Foto’s: 9 vas oor geweld in Riebeek-Kasteel

Riebeek-Kasteel, die klein plattelandse dorpie in die Wes-Kaap, gaan gebuk onder gewelddadige betogings wat sedert Sondagaand in dié dorpie woed. Foto: Verskaf.

Riebeek-Kasteel, die klein plattelandse dorpie in die Wes-Kaap, gaan gebuk onder gewelddadige betogings wat sedert Sondagaand in dié dorpie woed.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê altesaam nege mense is op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem.

“Sowat 300 mense is betrokke by dié betoging oor dienslewering. Betogers het by ʼn plaaslike wynmakery ingebreek en ʼn voertuig omgegooi,” het Van Wyk gesê.

Hy het aan Maroela Media bevestig dat daar in ʼn stadium rubberkoeëls afgevuur is om die skare uiteen te jaag.

Oor die bewerings dat mense aangesê word om in hul huise te bly en hulself toe te sluit sê Van Wyk dat geen van daardie bewerings onder die polisie se aandag gebring is nie. “Ek sien daar is nou ʼn gebed en goed wat ook rondgestuur word, maar die polisie gaan nie kommentaar lewer oor bewerings op sosiale media nie.”

Talle foto’s van die betoging is Maandag op sosiale media versprei.

Van Wyk noem verder dat daar tans ʼn vergadering tussen die plaaslike munisipaliteit en die inwoners onderweg is. Hy het die situasie as “gespanne” bestempel.

“Verskeie eenhede van die polisie monitor die situasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Naja Nivea ·

Ek bly op die dorp. Swartland munisipaliteit is van bestes in land. Ons het gesien hoe ANC busse mense aangery het om te plunder. Feite.

TDW ·

Dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het Naja, dis hoekom kommentare so belangrik is. Hoop julle is veilig daar. As jy kan, kry die inwoners om videos af te neem sodat die waarheid kan uitkom. Wees veilig.

Neels ·

Nou waar’s jou bewyse? Of het julle net rondgestaan en kyk sonder n foto of video te neem?

Ben ·

Dieselfde moeilikheidmakers word uit die stad uit aangery na die verskillende dorpe en word befonds. Raai maar self deur wie.

Hanna Hoekom ·

Dit help veel die polisie neem mense inhegtenis as daar net nooit iets van hierdie sake kom nie. Niemand skrik meer nie! Dis duidelik dat iets of iemand agter hierdie betogings in die Weskaap sit. Go figure. ..

Johan ·

Stop die kommentaar voordat die waarheid uitkom !!!!! Maroelamedia is al een wat ‘n artikel oor die geweld in Riebeek het! Mooi!!!

PJC ·

Hoekom wag die polisie altyd totdat ń klomp skade aangerig is voordat hulle kstig ń paar rubberkoeëls afvuur. Wat sou gebeur het indien hierdie geweldenaars die inwoners begin aanval het en van hulle beseer of gedood het?

Emma ·

Die ANC probeer die Wes Kaap onregeerbaar te maak met die optredes en nou moet onskuldige mense deurloop met die anargiese optredes

Oom Kalahari ·

Daar moet ‘n dwalende leier iewers van die Limpopo af wees wat die Kaap wil Kaap. Daar is tans darem ‘n skielike toevloei in die gebied en natuurlik 50% oorkant die waters en soek nou dienslewering by die onwettige plakkers kampe. As die massas daar skielik nesskrop dan is daar iets aan die broei vir 2019.

Sharon Anderson ·

Busse mense word aangery maar slegs 9 gearresteer? Neem videos dat ons die Wes Kaap kan wakker maak. Daar is veldtog om SA onregeerbaar te maak. Die waarheid is ons moet saam staan

JM ·

Hoekom moet hulle altyd eiendom beskadig van mense wat niks met hulle betogings te doen het nie, laat die party van die betogers betaal vir al die skade

Gerhard Bezuidenhout ·

Hulle gaan n verkeerde persoon se eiendom beskadig en dan gaan daar nie rubberkoeels afgevuur word nie.

Leon ·

Die ooreenkomste is duidelik , op die N7 by Milnerton (Danoon) en Riebeeck Wes. Ons is mos nie onnosel nie , ons weet wie die organiseerders is . Die rooies

Dalk 'n oplossing ·

Die enigste manier hoe buseienaars nie hulle busse beskikbaar sal nie is as die inwoners die busse aan die brand kan steek om te verhoed dat hulle weer aangery word.

Mrs H ·

N mens hoor nooit van hierdie dorpie in die nuus nie, want alles is in teen deel effektief en konstruktief. Skielik, na n sekere boek met baie waarheid uitgekom het en baie chaos en benoudheid bewerkstellig het, is dit duidelik n vendetta en sameswering van verskeie redes en motiverings wat van n plek afkomstig is met baie vrot en gesweerde haatdraende, onbevoegde bangbroeke.

Andre ·

Dit help nie mense word gearresteer op n klagte van openbare geweld nie. Soos ons gesien het kry hulle slegs n waarskuwing in die hof en word dan weer vrygelaat. Die straf is geen afskrikmiddel nie. Waar daar beskadiging van eiendom is en waar daar diefstal plaasvind moet oortreders vir die relevante klagtes gearresteer word en dan moet Howe ook swaarder strawwe oplê

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.