Foto’s: Agt beseer toe taxi muur tref

Die minibustaxi wat deur die huis se muur gebars het. Foto: Netcare 911

Die minibustaxi wat deur die huis se muur gebars het. Foto: Netcare 911

Agt mense is beseer nadat ʼn minibustaxi Donderdagoggend deur die grensmuur van ʼn huis in Greenside in Johannesburg gebars het.

“Die ongeluk het omstreeks 07:10 in Barry Hertzogrylaan plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die bestuurder het by die kruising van Muirfieldweg beheer verloor oor die voertuig en die pad verlaat voor dit deur die muur gebars het.”

Hy het gesê dit wil voorkom of die minibustaxi se remme onklaar geraak het.

Die pasiënte het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel, waarna hulle met ambulanse na verskeie hospitale geneem is.

Die polisie ondersoek die voorval.

greenside_taxi_muur (2)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Delia ·

Het die taxi siek mense vervoer? Indien nie, moet dit sekerlik “passasiers” wees……

Bleskop ·

Die skrywer van die berig verwys na die passasiers as pasiente omdat hulle klaar in die ongeluk was en al klaar deur die mediese personeel behandeling begin ontvang het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.