[Foto’s] Agt in een motor sterf ná trompop botsing

Die ongeluk wat buite Klawer op die N7 plaasgevind het (Foto: Twitter)

Waarskuwing: Die foto’s in dié berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Agt insittendes van een motor is Saterdagaand dood toe hul motor reg van voor met ʼn bus gebots het.

Kenny Africa, hoof van die Wes-Kaapse provinsiale verkeer, sê die ongeluk het buite Klawer op die N7 plaasgevind.

Africa sê die bestuurder van die motor, ʼn Opel Corsa, het glo verskeie motors in aankomende verkeer verbygesteek en toe met ʼn passasiersbus gebots.

Al agt mense in die Corsa, waaronder minstens vier kinders, is oorlede.

Luidens ʼn verklaring het minstens sewe passasiers in die bus ook gesterf. Africa kon dit egter nie onmiddellik aan Maroela Media bevestig nie

Die N7 is eers weer Maandagoggend vir motoriste oopgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Elsabé ·

Maak dit regtig saak. Die feit is daar is mense en kinders dood wat baie hartseer is. My gebede gaan uit na die familie van die oorledenes.

Adri ·

Dit was nie kids (bokke) wat dood is nie, maar kinders; mense!

Annari ·

Die ongeluk het gister sondag gebeur. Ons moes stop en wag oppad.

Johanita Kumm ·

Ai, so jammer!! Corsa met 8 mense in, wat volgens ooggetuies kort-kort verbygegaan het, in aankomende verkeer in?! Hoe kan enige mens, wat boonop verantwoordelik is vir ander se lewens, so onverantwoordelik wees?! So jammer vir onskuldiges wat moes sterf agv 1 persoon se nalatigheid.

Asjas ·

Hoekom het die ander grootmense nie met die bestuurder gepraat of uitgeklim nie maar eerder hul kinders in gevaar gestel??

Etta van der Merwe ·

Ek stem saam, Wanda, 8 mense in n gewone voertuig met n bestuurder wat boonop nog roekeloos ry! Skrikwekkend.

Kirsten ·

Agt mense in ‘n Opel Corsa!!! Dit is verskriklik roekeloos! Hoe kan ‘n mens beheer hê oor so ‘n klein karretjie as dit so oorvol is?

Ernest ·

AGT mense in ‘n Corsa motortjie..!!!!!!! Is ‘n ongeluk dan nog onafwendbaar..?

cor ·

8 Mag vir jou onmoontlik klink dit is nog min daar is gevalle wat hulle baie meer in so karretjie laai. Ek sien buite kolonel Tswane is ‘n minibus met plek vir 15 mense van die pad afgetrek met 30 insittendes plus bagasie so enig getal is moontlik . Mense wat wil huis toe gaan en die volgende dag by hulle werke wil wees klim in en is ook te bang om die roekelose drywer aan te praat want dan word hy tussen erens en nerens afgegooi.

Jeanne-Marie ·

Liewe fader wat is vout met party mense , 8 in so klein kar. Ek sruur gebede aan almal wat liefded verloor het arm kinders ; (

Manie ·

Dit is die probleem vandag op paaie. Mense het geen respek vir wet en orde. Ek sien daagliks hoe mense stopstrate en robotte ignoreer. Ek dink dit het baie te doen met omkopery van beamptes. Dit sal nie so aanhou as mense behoet word. Hulle kom weg met omkoopgeld en dan gebeur tragedies soos in die berig

Karin Steenkamp ·

Ek het self die vakansie van vrystaat na die kaap gery. Die vragmotors en voertuie ry roekeloos en neem geen ander padgebruiker in ag nie. Ry eerder agter die vragmotors of voertuie en as daar geen verkeer van voor af kom nie vat verby. Ry eerder 80km/h as om 140 te ry en ongelukke te veroorsaak. Ry die spoed sodat jy steeds in beheer kan wees van jou voertuig. Jy is nie die enigste pad gebruiker nie daar is ander ook wat na hul geliefdes toe wil gaan en veilig daar wil aankom….

Anoniem ·

Karin, jy is een van die min mense saam met wie ek bereid sal wees om te ry.

LMF ·

Jammer oor onskuldige mense in n mal spoedvraat se hande maar nounet op die nuus n 15 sitplek taxi met 30 passesiers in gelukkig vir hulle nie in n ongeluk nie

ken benoni ·

Ek vra net: Was dit nie dalk self-moord? Gesins moord?!
Drank, dwelems, geestes afwyking, of dalk iets anders
Sterkte aan die families.

thelsa ·

Padsterftes sal net afneem as ALLE bestuurders net die verkeersreëls gehoorsaam. Dit is daar vir ‘n doel. Hierdie berig is bewys daarvan – 8 in ‘n Corsa, sperstreep ! Hallo !!!

CHRISTA ·

Padsterftes sal net afneem wanneer ALLE verkeerswette te ALLE tye deur ALLE MOTORISTE en ander padgebruikers (motorfietse, fietse en voetganters) nagekom word en deur ALLE metropolisie/verkeersbeamptes toegepas word!! Daar word altyd so ‘n bohaai opgeskop oor padsterftes gedurende vakasietye, maar as gekyk word na die daaglikse syfers sal dit duidelik wees dat die ELKE DAG so op ons paaie gaan!!! Waar kry die owerhede die verkeerspolisie/metropolisie tydens vakansietye, maar hulle verdamp soos varkmasels daarna (behalwe as die metro’s geld soek en hulle dan weer êrens uitkruip)?

Reg ·

Christa, jy is só reg soos kan kom. Geduld op ons paaie is ‘n absolute NUL!!

Patricia ·

Ons ook sondag so 2h30 verby Klawer. Daar is mense wat niks vir ander voel nie. Steek verby op sperstrepe, blinde hoogtes, ens. Dankbaar ons is daar verby voor die ongeluk plaasgevind het. Daai pad was ongelooflik besig gewees. Wonder hoe dit vandag was met diè dat pad gesluit was vir ñ ruk.

Lindi ·

8 mense in die corsa se meer as genoeg! maar sterkte aan die familie en vriende wat agter bly

Anoniem ·

Pad ongelukke sa lverminder slegs wanneer korrupte verkeers beamptes uitgeroei word want deur n honderd rand bribe te betaal en dan verder voort te jaag of dronk bestuur is nie straf nie. Ek beleef elke week noodlottige of ernstige ongelukke op die N17 vanaf Boksburg na Secunda en jy sien nooitn verkeers beampte op die pad slegs polisie tydens vakansie by Leandra Swak swak swak . Van wanneer af gaan n karton boks polisie kar jou laat skrik of meer versigtig bestuur sien N4 na Polokwane

Simpatiek ·

8 in n corsa. Dit verduidelik als. Met daai sin al my simpatie verloor.

toldyouso ·

dis so onregverdig teenoor die kinders. mense vat daagliks op die R25 op witlyne my verby. sit hierdie fotos langs die pad op, want wragtie waar die mense vat kanse wat hulle lewe kos!

Leon ·

Dissipline en respek in ‘n voertuig is die grootste reël vir enige bestuurder. Deesdae sien ons dit net nie meer nie. Ek ervaar dit elke dag, dat as jy op die spoedgrens bly, is jy die vark in die verhaal! Of dit agt of twee in die voertuig was, dissipline en respek het dit veroorsaak. Dissipline tov padreëls, en respek, nie net vir jouself nie, maar vir jou mede passasiers en ander motoriste! Dit is ‘n beginsel wat jy mee groot word, en jy sal een of ander tyd daarvoor verantwoording doen!!! By hierdie botsing (g’n ongeluk), was nie een van die twee teenwoordig nie!!!! Wets-toepassers kan nie elke meter op die pad wees nie, en ja, al is van hulle nie iets werd nie, is dit elke motoris en passasier se PLIG om by wette en reëls te bly.

chantelle ·

goeie genade. n opel is nie juis groot nie, hoe het hull soveel mense in die eerste plek in die kar gekry? die bestuurder het heel duidelik oog glad nie geworry oor die kinders of ander insitendes toe hy so roekeloos gery het nie!
ek ry nie eens so met my honde of alleen nie! genade nee dit is tragies!

Koos1 ·

Lui die volgende dalk ‘n klokkie: “We are going to make this country ungovernable by public disobedience. We will force this country on its knees by not following the law.”
Dit is vir die massas geleer in die 80’s en speel duidelik nog af in die 2010’s.
Soos die Engelsman sê: I rest my case.

Annelize ·

AGT persone in ‘n voertuig wat volgens my ‘n “glorified matchbox” is, en dan bestuur die bestuurder nog roekeloos en nalatig ook? Jammer vir die wat omgekom het, maar hierdie was ‘n ongeluk wat ‘n plek gesoek het om te gebeur.

Tiger ·

Die bestuurder van die Corsa is ‘n waansinnige moordenaar .

Ben ·

As klein seuntjie het ons gereeld vir my suster op Vanderbijlpark gaan kuiers. Net suid van Uncle Charlies – Johannesburg – was ‘n motorwrak en groot bord met die woorde “SPEED KILLS”. Dit het 50 jaar terug op my ‘n blywende indruk gemaak !Sulke wrakke en borde moet op ons paaie geplaas word !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.