[Foto’s] 8 sterf in nóg ʼn gru-ongeluk

‘n Bakkie se wrak Foto: SAPD

Agt mense is Vrydagmiddag in Limpopo in ʼn kettingbotsing dood, skaars ʼn paar uur nadat 12 mense hul lewe in ʼn gru-ongeluk in dié provinsie verloor het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die jongste botsing het op die N1-Suid naby Mookgopong (Naboomspruit) plaasgevind.

“Drie motors en ʼn vragmotor was in ʼn kettingbotsing betrokke. Vyf insittendes van ʼn dubbelkajuitbakkie is op slag dood. Die ander drie mense wat dood is, was passasiers in die ander voertuie,” het Ngoepe gesê.

Hy het gesê die polisie is steeds op die toneel. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en sal met nadere ondersoek vasgestel word. ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak.”

Maroela Media het vroeër berig 12 mense is Donderdag omstreeks 21:30 in ʼn noodlottige botsing op die N1 by Botlokwa naby die Caltex-vulstasie in die Capricorn-omgewing dood.

ʼn Toyota Quantum-minibustaxi het glo ʼn donkie getref, beheer verloor en trompop teen ʼn vragmotor gebots, waarna die taxi aan die brand geslaan het.

Altesaam 11 insittendes, onder wie die bestuurder, is op die toneel dood. Drie passasiers is ernstig beseer en na ʼn hospitaal geneem waar een van hulle later gesterf het.

“Vier mense se liggame was in die taxi se wrak vasgekeer en moes deur nooddienswerkers uitgesny word. Hulle is onherkenbaar verbrand. Die ander sewe liggame is buite die taxi aangetref,” het Thabiso Teffo, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, gesê.

Die vragmotorbestuurder het geringe tot matige beserings opgedoen. Die Botlokwa-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Leahim ·

Ek weet ook nie wat die oorsaak was nie maar spoed was beslis n faktor ek kan nie eers sien wat die maak van die trok is nie.

Carel 2 ·

Dit is n Scania trok kyk op 3de foto weet nie hoe u spoed van die trok kan noem nie dit lyk nie of daar skade aan trok is nie?

Cherokee ·

Ek dink nie spoed was sò beslis ‘n faktor, soos jy dit stel nie. Spoed mag wel ‘n faktor gewees het maar nie een van die voertuie lyk na spoedwaens nie. Wat wel ‘n faktor is (waarom die voertuie lyk soos dit lyk) is dat de bakwerk van voertuie gebou word om soos ‘n konsertina te vou tydens ongelukke, met sterker plekke tussen in en juis dit is wat die botsing vir insittendes versag. Natuurlik het dit nie gehelp in die betrokke geval nie maar jou aanname is as gevolg van die verfrommelde staal. Wat meer waarskynlik die belangrikste rol gespeel het is roekelose bestuur met geen inagnemimg van ander verkeer (lees onbeholpenheid).

Leahim ·

Skuus menere ek praat van die bakkie soos julle dit noem ek noem dit n lorry of n trok want al bakkie wat ek ken is die waaruit n hond water drink.

jennefer ·

Die mense ry waansinnig!! Verlede week is die verkeer na R101 herlei( ongeluk met 3 dood).Ek het staan en kyk hoe die voertuie 4 langs mekaar die dorp inry. Op padskouer beide kante en selfs in die aankomende verkeer se baan.

A Mac ·

Ry gereeld daardie pad. Van die bestuurders sien die pad as hulle persoonlike renbaan. Het al gesien waar 3 voertuie langs mekaar jaag om voor te kom, met geen vrees vir aankomende verkeer. En die verkeerspolisie is nie baie lief vir die stuk pad tussen Kranskop en die volgende tolhek na die Noorde.

A Mac ·

Sal ‘n beton middelman van ongeveer ‘n meter hoog en wat diep die pad ingebed is dalk die ongelukke op daardie stuk pad sal verminder?

marous ·

Mense ry soos waansinniges want daar is geen wetstoepassing nie .

Neilia ·

Daai pad maak my bang , veral op paasnaweke, hulle gaan eenvoudig oor die middelman en gooi vir jou ligte om pad te gee, ek se span daai dubbel kabels in die middel . Of nee hulle sal niks doen al weet hulle dis een stuk pad tussen kranskop en polokwane waar die dodetal by die dag styg.

Gesiggie ·

Wat ook al die oorsaak? soveel mense oorlede… my innige Simpatie aan elkeen se Familie…mag dalk gewees het agv spoed… onskuldige mense se lewens is verwoes.

LBS ·

Duidelik ‘n kop-aan-kop botsing tussen twee voertuie omdat een die lorrie wou verbysteek.
En Leahim, ‘n bakkie is ‘n bakkie, Ford bakkie of wat ookal. ‘n Bakkie is beslis nie ‘n lorrie of trok nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.