
Die minibustaxi wat deur die huis se muur gebars het. Foto: Netcare 911
Agt mense is beseer nadat ʼn minibustaxi Donderdagoggend deur die grensmuur van ʼn huis in Greenside in Johannesburg gebars het.
“Die ongeluk het omstreeks 07:10 in Barry Hertzogrylaan plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die bestuurder het by die kruising van Muirfieldweg beheer verloor oor die voertuig en die pad verlaat voor dit deur die muur gebars het.”
Hy het gesê dit wil voorkom of die minibustaxi se remme onklaar geraak het.
Die pasiënte het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel, waarna hulle met ambulanse na verskeie hospitale geneem is.
Die polisie ondersoek die voorval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Het die taxi siek mense vervoer? Indien nie, moet dit sekerlik “passasiers” wees……