Foto’s: Amerikaanse toeris op Leeukop beseer

Foto: Netcare 911, Twitter

ʼn Amerikaanse toeris, in haar 30’s, is Saterdag beseer op Leeukop in Kaapstad.

Die vrou het die gewilde staproete aangepak en het omstreeks 08:30 naby die kettings – wat gebruik word om die kop se spits te bereik, geval.

Johann Marais van Wildernis-soek-en-redding (WSAR) het bevestig die vrou het haar enkel, rug en hand beseer. Twee paramedici is eers per voet na die vrou en het versoek dat ʼn helikopter ontbied moet word. ʼn Dokter van EMS Pinelands-reddingsbasis is ook ontbied.

“Paramedici het die vrou gestabiliseer en gewag vir die draagbaar om seker te maak die vrou word veilig van die berg vervoer,” het Marais bygevoeg. Die vrou is omstreeks 11:00 veilig van die berg verwyder en na ʼn hospitaal geneem. Sy het matige beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dapper stapper ·

Ek het maar altyd ‘n stok saam waarvan die lengte tot by my oë kom. Dit gee jou die nodige stabiliteit en vroegoggend keer jy ook die spinnerakke weg van jou. Teen opdraendes ‘roei’ jy ook met die stok met jou duim op die punt vd stok. Ook sommer ‘n goeie ‘slangsoeker’. Word jy moeg dan lê jy met jou ken op jou hande en op die stok en bespeur die wêreld om jou. Vir die beskerming van jou enkels dra jy die regte stapskoene wat behoorlik vasgemaak word wat verhoed dat jy erg gaan seerkry sou jy swik of skeeftrap. Om met jou voet tussen twee klippe te trap kan ook jou enkel erg seermaak. Dis ook hier waar jou stok handig te pas kom om jou te help briek teen afdraendes en jy nie hoef te spring by groot rotstrappe. Onthou dat met stap is jou voete jou alles. Wanneer jy voel daar is fout stop jy net daar, trek skoene uit en stel die fout reg. Jy stap NIE ‘n treë verder! Fluit-fluit my storie is uit.

Koos ·

Puik advies. Leeukop is nie mens se speelmaat nie. Het al gesien hoe mense met honde en plakkies daar aankom. Baie mense het al daar afgetuimel en soggens en laatmiddag is daar geweldig baie mense wat dit bestyg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.