Minstens 77 mense is beseer nadat twee busse Dinsdag omstreeks 07:00 op die Moloto-pad buite Pretoria gebots het.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die passasiers het geringe tot matige beserings opgedoen en is deur verskillende ambulansdienste na verskeie hospitale in die stad geneem. Volgens Mathe is geen ernstige beserings of sterftes aangemeld nie.
Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê een bus het teen die ander gebots waarna die een bus van die pad af in die veld in gery het. Volgens Loubser was daar slegs volwassenes op die bus en het een mens ernstige beserings opgedoen.
Hoeveel ongelukke gaan dit nog neem voor almal betrokke die pad gaan veiliger maak en beter bestuur op daai pad? Vandat ek my verstand het is daar gereelde ongelukke en sterftes op die Moloto pad. Mense wat die pad gereeld gebruik behoort darem teen hierdie tyd al te weet van die pyne.
Niks gaan ooit weer verander in S.A. nie want die mense laat dit toe.
Ons het al op daardie pad gery volgens die spoed grens en dan vat die putco busse ons verby ek kon dit nie glo nie.
Is dit die pad of die mense wat die pad gebruik….?
Ella, ek weet nie wie is die hulle van hulle sê, maar hulle beweer daardie is ook mense.
Daar is onlangs deur paaie afdeling aangekondig dat ca R800m begroot is om die roete veiliger te maak.
Daar word nou aan gewerk.
Hou aan stress omdat die huidige pad on veilig is, maar hou op stress of daar iets aan gedoen gaan word.
Begin weer stress as daar duidelik na 18 maande nog niks wesentlike gebeur het nie
Padvarke hoop hul verloor hul werk
Is dit nie ook n rassevoorval nie ??????????????????
Mense, die pad was nat en daar is n steil afdraande. Die berig sê nie in watter rigting die busse gery het nie. Te oordeel aan die aantal busse wat daagliks onklaar langs die pad staan, sou ek raai dit was n ongeluk te wyte aan swak onderhoud. Gelukkig het niemand in die rivier beland nie!
Ek het gereeld daardie pad gebruik om familie daar te besoek & was gewoonlik sò bang dat ek ‘n dag of 2 vòòr die rit, hondsiek geword het vd spanning. Gelukkig het ek uitgevind dat ek met die N1 kan ry, & dan deur Dinokeng. Dis baie veiliger….