeling moet mos verantwoordelikheid aanvaar en rekenskap gee. Daar is nie net een persoon by die skelmstreek betrokke nie.

pop ·

Die kabels is sowaar nog op die tolle!! Een of ander amptenaar moes dit verkoop het!!

Frikkie ·

Annie, ook ‘n pluimpie aan die fluitjie blaser. As dit nie vir hom/haar was nie sou die polisie nie daarvan geweet het nie. Hoop net dat die persoon(e) darem ‘n vergoeding gaan kry as die beskuldige skuldig bevind word. Dan sal meer mense bedag wees op sulke skelm persone, wat veroorsaak dat ons meer aan belasting moet betaal

Nettie ·

Ha-ha-ha ……….. Fluitjieblaser …. ek dink daai was dalk ‘n vroutjie of girlfriend wat so bietjie warm onder die kraag was vir die kabeldief/steler/deler en toe sy fluitjie vir hom geblaas het …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.