Foto’s: ANC-konferensie begin

Afgevaardigdes kom by die konferensie aan. Foto: Twitter via @MyANC

Die ANC se nasionale verkiesingskonferensie het uiteindelik Saterdagmiddag by Nasrec in Johannesburg aan die gang gekom, ure nadat dit veronderstel was om te begin.

Afgevaardigdes het ná middagete na die vergaderingsaal gegaan waar hulle saam gesing het terwyl hulle gewag het vir Baleka Mbete, die uitgaande voorsitter van die party, om met die verrigtinge te begin.

Ondersteuners van die twee voorlopers in die presidensiële stryd, adj.pres. Cyril Ramaphosa en die voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, Nkosazana Dlamini-Zuma, het hulle onderskeie leiers geloof.

Die konferensie is vertraag nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) onverwags ʼn vergadering gehou het om die afgelope hofbeslissing te bespreek.

Gwede Mantashe, die uitgaande sekretaris-generaal van die ANC, het vroeër gesê die vergadering is gehou om te besluit wat gedoen moet word nadat die hooggeregshowe KwaZulu-Natal en die Vrystaat se provinsiale konferensies nietig verklaar het. Die hooggeregshof in Mahikeng het ook 38 takvergaderings in Noordwes ongeldig verklaar.

Die NUK het besluit alle strukture wat nietig verklaar is, sal nie afgevaardigdes by die konferensie hê nie, en die takke wat ongeldig verklaar is, sal nie by die konferensie kan stem nie. Afgevaardigdes van dié strukture word wel toegelaat om by die konferensie aan te bly, maar net as waarnemers, en sal nie toegelaat word om oor enige van die aangeleenthede by die konferensie te stem nie.

Die konferensie kom Woensdag tot ʼn einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

Zuma het nie een woord oor versoening geopper nie, inteendeel en Kyknet ook niks en nog minder oor die talle Geloftefeeste siende dat dit glo ‘n Afrikaanse tv-stasie is… was… so waarom moet ons sleg voel oor ons Afrikaners se Gelofte?

dinarie ·

Dit is gewoon opvallend hard die kaders kan werk om n fout wat gebeur het reg te stel, maar geen veoë het om n fout te voorsien en regstellende planne gereed te kry wanneer n fout verwag kan word.
Die verkiesingskonferensie ou aan die gang is n sprekende voorbeeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.