[Foto’s] Alberton-gemeenskap trek een van ontsnapte gevangenes vas

Roland Barnad word in hegtenis geneem. Foto: Verksaf

AfriForum se Alberton-buurtwag het Woensdag omstreeks 21:00 in samewerking met die polisie, SS Crime Alert en die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD) se SWAT-eenheid een van die 20 ontsnapte gevangenes in ’n woonstelblok in Johannesburg-Suid vasgetrek.

Dít volg nadat die polisie foto’s van die verhoorafwagtendes wat Dinsdagmiddag uit ’n polisiewa in Johannesburg ontsnap het, bekend gemaak het. AfriForum se Alberton-buurtwag is deur SS Crime Alert gekontak oor waar Roland Barnard, een van die ontsnaptes, homself bevind, waarna die AfriForum-buurtwag onmiddellik na die toneel ontbied is.

Met die aankoms van die EMPD SWAT-eenheid is die woonstelblok deursoek en die verdagte is bo in die plafon van een van die woonstelle gevind en in hegtenis geneem.

“Dit is ’n uitstekende voorbeeld van hoe doeltreffend veiligheidsinstansies kan wees as hulle ʼn gemene doel nastreef. Ons bedank graag elke rolspeler wat hierdie inhegtenisneming ’n sukses gemaak het,” het Louis van Aswegen, AfriForum se Alberton-buurtwagtakvoorsitter, gesê.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het aan Maroela Media bevestig saam met Barnard is vyf ander ontsnaptes reeds aangekeer. Hulle is Kingley Jooste, Simtembile Moni, Vincent Mowabisi Vandala, Rushden Katz en Sabelo Mbanjwa. Hulle gaan nou ook van ontsnapping uit wettige aanhouding aangekla word.

Die soektog na die ander ontsnaptes duur voort.

Maroela Media het Woensdag berig die polisiewa het die gevangenes teen 16:00 van die Johannesburg-landdroshof na die Johannesburg-Sentraal-gevangenis vervoer toe die ontsnapping plaasgevind het.

“Die vangwa is by Pat Mbathaweg naby die South Gate-treinstasie in ʼn hinderlaag gelei. ʼn Groep swaargewapende mans het met gewere toegeslaan en die wa se deur oopgebreek, waarna die gevangenes ontsnap het,” het Dlamini gesê. Die polisiebeamptes is nie tydens die voorval beseer nie.

Die ontsnaptes word aangekla van verskeie misdrywe waaronder gewapende roof, huisbraak, diefstal en die besit van dwelms. Een van die gevangenes is reeds tot 17 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan gewapende roof.

Dlamini het gewaarsku dat die verdagtes as gevaarlik beskou moet word en dat die publiek die polisie dadelik moet kontak as die ontsnaptes opgemerk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Natasha ·

“If you can do the crime you must prepared to do the time” soos my ma altyd sal se. Hoop almal word gevang.

jack daniel ·

Die polisie moes in die eerste plek hul werk reg gedoen het en nie toegelaat het dat hul ontsnap nie en die publiek se lewens verder in gevaar gestel het nie. Wel gedaan Alberton-buurtwag vir jul goeie werk. Hoop die polisie het miskien (wat ons almal betwyfel) van jul iets geleer.

Johan ·

Om n polisieman te wees is nie die maklikste werk nie. Niemand is ooit te vrede nie. Almal het opinie sonder om die feite van die saak na te gaan. As die polisiemanne wel nalatig was dan moet n departementele verhoor gehou word. Maar die berig is swak en sonder feite geplaas. Buitendien word nie n vangwa gebruik vir die vervoer van verhoor afwagtendes nie, maar n “Canter.”

Leahim ·

Ek lees vandag in media 24 dat die polisie hoof van misdaad intelegensie het n vervalste matriek sertifikaat hoe lagwekkend is dit ???

Riaan ·

Sjoe, hy lyk nie eers naby soos die foto wat van hom verspry is nie. Arme ou.

Johan. H. ·

Hoe pragtig doen julle die polisie se werk,,, Miskien moet julle nou aandring op geldelike vergoeding wat dan uit die polisie se begroting kom, Miskien sal dit hulle laat wakker word as hulle sien volgende jaar is daar geen bonusie , nie,

Johan ·

Gaan sluit dan by die polisie aan as jy dink jy kon die ontsnapping keer.

Johan ·

Ek stem Karma. Plaas daarvan dat mense eerder op die positiewe aspek kyk; soos vyf wat alreeds aangekeer is. Almal wil altyd kritiseer maar se vir hulle om te gaan aansoek doen. Dan is hulle vol verskonings.

Oompie ·

Ons opregte dank aan Afriforum vir die harde werk. Nie dat hul iets gedoen het nie.

Eish ·

Ag, vergewe my tog dat die ironie vir my is dat Afriforum die blanke outjie gevang het.

Reinhardt ·

Probeer jy insinieer dat omdat hy wit is hulle eerder éérs die swart ouens moes vang? Die ou is n krimineel, hy moet gevang word en toegesluit word, ongeag van ras.

Kannaland ·

Reinhardt, nee ek vra net waarom die inisiatief hier is oor spesifiek hom en nie die ander ook nie. Ek stem saam dat ALLE kriminele gevang moet word.

Anoniem ·

Stem saam Kannaland. Dis baie opvallend dat die wit gevangene weer vasgetrek is en nie die swartes nie….

verdedig ·

Jahan dit klink so of jy ‘n polisieman is. Jy beskerm hul slapgatheid en maak verskonings. Is dit die geval van – If you can’t beat them join them.

Johan ·

Dis n geval van feite. Soos ek gese het, as hulle nalatig was moet hulle departenteel vervolg word. Maar jou siening is duidelik. Almal wat die uniform dra is dieselfde. Jy moet n bietjie mooi oplet, die bietjie wittes wat daar nog oor is probeer die dinge reg doen. Want as ons loop, dan gaan daar niemand wees wat jou gaan wil help nie. Na wie toe jy kan gaan vir hulp nie. Verander jou sieninge.

Attie ·

Ou Roland kan ook nie uit die moeilkheid bly nie…waar het dinge verkeerd gegaan, boet?

petro ·

Wil ek ook weet. My seun is amper hierdie ouderdom en ek kan nie anders as om te wonder waar het dinge vir hom so verkeerd begin. ai

negatief ·

Jammer Johan! By ons polisiestasie is twee wittes maar net so useless as hul spanmaats. Buitendien is daar niemand wat beskikbaar is vir hulp sou jy hul nodig kry nie. Ek wens ons het ‘n community service gehad maar ons communty glo en kan nie saam staan nie. Too many cooks spoils the broth.

Johan ·

Negatief, dis tragies om sulke dinge te hoor. As julle as gemeenskap net kan saam staan dan kan julle dinge verander. Moenie net sulke swak dienste aanvaar nie. Rapporteer dit by die provinsiale kommissaries. Laat hy/sy daadewerklik optree. Ek sal dinge nie so laat nie as ek in jou situasie was.

Nita ·

Erger as die Wilde Weste gaan ding in hierdie land. Waarom kondig die regering nie krygswet af nie? Dis duidelik dat n oormag kriminele die hele land gyselaar hou. Niemand is nerens veilig nie terwyl weermaglede aangewend kan word om die polisie te help om orde te skep.

Johanna Botha ·

Let wel die gemeenskap en nie die polisie nie ….klomp lamsakke !

Leahim ·

As ek so kyk hoe die boere mekaar sleg sê en mekaar in die rug steek en mekaar uitverkoop is ek baie bly ek het Duitse bloed in my are hoe kyk julle julle kinders in die oë ek hoop julle kry elkeen R50.00 vir julle helde daad om daardie seun te vang en uit te lewer hoop julle is ook so braaf as die aanvallers op julle plase toesak.

AdaA ·

Leahim daar is n verskil tussen regte boere en verraaiers.Ons het baie verraaiers en hulle gaan nog na Duitsland toe hardloop en dan sit julle met hulle.Ek kry die Duitsers jammer want hulle sit met groter probleme as S A.

dovaz ·

Ons is van Ireland en het sulke dinge nie daar teegekom nie. In Dublin gemeenskap staan as een man saam. Amal is besorgd oor mekaar. Geen wonder die land is a chaos nie. Mense staan nie saam nie. Tot in die kerke hier.

negatief ·

Daar is net a paar wittes in ons klein plattelandse dorpie. Die een is bang die ander kry die aandag en roem. Money hunters n draadsitters. Al wat hul goed kan doen is die trippel S’e.

Ashley ·

Ek wonder net of hulle so groot ding gaan maak van al die ander wat ook gevang is wat vir erger dinge toegesluit is hmmmm!

Neilia ·

Moenie almal onder dieselfde kamp skeer nie ,daar is nog goeie hardwerkende polisie mans en dames daar buite. Soos Polokwane polisie . Was nog elke keer vinnig as hulle geroep word en al het jy 3 uur in oggende gaan vra om dokumente te stamp ,was dit gedoen met n glimlag en n good morning. As ons dalk net meer waardering doen vir hulle sal daar dalk veranderinge wees. Ek sien nie een van julle ninjas aanbied om in n hulle skoene te staan. Swak salaris vir n lewe ,voertuie wat buitewerking is en die lys hou aan. Hulle is mense en ek sou ook eerder laat ontsnap as daar vuurwapens op my gerig was. Wat is die kans dat hulle sou oorleef as daai kriminele sou begin skiet. Niks ! Hou op oordeel en dankie aan die wat hard werk om kriminele agter tralies te kry en te hou.

Gys ·

Neilia, Ek stem saam met wat jy se. Ons moet almal saam staan en misdadigers vasvat. Sluit aan by die polisie as n reservis of Comunity policing forum en help die polisie met hulle werk. Dan sal julle sien hoe die publiek jou met disrespek behandel. Die wet maak die polisie se hande vas om hulle werk behoorlik te kan doen. Want die man op straat se arme regte wort benadeel as polisie hulle werk moet doen. As daar al ooit op jou geskiet was en jy hoor die gevluit van die koeels oor jou , sal jy verstaan hoekom die gevangenis ontsnap het. Dit is geen grap om jou lewe in gevaar te plaas wanneer swaar gewapend mense hulle vriende wil bevrei nie.

AP ·

Dankie Se Net wys jou mens lees nie alles nie .. ek dog die middelste ou was die gevangene .. welgedaan almal wat betrokke was , ek haal my hoed af vir daai buurtwag

Perspektief ·

Van al die wat ontsnap het is daar net een wit ou, NET EEN, en dis die ou wat hulle vang.
As dit rugby was, sou hy die laaste een wees wat hulle gekies het …..hehehe

Welgedaan aan die buurtwag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.