[Foto’s] 94 verdagtes vas in KwaZulu-Natal

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die polisie het Maandag ontken dat foto’s van tientalle verdagtes wat oor die naweek in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is lede van ʼn “georganiseerde misdaadsindikaat” is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê daar is wel 94 verdagtes Sondag naby Utrecht in hegtenis geneem, maar die aanklagte hou nie met ʼn misdaadsindikaat verband nie.

“Die verdagtes is ʼn groep taxi-eienaars van verskillende verenigings wat ʼn pad naby die Utrecht-polisiestasie afgesper het. Hulle is Sondag naby Bloedrivier in hegtenis geneem op aanklag van onwettige samekoms,” het Zwane gesê. “Daar is tydens die inhegtenisnemings op 40 vuurwapens beslag gelê. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoering van enige misdade gebruik is.”

Zwane het gesê die polisie monitor steeds die gebied, maar die situasie is tans kalm. Die verdagtes sal binnekort in die Utrecht-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hendrik ·

Ek wonder wat het die taxi-eienaars met die wapens beplan ?

Liewe heksie ·

Wat de hell boere hou jul gunne 24/7 by julle hul is gewapen tot hul tande

MM ·

Ek wonder net hoeveel van hierdie vuurwapens gaan weer terug verkoop word aan hulle!

MissDemeanor ·

Goeie werk polisie! Hopelik help die balistiese toetse om ander sake ook op te los.

Koos ·

Met wie wou hulle baklei en die AK dit is ‘n baie ernstige misdaad om ‘n automatiese wapen te hê minimum 25 jaar tronkstraf.

Kapenaar ·

Ek wens hulle kan elke dag 94 misdadigers vastrek, dan kan ons binne 10 jaar ‘n verskil in die land sien!!

Grap ·

Ek dink so 1000 ‘n dag dan behoort die misdaad baie min te wees in 2026

ferdie ·

Genade is dit ‘n “April Fool” grap of het Isis ons land binnegeval????

tom ·

As jy na die foto’s kyk is daar een lisensie ,ek neem aan die ander is onwettig so mense daar is baie onwettige wapens in om loop ons wettige wapen eienaars pleeg nie misdaad nie.

humor ·

Kapenaar en Grap julle is so half en half reg mits die doodstraf in werking kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.