Foto’s: Aardedag op Loxton

Die natuurskoon van Loxton. (Foto: Deon Kotze)

Ongerep en onopgesmuk.

Deon Kotze, ’n afgetrede tuinboukundige en voormalige kurator van die Universiteit Stellenbosch (US) se botaniese tuin, het Vrydag sy Aardedag (22 April) tussen skakerings van geel, oranje en rooi herfsblare in Loxton in die Bo-Karoo deurgebring.

En daar is geen ander plek ter wêreld waar hy dié dag sou wou vier nie.

“’n Dag soos gister was vir my baie spesiaal omdat ek maar regdeur my loopbaan betrokke was by die aarde. Ek het heeldag daaroor gedink en daaraan gekou.

“Die aarde is maar my passie. Dis hoekom ek na die Karoo ‘migreer’ het.”

Kotze het in 2007 – die jaar waarin hy 50 geword het – ’n huisie in Loxton gekoop. Einde 2011 het hy vir goed na dié dorpie in die Karoo verhuis.

Die natuurskoon van Loxton. (Foto: Deon Kotze)

“Dit ontstel my wanneer ek hoor mense wil emigreer. Ek sê altyd indien die misdaad jou ontstel en jy ongelukkig en ontevrede voel, beproef eers die Karoo-opsie. Dit het vir my gewerk,” skerts Kotze.

“Ek hoef net een blok ver te stap voordat ek omring is deur natuurlike veld. Niks is versteur nie. Dis al eeue lank ongeskonde en ek glo dit sal vir eeue nog ongeskonde bly.

“Hier kan ek enige plek langs die pad stilhou en in die veld wees. Ek hoef nie eens deur ’n draadheining te klim nie. Die veldblomme staan sommer langs my motor.”

Die saligheid self.

Die natuurskoon van Loxton. (Foto: Deon Kotze)

Die natuurskoon van Loxton. (Foto: Deon Kotze)

Dié volgende foto’s is onlangs in die omgewing van Loxton geneem:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.