Foto’s: AfriForum wys selfdoen is beter as niksdoen

AfriForum-interns 6AfriForum het die afgelope week verskeie munisipaliteite se werk gedoen.

Tiaan Esterhuizen, AfriForum se bestuurder van gemeenskapsake, het gesê verteenwoordigers van die organisasie sowel as vrywilligers het onder meer slaggate reggemaak, vullisterreine skoongemaak, begraafplase opgeknap, straatligte vervang, rivierbesoedeling behandel en parke en strate skoongemaak.

Die dorpe waar bogenoemde selfdoenprojekte uitgevoer is, sluit in Sasolburg, Heilbron, Vanderbijlpark, Kimberley, Kuruman, Elliot, Brandfort, Bothaville, Louis Trichardt, Phalaborwa, Belfast, Stella, Delareyville, Margate en Ramsgate.

Volgens Esterhuizen verkeer gemeenskappe toenemend onder druk omdat regeringinstellings nie hulle grondwetlike verpligtinge nakom nie. “Gemeenskappe mag nie langer staan en toekyk hoe hul dorpe agteruitgaan nie. Gemeenskappe moet leer om meer selfonderhoudend te wees en nie verwag dat onwillige munisipaliteite hulle gaan help nie.”

Esterhuizen het bygevoeg dat gemeenskappe hulself moet organiseer om meer sulke projekte volhoubaar aan te pak. Hy het gesê AfriForum gaan die betrokke munisipaliteite dagvaar vir die koste wat aangegaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

anet ·

Mooi so aan al die verteenvoordigers en vrywillige helpers!!!. Ons kan en sal vir die munisipaliteite wys dat ons nie bang is vir harde werk nie, en dat ons eg Suid-Afrikaans trots is op ons dorpe, dat ons almal moeg is vir al die verskonings wat aan ons opgedis word. Hou so aan, ek glo dat nog meer vrywilligers graag hulle hulp sal aanbied

Uys ·

Baie geluk aan almal wat gehelp het. Net jammer ons, jy en elkeen wat gehelp het betaal nigsteeds die inderskeie stadsraad of munisipalityd vir die dienste wat nou vrywillig gedoen word.

Martin ·

Kyk, die is nou ‘n positiewe storie, wat nog baie goeie vrugte gaan dra in die toekoms. Niks fout om self iets te begin doen nie. Hoe het ons dit altyd gedoen. Self.

Peet Schabort ·

Dis ‘n goeie idee maar gaan munisipalteite net meer lamsakkig maak.
Eerder belasting WETTIG terughou en dan daardie geld terug te ploeg in daardie betrokke dorp.
Dan is daar niks om te eis.

AH ·

Martin almal praat maar net n paar doen iets gelukkig is dit nie nodig in die Weakaap nie

Johannes Meintjes ·

Ek deel die rentmeesterskap plig wat ons elkeen het, maar ook die kommer dat die regering net verder sal terugsit. My mening is ook dat die uitgawes wat noodgedwonge die regering en munisipaliteite se versuim moet probeer aanspreek en regstel, d.m.v. belasting verhaal of weerhou behoort te word. Help beslis nie ons skep nuwe ontembare monsters nie.

JWK ·

Pragtig! Maar, ongelukkig is dit hoe dit begin. Ons moet die noodsaaklike instandhouding van die onbekwame munisipaliteite doen, asook die lesings van ons water en ligte in stuur, terwyl ons reeds vir hierdie dienste belas word. So is dit ook met SAPS. Ons belasting betaal hulle salarisse, maar ons moet by ons gemeenskap se “buurtwag” aansluit sodat ons hulle werk ook moet doen.
Waar gaan dit eindig??

Martin ·

AH en JWK. Dankie vir die terugvoer. Ek stem saam.
Ons weet nie waar dit gaan eindig nie, maar wat gaan
ons sê as ons oor Vyf jaar terug kyk en on sien hoe lyk dit as ons nie self iets begin doen het nie?
Gaan ons onself blameer of iemand anders.?

Gerhard Bezuidenhout ·

Peet ek dink dat jy die regte idee het . Daar moet n manier gekry word om die klomp te knyp met weerhouding van belasting want dit verdwyn in die niet terwyl die klomp lui munisipale amptenare wegkruip , met nuwe bakkies rondry en die wereld bespied of onder bome le en loaf en slaap. Daar is strate in Parys met slaggate waarin ek bome kan plant terwyl munisipale werkers in die fat cats se erwe diens doen . Soms staan daar sommer twee munisipale bakkies vir ure by van die amptenare se huise en ons moet hul salarisse betaal.

Peet Schabort ·

Gerhard, indien Afriforum met ‘n wettige manier van terughouding begin is ek dadelik daar. Vroeër jare was belasting betaal sodat die munisipale werker sy werk kan doen wat tot voordeel van die dorp was. Nou is ‘n munisipaliteit die middelman wat ‘n kontrakteur kry om die werk te doen nadat hy (munisipaliteit) ‘n deel van jou en my geld in sy sak gesteek het. Inteendeel steek hy nou ALLES in sy sak en doen absoluut NIKS.

HEVW ·

Stem saam belasting weerhouding is die regte optrede, maar dan moet dit amptelik gemotiveer wees en op n goed georganiseerde basis aangepak word sodat almal of by verre die meerderheid betrokke kan wees Ons ken mos vir donker Afrika. Gee jy jou pinkie dan ruk hulle jou hele skouer met blad en al uit. Ek sal graag wil weet af daar darem swart mense was wat ook betrokke was?

Cathy Kotze ·

Ek is bly vir al die harde werk, maar ook bitter jammer dat dit nou nodig is.

Sasolburg was vir jare lank aangewys as die mooiste en skoonste dorp in die Vrystaat.

Marius ·

Goeie gebaar maar ni volhoubaar. Nou gaan daar nog minder gedoen word want hulle sien Afriforum doen hulle werk. Mimder bakkies is nou nodig en so kan meer luukse karre gekoop word.

Duitser ·

Ai Ai Ai Ai ..so ver het dit nou al gekom . Ek se net dis baie hartseer om te sien hoe alles binne so n kort tyd agter uit gegaan het in SA…ek vergelyk die land met n luukse motor wat die ANC regiering gekry het toe hulle SA oorgevat het …..n motor ,, spotless in alle opsigte ,skoon gewas ,volle diens rekord met n nuwe stel bande, bonop nog n vol tenk en in die bagasie bak n groot koffer vol met geld . So is dit aan die ANC oorgegee.. en wat het van hierdie motor oorgebly ? Nie veel nie ! Hulle het dit na n donkie kar verander ….
Ja en dan kry jy n paar mense wat hulle bes probeer om van die donkie kar weer n loopende motor van te maak ….

Peet Schabort ·

Duitser, nie ”n luukse motor’ maar ”n NUWE luukse motor’.
Natuurlik met al die addisionele toebehore. Ek wonder of daar al motors op die mark is met stortkoppe ?

Huisvrou ·

Betaal belasting én maak gebruik van privaat hospitale – ten duurste.
Betaal belasting én sit kinders in peperduur privaatskool of gee tuisonderwys.
Betaal belasting én sekuriteitsmaatskappy, gemeenskaps- buurt- of plaaswag.
Betaal belasting én die tolhekke
Betaal belasting én skraap self grondpaaie, herstel slaggate,
En nou nog dié munisipale werk ook….??

Christie Joubert ·

Ek verstaan en respekteer die feit dat mens die moue moet oprol en self dinge gedoen moet kry. MAAR, MY toerusting waarop ek belasting betaal het, MY brandstof waarop ek belasting betaal het, MY erfbelasting ens. wat nie gebruik word waarvoor dit afgetrek word nie, steek my dwars in die krop. Waarom word MY geld gebruik vir een of ander burgemeester of ANC raandslid om sy vet gat in net nog n duur kar te sit en kentucky te eet!!!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.