Foto’s: AGS Senekal wil herbou ná brand

Die AGS-kerk op Senekal is Donderdag in ’n brand in puin gelê. Foto: Facebook

Skenkings het die naweek begin inkom om die AGS-kerk op Senekal in die Vrystaat te herbou nadat dit verlede week in ʼn brand in puin gelê is.

Past. Nick Swart sê hy het tyding van die brand Donderdag net ná 14:30 gekry. Toe hy daar aankom, was die hele gebou in ligte laaie. Die dak het toe reeds ingeval.

Die brandweer was gou op die toneel, maar kon so te sê niks red nie. Foto: Facebook

Die plaaslike brandweer was binne ʼn kwartier op die toneel, vertel Swart, maar die brand het blitsvinnig deur die gebou met sy houtbanke en -plafonne versprei. Sowat R33 000 se oudiovisuele toerusting, waaronder luidsprekers en ʼn klankversterker, het ook in die slag gebly.

“Die hele kerk is verwoes; ook die kombuis, alles. Niks kon gered word nie,” het ʼn verslae Swart Maandag aan Maroela Media gesê. Dié gebou was sedert 1980 die gemeente met sy sowat 90 lidmate se aanbiddingsplek.

Die dak het ineengestort kort nadat die brand ontstaan het. Foto: Facebook

Sondag het hulle hul oggenddiens solank in die pastorie gehou, vertel Swart, maar van eerskomende Sondag af sal hulle elke Sondag om 11:00 in die AP kerk in Fronestraat, De Rust, vir hul dienste bymekaarkom.

Swart sê hulle vermoed die brand is deur ʼn kortsluiting veroorsaak. Hy verwag hul versekeraar se assessors sal hulle Dinsdag die laaste keer besoek, waarna hulle sal hoor hoeveel uitbetaal sal word. Net die “dop” was verseker; die meubels en toerusting sal die gemeente self moet vervang.

Enigeen wat die gemeente wil help, kan Facebook vir besonderhede besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GRIET ·

NOU WÁT SE SKIELIKE “onskuldige” GEBRAND…VAN KERKE IS DIÉ NOU, WAT GEREELD KOP UITSTEEK LANDSWYD…??????

legens ·

Ai , kon die almagtige , wie in beheer is van alles , maar nie die ou fonkie keer nie ? Soveel ellende .

Michelle leR ·

Ligsinnige disrespekvolle praatjies is maklik om te maak.
Wens ons kon bymekaarkom vir ‘n gesprek oor die Almagtige.
Mag jy ook geseen word met liefde.

Gemaskerde Sopbeen ·

“Niks kon gered word nie”….en nou kan NIEMAND gered word nie!!!

WIEBO ·

Ja vra ek ook! As dit n God van liefde is en na Sy kinders kyk, hoekom laat Hy dit toe???

Carien Lambert ·

Die natuurwette bepaal dat as daar n elektriese fout is en n brand ontstaan brand goed af.Dis amper soos wanneer jy voor n bus inhardloop. Die Bybel daarenteen sê mens moenie jou tyd mors om met idiote te stry nie.

Mike ·

Net ñ regstelling.
Daar is nie ñ plaaslike brandweer op Senekal.
Dit wat daar is, is toerusting wat aangekoop is deur inwoners self onder leiding van die Afriforum tak en die personeel is vrywilligers uit die gemeenskap wat self opgelei word.
Die kerk kon nie gered wotd nie maar verseker is verhoed dat die pastorie ook brand omrede die twee geboue baie na aan mekaar is.

Michelle leR ·

Want waar in die Bybel staan dat ons paadjies gelyk en glad gaan wees en geen teespoed gaan tref? Dat ons lewens volmaak en sonder probleme gaan wees?
Geloof rus toe en maak sterk in voor en teespoed.
Liefde beteken nie dat alles op ‘n skinkbord perfek aangebied word nie (presies soos wat liefde vir jou eie kind nie kan keer dat hulle seerkry). Net soos emosionele groei plaasvind omdat daar iets oor jou pad kom, vind geestelike groei ook plaas.
Mag julle dit ook ondervind en die vrede wat alle menslike verstand te bowe gaan ervaar.

aj ·

Vernietig hulle taal, beroof hulle plase, brand hulle kerke af en daarna ….?
… ylingse vlug in die nag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.