[Foto’s] 93 katte uit haglike omstandighede gered

Foto: DBV Bloemfontein

Foto: DBV Bloemfontein

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het ingegryp om 93 katte uit ʼn huis in Wilgehof in die stad te red, na klagtes dat die katte in haglike omstandighede aangehou word.

Reinet Meyer, senior inspekteur by die Bloemfontein DBV, het Sondag in ʼn verklaring gesê die DBV-beamptes was geskok om die omstandighede te sien waarin die katte aangehou word. “Oral waar jy trap is net katte. Ons het deur die huis gestap en gesien die katte se sandbokse is oorvol, met die gevolg dat die katte oral in die huis ontlas het,” het sy verduidelik.

“In een kamer was ʼn klomp klein katjies en ook daar was oral ontlasting op die matte. Die reuk was onuithoubaar.” Meyer het gesê van die katte het ʼn aansteeklike siekte onder lede gehad, maar is toegelaat om vrylik met die gesonde katte te meng. “Ons het die eienaar gevra vir mediese rekords van die katte, maar sy kon dit glad nie toon nie. Sy het ook erken die katte is nie teen hondsdolheid ingeënt is nie.”

Foto: DBV Bloemfontein

Foto: DBV Bloemfontein

Meyer het gesê die beamptes het ʼn dooie kat tussen die ander katte in een van die vertrekke gevind. “Die eienaar het nog nie eers geweet een van die katte is dood nie,” het sy gesê. “Sy het ook wilde katte tussen die huiskatte aangehou. Van die katte het duidelik aanpassingsprobleme en is in ʼn hok buite die huis toegesluit. Hierdie hok is ook baie lanklaas skoongemaak.”

Sy het die omstandighede waarin die katte geleef het as “vuil, onhigiënies en onaanvaarbaar” beskryf. “Al 93 katte is verwyder en na die Bloemfontein DBV geneem.  ʼn Klag van dieremishandeling is ingedien teen die eienaar,” het sy gesê.

Meyer het ʼn beroep op die publiek gedoen om nie hawelose diere in te neem in ʼn poging om te hulle te help, maar dan ʼn situasie te skep wat buite beheer raak ten koste van die diere nie. “Doen asseblief jou huiswerk oor ʼn organisasie voordat jy die organisasie steun of ʼn dier soontoe neem. Besoek die organisasie self en maak seker die omstandighede daar is van so aard dat jy ʼn dier in hul sorg kan laat,” het sy gesê.

“Daar is baie organisasies wat diere red, maar van die organisasies het doodeenvoudig nie die kennis, infrastruktuur, personeel of finansies om die nodige standaarde te handhaaf nie.  Sorg dat die diere veilig en gesond is, mediese rekords het, nie in oorbevolkte en vuil hokke aangehou word of met mekaar baklei nie. Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word wanneer mense diere red. Moet nie net enigiemand daarmee vertrou bloot omdat hulle goedgeklee en vriendelik is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

CHARMAINEG ·

Dis vreeslik hoe leef n normale mens so? dalk het die peroon ook die een of ander pes opgedoen, dink net hoe lyk haar longe van al die kat hare!

Nicolette ·

Jy vra hoe leef ‘n normale mens so, van kat hare in die longe… Kom ek vertel jou iets. Ek het Feral Care Friends Secunda branch, ek het 40 katte waarvan almal rescues is en in d proses om gesond te word, onder andere babas. My huis is skoon sandbakke is skoon. Hul het toegang na my erf agter wat kat bestand is nie 1 kan uit my erf of bure pla. Almal is versorg en het ‘n veearts rekord, en gesteriliseer, die babas nog nie te jonk. Ek bottel voer die kleinstes wat weg gegooi is, ek moet laat slaap as mense hul fisies breek, bekken mors af, maag gebars, oog gebars agv trauma teen die kop. Ek is ‘n normale funksioneerende mens met ‘n hart en passie vir die vergetenes vd lewe. Die DBV werk hand aan hand met my. So nie almal is onverantwoordelike abnormale wesens nie, meeste rescue organisasies is funksionerende sentrums.

Nameless ·

You have no idea why people behave as they do. She/they did what they could for the cats. We must stop judging people and look in the mirror. Maybe they are abnormal people who WANT to have your passion but just don’t get it right whether it be because of financial, dimwittedness. Some of us try and some get it right. Some keep trying and still don’t get it right. I love cats but realize I don’t have the patience and attention for them that they deserve. Some try and think they are getting it right but actually do fail and don’t know how to fix it or are too ashamed/proud/confused

charlene ·

WAT! Regtig?? Ek was nie `n kat mens nie tot ek 3 weg gooi katjies opgetel het, en die een, die kleinste een het my hart gesteel! My hond (ja hond) het hulle groot gemaak! Ek het 13 jaar later nog steeds my kat. Sy slaap op my bed, en was gereeld by my baba se bed ook, my baba is nou 5 gesond, nooit probleme met die kat gehad nie. Die vrou het bietjie oorboot gegaan maar daar is baie instansies wat goed na die diere-kinders kyk en wat omgee vir al die diere. Mens oordeel nie so maklik nie.

Nel ·

Mahatma Gandhi het eenmaal die volgende gesê: “The greatness of a nation and its moral progress can be judged by the way its animals are treated.”
“Great” is ons beslis nie en van “moral progress” is daar geen sprake as ek sulke berigte lees nie.

m ·

Nou weer van daai versukkelde mense wat nie eers na hulle self kan kyk nie en nou al die arme diere wat daaronder lei. sulke mense maak my siek. Wat presies het die mense gedink, of ja duidelik het hulle nie gedink nie…… Dankie vir die DBV se wonderlike werk wat hulle doen.

Liefdeskind ·

Die DBV gaan daardie katte nog in die week uitsit. DBV help niks…..

CHA ·

Liefdeskind: Hoekom gee jy nie geld vir die DBV nie, en neem een of 2 katjies aan en raak betrokke!! Dan sal hulle nie al die katte moet uitsit nie. Die DBV help! Maar hulle kan ook net soveel doen, hulle het ander mense se help ook nodig. Diere kos is nie verniet nie, en daar is ook soveel hande om te help. DBV orals – ek dink julle doen `n baie goeie werk en jammer vir die goed wat julle soms moet sien.

Janine ·

Geen mens kan 93 katte alleen versorg nie. Die arme diere. Die vrou moenie aangekla word nie, sy moet sielkundige behandeling kry, sy was duidelik oorweldig. Siestog, die arme mens, arme katte.

Dark.O ·

Ten minste het die “versukkelde” mens iets probeer doen, al was die uitkoms negatief. M, jy wat so neerhalend van ander praat, moet hoop dat jy of jou telge nie versukkeld raak nie. Dit kan so vinnig gebeur…

Sonja Beeston ·

Ek stem saam met jou. Die DBV is in elk geval gladnie altyd gretig om te help nie.

Maryna ·

Die vrou het heel duidelik emosionele bystand/sielkundige hulp nodig. Dit het begin by een of twee katjies wat versorg moes word en het handuit geruk, seker ook omdat baie mense katte daar kom los het. Een mens kan nie almal laat steriliser of versorg nie.

Asjas ·

Jammer DBV maar ek sal julle nie weer kontak om te help met hawelose diere nie. Julle kom nie uit nie en dit is blykbaar ook nooit in julle area nie. Ek het jare terug alle respek vir julle verloor. Julle kom net wanneer daar klagtes gele kan word maar wanneer ‘n dier in nood verkeer en julle word gevra om uit te kom kan julle nie help nie. Ek tel maar op, dokter en en soek huis of maak ten minste hul laate paar uur so gemalik as moontlik.

My opinie ·

Nee, nie siestog nie. Die mense het goed geweet wat hulle doen en wat besig is om te gebeur……….ek het meer simpatie met die arme diere as met die mense…………..

Judy ·

Nie arme mense nie – wat van die arme katte wat hulle weet hulle kan nie na kyk nie.

JK ·

Hoekom moet sommige mense altyd katte kies en dan verwaarloos hulle die diere so.
‘n Kat is die wonderlikste huisdier wat daar kan wees. Hulle vra net aandag, liefde en skoon omstandighede. Ek kan nie verstaan hoekom mense katte vat en dan dink die diere moet vir hulle self sorg nie. Ek is ‘n ewige kat liefhebber. Myne slaap saam met ons op die bed en kry baie aandag en al ons liefde. ‘n Kat is ‘n wonderlike companion.

Sensasiesoekers ·

Ek kry die vrou jammer, hoekom het die DBV nie liewer gehelp nie? Al daardie katte gaan nou uitgesit word, ook die gesondes. Ja die vrou het haglike omstandighede, maar weet julle wat gebeur .. alle mense kom DUMP hulle diere op oppassers, veeartse en private shelters, die mense weet later nie meer wat om met die diere te doen nie en nie almal het genoeg fondse om na al die diere te kyk nie. IPV dat die DBV help, wag hulle tot ‘n situasie haglik is en konfiskeer dan die diere en sit hulle almal uit. Waar was die waarskuwings of enige hulp wat hulle vooraf aangebied het om van die diere oor te neem? Die RED beteken hulle word uitgesit, daar is geen helde hier nie. Ons is so geneig om mekaar by te kom en te verneder in plaas van om mekaar te help. As mense hiervan geweet het, hoekom het hulle nie vooraf gehelp nie? Hoekom het die DBV nie haar diere kom inent nie? Hoekom het hulle nie kom help nie? Nee dit is baie meer sensasioneel om 93 katte te verwyder en al die lelike goed oor ander te skryf. Sjoe ons het ‘n lelike nasie geword.

cc ·

Het die vrou ooit daaraan gedink toe die hele storie begin handuitrik het om die DBV vir hulp te vra?

E.K. ·

Verstaan net nie hoe het dit so lank aangehou sonder dat bure agtergekom het van reuke, katte wat kerm van hongerte? Klink ook asof die vrou iets makeer siende sy nie eers besef het een kat was alreeds dood. Dalk iets soos Alzheimers of iets, dis verskriklik. Moenie haar te vinnig oordeel as mens nie weet wat die omstandighede was nie. Ek is bly die katte het hulp gekry en ek hoop iemand sal haar ook help om die regte hulp te kry. Dis vir my ‘n baie slegte storie die.

Pop ·

Sensasiesoekers jy is doodreg. Asjas jy ook. Daai vrou het seker so in eensaamheid verval dat sy half versteurd is. Eensamheid sal dit doen. Nou vat hulle alles wat sy in haar deurmekaar gemoed het weg. Dbv moet ver wegbly van my. Hier is knaend geldinsamelings vir diere en intussen sit hulle net diere uit, gaan kyk nie as daar nood is nie en help niemand. N buurvrou het n baie duur skoukat gehad. Die kat het vir ons almal kom groet op n daaglikse basis, maar een buurman (kathater) vang die kat en vat haar dbv toe en hulle sit haar dieselfde dag uit. Enigeen met n gesonde verstand kon sien dis n pragtige versorgde dier. Maine coon katte is erg duur ook. Ek was onder die indruk dat hulle in ieder geval diere wat daar aangebring word vir n week moet hou ingeval die eienaar kom soek. Ons buurman is gelukkig deur dbv uitgewys so hy moet maar trek. Soek nie so monster in ons straat. Daars genoeg ellende dat ons mekaar ook nog so seermaak.

Karma1 ·

Ek was só die duiwel in toe ek lees van daardie Main Coon kat wat daardie duiwelbesete buurman vir die Cape of Good Hope SPCA gegee het, wat nie eens die kat geskandeer het om te sien of dit ‘n mikroskyfie het (wat dit gehad het) nie en toe sommer die kat uitgesit het! Kammakastig omdat hulle gedink het dit is ‘n wilde kat omdat die kat in ‘n hok (waaraan dit nie gewoond is nie) gesis en geblaas het. Ek hoop julle het daardie buurman uit julle buurt uit verdryf. Wat dit dié tannie en die 93 katte wat sy ‘versorg’ het, aanbetref, wil dit my voorkom asof sy “hoarders syndrome” kan hê. Dit het dalk begin by een of twee hawelose katte – ongesteriliseerd en onversorg, met dalk ‘n paar net “gedump” op haar, het hul aangegroei tot by 93. Al wat in elk geval nou gaan gebeur, is dat die DBV hulle uitsit. Daai ding van 14 dae hou tot hervestiging en dan uitsit, gebeur LANKAL nie meer nie. Ek dink ook die DBV is ‘n “farce” en ons moet eerder ons eie, privaat dierebeskermingsverenigings stig en ondersteun, as om ‘n nasionale organisasie te steun wat onder NPO-vaandel, fondse insamel vir ‘dierebeskerming’ maar dit dan spandeer op self-verryking

M'Lady ·

Dis n geestes toestand wat hierdie persoon het en word “animal hoarding” genoem. Die vraag is net waar was die bure? Het hulle niks opgemerk nie? Die reuk moes oorweldigend gewees het. Sy en die katte het hulp nodig maar die arme katte sal seker almal uitgesit word. Weereens faal die mens diere.

Ilse ·

Ai , hoe hartseer.
Jammer vir die diere en die vrou wat seker net probeer help het.
Hoop die oorlewende katte kry goeie huise.
Hulle is wonderlike troeteldiere !

Theresa ·

So hartseer. Ook vir die vrou jammer. Gaan sy na ‘n berader geneem word deur ‘n barmhartige Samaritaan?? Mag sy dalk een van haar katte hou wat deur DBV gekies word – gesondste een – ingeënt, ingespuit, gewas, geborsel? Dis dalk al wat sy in die lewe het (natuurlik moes dit nie so in chaos ontaard het nie..).
Gaan maatskaplike werker haar besoek om ook haar ‘n hupstoot in die lewe te prober gee??
Tragiese gebeure.

Svds ·

Darm het sy probeer. Die katte van die straat af gevat en hulle in die beste van haar vermoe probeer help. Sy het n goeie hart. Ek is seker daar was al vele male vir hulp gevra. Daar was baie mense wat katye net daar aan gebring het, wat moes sy doen hulle wegwys. Tenminste probeer sy iets doen daar is baie mense daar buite wat vinger wys en judge maar self niks probeer doen of n vinger lig om iemand in nood te help nie.

Uvonka ·

Ag nee wat in my opinie daar is geen verskoning vir dieremishandeling nie. Arme kitties!

M ·

Ek stem saam met jou Uvonka. Ekt geen respek vir mense wat diere mishandel nie.. daarom hou ek meer van diere as mense.

SkarrelKind ·

Ek dink sy het goed bedoel en die hele ding het te veel geword vir haar. Dalk is sy self nie goed versorg nie en geestelike nie in ‘n toestand om te sien die diere en sy self is dalk in nood nie. Ek voel jammer vir die diere en sal nooit dieremishandeling goed praat nie, maar ek gaan ook nie net oordeel nie want ek ken nie die feite nie. Ek hoop alles werk ten goed mee vir mens en diere in die geval.

Rbee ·

Ons het ‘n geval in ‘n Kompleks….. die dogter het ‘n dierbare ou kleine katjie ‘n jaar terug huistoe geneem. Geen toestemming van Body Corporate gekry. Ons het briewe geskryf aan eienaar en hy ignoreer die Body Corporate. 6 weke na die ou kleine dierbare katjie arriveer het is sy op “heat”. Die geskreeu van die Tom cats is afgruislik. Sy raak swanger en gee geboorte aan 4 katjies. Eienaar besluit om een uit die litter te hou wat ook ‘n female is. So herhaal die sirkel van voortplanting himself op beide katte. Die eienaar voer nie die katte en hul is gedurig honger. Die tom cats spuit hul odor oorals. As die babatjies daar is, is die mamma katte meer honger en raak ‘n vresteuring vir ander inwoners in die Kompleks. Die saak is by die SPCA gerapporteer. Al wat hul se…… hul kan niks doen nie, daar is nie diere mishandeling wat plaasvind nie. Daar is nie ‘n wet wat die eienaar verplig om die katte te steriliser nie. Die eienaar het nie eers geld om sy levy te betaal nie, wat nog die 2 katte steriliser.

Jean ·

Eerlik, ek dink wette moet aangepas word om mense te dwing om hulle diere te steriliseer, en lisensies vir huisdiere moet weer ingestel word. Om ‘n lisensie te bekom, moet jy ‘n sertifikaat van sterilisasie by die Munisipaliteit indien. Die probleem het al groter geword en NET die diere ly daaronder. Daar is net te veel rondloper diere wat voortplant wat in haglike omstandighede leef of rondloop op straat en swaarkry. Dit is nie hulle skuld nie, hulle kan nie hulleself laat steriliseer nie, hulle laat maar die natuur sy gang gaan. MENSE is aangestel om oor die diere te ‘heers’ en dit beteken ons moet verantwoordelikheid vir hulle welstand aanvaar.

Arsène Lupin ·

Ek stem, moetnie te gou oordeel nie. In baie gevalle is dit ‘n kwessie van kietsie watnie meer so oulik en spelerig isnie, en dan word die kat basies ge”dump” by mense wat ‘n liefde vir katte het. Hier is ‘n vrou by my werk, wat ook al ‘n paar keer so gevang is – die nuutste verskoning is, dat die kompleks waar hulle woon nie katte toelaat nie – daar word beloftes gemaak van ons sal nogsteeds die kat se kos koop, en sal voorsien vir enige mediese onkostes – die kos word ook net die 1ste maand gekoop, en daarna kry die arme vrou niks meer nie. Daar moet ook gekyk word na die koste om diere te steriliseer – dit is in meeste gevalle onbekostigbaar!

Uvonka ·

Wat die strelisasie onkostes van diere aanbetref, stem ek heeltemal saam en amper ook dat dit verpligtend moet wees. Die DBV vra R800 om ‘n kat te steriliser, heeltemal onbekostigbaar maar so vreeslik noodsaaklik.

Louise ·

Maar mense is darm gou om n vinger na ander te wys.
Wanneer laas is julle eie stoep gevee, O nee dis reg ons verlekker ons eerder in n ander mens se verdriet. Want dis tog al wanneer mense wil hoor hoe dit gan as hulle kan vertel nie goed nie. Die emnse wat daardie versukkelde mense so oordeel, wanneer het enige iemand besluit en gedink die een is beter as n ander…. WAAR in die lewe, mense wees dankbaar dat julle finansiele omstandighede dit toelaat om daardie SOGENOEMDE beter lewe te kan leef. AI, mens vra nie altyd vir wat na mens se kant kom nie. Mens moet net daarmee DEAL, sterkte vir jou en jammer mense het nie eerder hulle beursies opgemaak in plaas van hulle monde nie.

Karma1 ·

@Louise, ek is ‘n groot katliefhebber; tans het ek ‘net’ 6 katte, almal ingespuit, ontwurm, gesteriliseer, kry goeie kos, baie liefde en warmte. Op ‘n stadium het ek 19 katte gehad – almal dieselfde. My opinie is: as jy ‘n dier – hond, kat, aap, slang, vis of watookal – wil aanhou, moet jy besef dat dit soos ‘n kind is; jy kan dit nie weer teruggee of sonder kos, water en skuiling laat nie en hulle raak ook siek en moet dokter toe gaan. As jy dit nie kan doen nie, moenie ‘n dier aanhou nie.

Diereliefhebber ·

Waar is die vrou se familie. het hulle nooit agtergekom daar is probleme by daai huis nie …… Geen dier behoord aan sulke toestande blootgestel te word nie.

Marlene ·

“Asjas” en Sensasiesoekers” ja ek stem so saam met wat jul sê. Het GEEN vertroue of respek vir DBV en verskeie soortgelyke organisasies nie. Hulle het altyd ‘n mondvol oor die telefoon te sê as mens hul kontak maar uiteindelik moet mens maar self met jou beperkte middele inspring en optree. Ek red ook aanmekaar verwaarloosde en weggooi diere teen groot veearts- en kosonkostes. Partykeer kry mens net eenvoudig nie iemand wat die diere wil aanneem nie en wat doen mens dan?

miv ·

Hoop syt iemand wat haar gaan help huis skoonmaak. Dis maar’n grillerige affêre.

Deon ·

Ek stem Liefdeskind. Hoekom is daar organisasies soos new beginnings wat glad nie gesonde diere uitsit nie? Waar kom hulle geld vandaan? Hoekom is dit altyd net die dbv wat kla hulle het nie geld nie en gesonde diere moet uitgesit word?? En ja, en doen my skenkings aan beide organisasies.

Juste ·

Mense kan ek net asseblief hier bietjie waarheid strooi. Die katte was NIE verwaarloos of siek nie. Hulle WAS goed gevoed, skoon, gesteriliseer en ingespuit en behalwe vir die siek, nuwe babas wat WEL behandeling ontvang het (waarvan enetjie ongelukkig oornag gesterf het), nie siek nie. Die dame is ook nie versteurd, eensaam, swak versorg of dom nie. Sy het ‘n hart van goud wat enige iemand, enige tyd sal help en haar toewyding aan die welstand van daardie katte het geen perke geken nie. Ek verstaan almal se reaksie op die storie soos dit in die media versprei is en ongelukkig het ek nie genoeg plek hier om alle feite weer te gee nie en as ek nie die feite geken het nie, het ek dieselfde gedink en reageer. Ek glo nie die DBV self was moedswillig nie, hulle het opgetree op ‘n “tip” ontvang van EEN kwaaddoener, maar wel sonder ‘n amptelike klag of lasbrief – 6 uur in die oggend terwyl sy besig was om die verantwoordelikhede van die kattery waar te neem. Ek verstaan DIT nie. Maar wat my wel bitter ongelukkig maak en teleurstel is dat hulle nie ‘n ondersoek gedoen het nie, vrae gevra het nie en dan probeer het om die dame verdere hulpbronne te bied nie. DIT sou mos diere-beskerming wees. IEMAND moes omgee, en nou het die persoon wat omgegee het, die seerste seer gekry, om nie te praat van die onskuldige katte nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.