Foto’s: Australiërs hou optog teen ‘volksmoord in SA’

Fraser Anning, Australiese senator (Foto: Facebook)

Meer as 3 000 betogers het Sondag in Perth in Australië byeengekom om ʼn optog teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding te hou.

Luidens ʼn verklaring is dié optog gehou ter ondersteuning van die Australiese regering wat boere in Suid-Afrika wil bystaan deur die emigrasieproses te vergemaklik. Dit kom nadat Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, vroeër bekend gemaak het dat dié land die emigrasieproses spesifiek vir wit Suid-Afrikaanse boere wil versnel omdat hulle in hul eie land “vervolg” word.

Optoggangers het ná die optog ʼn memorandum aan die Australiese regering oorhandig wat onder meer die regering bedank vir die hulp wat hy tot dusver aangebied het om boere in Suid-Afrika te help en om Dutton se planne om die emigrasieproses te versnel, te ondersteun.

“Die memorandum bevat ook onder meer feite soos dat dit nie net boere is wat geteiken word nie, maar ook mense van ander gemeenskappe wat slagoffers word – en dit sluit alle gemeenskappe in. Ons wil ook bewusmaking bring vir die hoë vlakke van misdaad – veral in informele nedersettings – en veral misdaad op vroue en kinders. In die memorandum is ook voorstelle oor hoe Suid-Afrikaanse families makliker na Australië sal kan emigreer en ons spreek ons kommer uit oor die beleid van onteiening sonder vergoeding,” lui die verklaring.

Die optog in Perth in Australië (Foto: Facebook)

Optoggangers is aangemoedig om hul Suid-Afrikaanse én Australiese vlae na die optog te neem – mits dit die huidige vlae van die twee lande is.

Fraser Anning, Australiese senator, het Sondag foto’s van die optog op Facebook gedeel en gesê dié optog is teen “volksmoord in Suid-Afrika”. “Wit Suid-Afrikaners sal nie stilgemaak word nie,” het hy geskryf. “Duisende in Perth wys vandag hul ondersteuning.”

Anning het voorheen aan die Australiese nuuswebwerf SBS gesê Suid-Afrikaners sal “inpas” by Australië aangesien “hulle soortgelyk aan ons [Australiërs] is” en “soortgelyke uitkyke en Christelike waardes het”.

Die optog in Perth in Australië (Foto: Facebook)

Die optog in Perth in Australië (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Anoniem ·

Goed gedaan sal goed wees as die buiteland kan i gryp ons mense word so uitgemoor en ons kan niks doen nie en em kan getuig van plunder en diefstal op ons plasie

Anoniem ·

Woner hoe kan ek fotos plaas van ond plasie wat geplunder is

Theresa ·

Wil jy nie dalk Afriforum kontak en met hul dit bespreek nie? Hoe meer foto’s en bewyse, hoe meer sal mense weet wat aangaan.

hendrik ·

Soos n leser op Praag genoem het dat die hoofstroom media niks daarvan gerep het nie maar winnie is op bladsye een tot sewe van elke dag se koerante.

Nel ·

KykNET se enuus ag dit ook vreeslik belangrik om die nasie aand vir aand in te lig oor hoe ‘n groot nasionale heldin Winnie kwansuis was. Sal maar eNuus vireers vermy.

Gjorgi ·

Hierdie onstel my meer as wat dit my gelukkig maak. Is die oplossing nou skielik om te emigreer? Ons wil hulp HIER hê, ons wil nie hulp hê om te kan vlug nie? Die hele internasionale bewusmakings veldtog van Afriforum is besig om drasties te “backfire” want om te emigreer is JUIS wat die ANC en Julius wil hê.

Reguit ·

Word wakker. Daar is GEEN hulp in/vir SA nie en daar sal nooit wees nie. Die beste opsie IS om te emigreer en baie mense besef dit. Die res moet maar voort droom en die hool geniet.

Michelle ·

@Reguit: En as ek nie kan emigreer nie – is dit dan gelykstaande aan ‘droom voort’? Laat die wat kan emigreer dit doen, laat die wat nie kan en/of wil emigreer hulle deel hier doen. Dit wil voorkom of die wat emigreer het wel iets doen aan daardie kant, al is dit nie onmiddelike praktiese hulp, dit is ‘n begin en lei dalk na iets anders.
Begin met geestelike weerbaarheid, sielkundige voorbereiding en gou jou stem by enige tipe aksie waar dit ookal plaasvind (of jy nou daarmee saamstem of nie, ondersteun dit in belang van die groter prentjie). Begin gesels oor wat alles die praktiese voorstelle is en laat daar dan kollektiewe denke/besluite daaruit voortvloei. Saamstaan moet iewers begin: laat dit begin by jou en my en ondersteun/onderskraag en help dink en beplan. En hou aan bid!

Andrea ·

Dit gee dalk dié wat wil emigreer n geleentheid. Hul kan nie inmeng in ons huishoudelike sake hier in SA nie. Hoe gaan hul dit doen? Sanksies, ja. Maar dit kan jare duur voor alles in plek is
Hul kan egter dié wat wil en kan wegkom help.

LB ·

Wel ek emigreer eerder as om te wag dat die massa moordlustiges op ons toesak, want hulle leiers skree dit uit vanaf die podiums sonder nagevolge, hulle sweep mekaar op elke sosiale media forum om die wittes uit te moor en niemand rep ‘n word nie. Waar is die land se president? Hierdie land is nie goed vir ons nie maar ons belasting geld is wel goed genoeg vir die regering. Die spanning wat al die haat en misdaad veroorsaak is beslis nie gesond nie.

Elke dag word paaie en selfs snelweë geblokkeer, mense word met klippe gegooi, voertuie word aan die brand gesteek, jy word gyselaar gehou in jou eie huis en as jy gelukkig is leef jy daarna… wie wil in so ‘n land bly waar jou eie regering jou eerder dood sien as om ‘n woord te rep en jou ook te tel as ‘n menswaardige wese?? ‘n Mens word tronk toe gestuur oor rassisme terwyl hulle eie leiers veel erger woorde van aanhitsing tot moord gereeld gebruik en dit gaan ongestraf verby. as jy die vermoë het om hierdie land te verlaat is jy geseënd.

landsverraaier ·

Duidelik verstaan jy nog nie wat SA vandag is nie. Dit is lankal nie meer jou land nie. Ek laaik vir ou Julius, hy sê dit ten minste reguit! “This thing isn’t the orange free state, this thing is the free state!” Nee die ANC en Julius wil verseker nie hê ons moet emigreer nie – hulle weet goed wat hulle lot sal wees as die Afrikaner wegloop. Hulle wil ons as slawe deur BEE aanhou. Ekt gewaai, en help graag enige Afrikaner wat ook wil padgee (wat nie JA gestem het in 92 nie!) Nou’s die tyd. Dis dalk die laaste kans, want ek kan nie sien hoe die rand by sy huidige posisie kan bly, met die swak ekonomies uitkyk in SA nie.

VanAfrika ·

Landveraaier, as jy werk het vir my en my hele familie, laat weet ons dan kom ons, en enige ouderdom, ons almal werk nog en is nie bang vir werk nie, maar van ons is al oor vyftig. Daar is baie van ons, sê so 24, en dan praat ek nie eens van die skoonfamilie se broers en suster en hulle ouers en kinders nie. As jy sommer tydelike blyplek kan verskaf en ons help ons meubels oor kry, ons wag op jou antwoord. My broer bly al so te sê 20 jaar in Perth, so die immigrasie sal dan nie so moeilik wees nie. Ons kan trek, maar ons het nodig om in n werk in te loop as ons daar kom.

Nettie ·

@Gjorgi – ek sal enige hulp om die stof van SA van my voete te skud, waardeer. Ek is enkellopend, geen afhanklikes (behalwe my 75-jarige Ma, wat in elk geval nêrens heen sal wil gaan nie), maar te arm en te oud (bo 45) om Australië toe te kan gaan. Glo my, dit is nie net wit boere wat onder die misdaad ly nie, almal ly erg daar onder. Dit is net: ons “boere” (blankes) word erger geteiken.

Gerrit ·

Die australiese mense betoog en ons doen niks kla net daar was geen optog vandag in sa nie waneer gaan beset ons die polisie stasies, weier om ons belasting opgawes in te gee , waneer het ons genoeg gehad?

hendrik ·

@ Gerrit. Stem saam. voel dieselfde op al jou punte maar die belasting weerhouding is die een wat die beste gaan werk.

Anoniem ·

Ek kan eenvoudig nie verstaan hoe mense dink belasting weerhouding gaan werk nie. Eerstens betaal swart mense ook belasting, maatskappye betaal belasting en individuele blanke mense se belasting bydrae sal nie so groot impak he nie. Tweedens hoe vertel jy vir jou baas jy mag nie belasting van my salaris aftrek nie?! En hoe weerhou ek btw van my inkopies?! Dit is nou rerig onprakties om te se weerhou belasting.

Cherokee ·

Anoniem, juis oor dit wat jy sê en wat ek menige kere uitgespel het, ignoreer ek die Hendrik-tipe kommentare. Ek reageer bloot nie daarop nie en laat dit oor aan mense wat vir hulself kan dink.

Gerhard ·

Die ergste is dat dit meestal emigrante is. Lyk of die enigste verskil tussen die wat bly en die wat gly is dat laasgenoemde iets aan hulle probleme doen.

Blommie ·

Ja Gerrit en Hendrik, dit sal werk wanneer WIT mense kan saamstaan, maar daar is net n handjievol wat dit wel sal doen en die res nie. Ek kan jou n brief gee waanneer jy belasting nie betaal of of de polisie stasie gaan beset sal jy vervolg word en daar sal n PUNT gemaak word van jou en jy sal jou hele gesin verloor en dis wat HULLE weet waar om ons WIT mense die hardste te straf, raak ontsla van die BROODwinner van die gesin en die meeste is magteloos teen die RES en asb dames ek weet daar is oook net soveel vrouens wat die broodwinner is. ek gebruik net n voorbeeld laat hulle nie gaan OPHOU nie. PUNT, dis net jammer dat net BOERE kan vlug, wat van die res want glo my ek sal BESLIS nie tweekeer dink nie. In hierdie geval is die GRAS bAAAIE groener aan die ander KANT as in die HOPELOSE SELFBEHEPDE GRETIGE land met hand in EIE BOESEM!!!!!!

Hanna ·

Dank die Vader vir hierdie flikkering van hoop! Baie dankie mnr Dutton en die 3000 Australianers wat nie skroom om nie “polities korrek” te wees nie. Wonder wat Sisulu nadese gaan kwytraak…

Vlag ·

Ek sal definitief ‘n Australiese vlag moet aanskaf voor dit ook verbied word!

Ben ·

Dankie Australlie!!!, Die waarheid is soos ‘n Kurkprop wat altyd bo sal uitkom. Dankie….

Oujongvrou ·

Gerrit dis nes jy daar sê, hier sit almal op hulle jisse en mor en kla. Nou juig hulle oor ander lande vir hulle opkom. Komaan mense. Begin stakings en optogte en brand bande in paaie ens. Dit werk vir ons landsgenote so hoekom nie vir ons nie. Ons word gesien as slapgatte en bangbroeke wat net alles vat.

Anda le Roux ·

Ek neem aan almal wat opmerk dat ons tot aksie moet oorgaan, nie Christen-gelowiges is nie. Die Here sê tog baie duidelik in Sy woord dat die wraak ons nie toekom nie? Ons krag lê in stilwees en vertroue, sê Hy. Nóú is die tyd vir ware geloof. Ons het ‘n Opperbevelhebber wat hierdie saak namens ons sal veg. Dis nou tyd vir bid en vertrou!!

Michelle ·

Ek beskou myself as Christen gelowig.
Vir my gaan dit nie oor ‘wraak’ nie maar kultuur/nasie behoud asook opstaan teen iets wat nie reg is nie. Oor opstaan teen misdaad oor die algemeen (teenoor wit en swart). My geloof noop my ook om nie niks hieraan te doen. Ek stem saam oor die bid, maar waar is die verantwoordelikheid neem, ek wil bid vir insig oor ‘n oplossing. My geloof beteken nie dat ek net gaan terugsit en en myself nie verdedig as iemand my wil vermoor?

Adrian ·

En wat doen ons ……. sit by ons huise en tv kyk … ander moet vir ons veg — skande

Rita ·

Ek het amper twee jaar daar gebly….ons was nou weer drie weke gelede in Perth …watter wonderlike land …. so skoon en netjie en so veilig…. hier sukkel ek om te slaap …daar het el soos n baba geslaap sonder diefwering… net n stukkie gaas wat jy kan uithaal…
Ek wil terug gaan..,??????????

Corne ·

Rita, sou graag wou weet hoekom julle na 2 jaar in Australia terug gekom het? Daar is so baie wat net 6 maande gegaan het en dan terug keer. Hoekom, is dit dan nie lekker nie, familie kan tog nie belangriker wees as n mens se eie kinders se veiligheid nie. Dit kan tog nie net verlange wees nie. Dit laat my wonder, is dit ooit dan n goeie skuif as so baie gegaan het om net weer terug te kom SA toe.

Tobi de Lange ·

Dit is baie goed dat die buiteland wit boere in Suid Afrika kom help want almal maak die wit boer dood en baie studente en jong boere sit met Cv,s van 23 bladsye maar alles in suid afrika word net gevat en verwoes. EN EK GLO ONS ALMAGTIGE GOD JESUS CHRISTUS KOM ONS RED, ONS KAN GOD LOOF EN PRYS VIR DIE DEURE WAT GOD OOPMAAK.

Johanna Botha ·

Dalk kan hulle oorweeg om sanksies vir sport intestel

Haan ·

Al is ek al een wat agterbly. Bly sal ek bly. Daai Ozzies was maar nog altyd lekker teen die Boere. Noudat hulle n baie kosbare ekonomiese bron uit ons kan kry, nou maak hulle of hulle nog altyd “daar was vir ons”… En bygesê, ek weier om onder die Union Jack te leef

Peet Schabort ·

Dit is so Haan, MAAR gaan kyk by die ingang van Spioenkop waar hierdie hedendaagse vlag pryk saam met die Union Jack. Die Vierkleur hoort daar tesame met tereg die Union Jack. Dit wys mens net wat daar gedink word van ons boeregeskiedenis. Dis nou al ‘n paar jaar gelede wat ek daar was maar ek twyfel of dit verander is.
My oupa was ‘n bittereinder en ek het 50 jaar gelede bevriend geraak met ‘n engelsman wie se oupa aan tommiekant saam met lord Roberts Pretoria binnegery het. So die wiel kan draai en ook ten goede. Die groot vuilgoed was eerder die verraaiers aan boerekant.

Haan ·

Absoluut Peet. Verraad loop dik deur die are van ons geskiedenis. Daarom weier ek om dít – wat manne soos jou oupa, manne van die Rebellie van 1914, manne wat die stryd vierkantig in die oë gekyk het – nul te maak. Die smeltkroes louter voort. Ons gaan nog baie minder word. Maar wie gee om? Ek sal blý vertrou op my God, en ek sal sorg dat ek Sý wapenrusting aan het want die stryd is nie teen vlees en bloed. Raak ek nou skoon meegevoer… Groete!

Chris ·

Ons het weer ‘n swart Maandag nodig. Die wereld word wakker. Ons moet nie gaan slaap nie. Sport moet ook eers geboycott word totdat die moorde ophou. Sport is nie belangrik wanneer jou volk en mense uitvermoor word nie.

DS ·

As hulle dit kan doen hoekom kan ons as suid afrikaners nie ook weer so optog reel en in groter nommers opdaag nie? Maar nee ons ou volkie is elkeen mos vir homself !

Sê maar net ·

Sjoe, maar julle is lelik! Reël ons optogte, dan is dit te Christelik of te dit of te dat. Reël ons niks, dan is dit ook nie reg nie. MENSE, kyk na jou eie hart, wees positief. Glo in God en bemoedig mekaar en die res sal vansself kom. As ons dan vir onsself is, dan is dit nou maar so. Ek sal als in my vermoë doen om my familie te beskerm. En jy DS, sal weer als in jou vermoë doen om die wat naaste aan jou is ook te beskerm. Dis maar menslik. BID en BID weer en hou aan BID tot Hy neerdaal na ons. Dan sal almal se knieë moet buig en ons sal verantwoordelik gehou word vir ons dade en aksies.

Johan ·

Ek staan eerder onder Union Jack as onder die wat nou hier is . Onder Union Jack het jy n Rand v n pond gekry. Wat kry jy nou .Onder Union Jack het almal werk gehad Wit en Swart

Callie ·

Haan, jy is in n droomwereld. Jy sal bly onder n vlag wat staan daarvoor dat wittes uitgeroei word. Vlag wat staan vir plaasmoorde. Vlag wat staan vir n Staatspresident wat dit reguit stel grond in die land moet gevat word vir SY mense. Niks in die land is joune nie maar dis die vlag waaronder jy wil wees. Dis hoekom wittes in die land sal ondergaan. Sal sit en snert praat terwyl hulle in n ander land vir ons opkom. Ergste, ons almal is skuldig aan papbroekigheid

Magdag ·

Ons witmense in SA het eintlik so hartseer lewe, ons het nie n land nie. N mens se land kom vir jou op en beskerm jou, in jou land voel jy welkom en veilig en het jy gelyke regte. Bly ons in SA is ons bywoners in n land wat nie meer ons land is nie, gaan ons Australia toe is ons vreemdelinge, hulle is nie almal buitelanders goed gesind nie, hulle koop nie eers graag ingevoerde produkte nie, gee werk eerste vir hul mense, sal 2 maal dink voordat hulle jou besigheid ondersteun, en jy het n aksent (een met n aksent is ongeletterd volgens hulle), buite dit het jy kwalifikasies van n 3de wereldse land (dit beteken nie veel nie, alhoewel dit beter kwalifikasies is as wat hulle mense kry), so n land wat ons huis noem en tuis voel, gaan ons nooit weer he nie. Ons voorland is om te suffer om te survive of dit nou hier of daar is.

jaco ·

Dis maklik om te sê ons wit mense in SA moet ook optogte hou, staak en so aan. Onthou net dinge is anders hier as in Australië. Die polisie sal op so ‘n optog toeslaan en leiers in hegtenis neem. Regering sal optogte afkraak as rassisties en as ‘n hunkering na die ou dae van wit bevoorregting. Onthou ook wat in Zimbabwe gebeur het: vir 20 jaar het wit mense lekker gelewe daar want hulle het gehou by mugabe se ooreenkoms met hulle: “you stay out of politics and I will take care of you”. Toe Mugabe besef sekere wittes gee groot geld vir die opposisie MDC, het hy amper al die wit mense van Zimbabwe weggejaag. Dieselfde kan maklik in SA gebeur: ‘n paar wit mense doen iets wat nie die regering se goedkeuring wegdra nie en dan word AL die land se wit mense daarvoor gestraf.

Johann ·

Jou skrywe het meriete. Maar kom ons wees eerlik. Op dié stadium sal die regering ENIGE poging van blanke opposisie om hul stem dik te maak as “rassisties” uitkryt. Hul modus operandi is om ons te diskrediteer met rasse-retoriek. Om onpartydig te wees gaan jou niks help. Jy het dus twee opsies: 1). Jy sit agteroor uit vrees vir vervolging, doen niks, en jou regte word verder vertrap, of 2). Jy groei ‘n rugraat en staan op vir jou regte. Ek wens mense se oogklappe wil afval dat hul kan wakkerskrik en besef dat minderheidsgroepe (waarvan daar ‘n paar is) gaan moet baklei vir hul voortbestaan in SA. Dit gaan nie vanself in ons skote val. Staan op en wees getel liewe mens.

Barnie Barnard ·

Wat n wonderlike ervaring was dit om mee te loop! Wil nogal oujongvrou ondersteun.
Mag n organisasie soos Afriforum die goed gesindheid wat hier tans ervaar word gebruik om n eie gebied te beding vir ons mense wat in SA volgens eie standaarde veilig kan wees en n toekoms kan skep vir die volgende geslag.
Baie dankie Perth en sy mense vir n puik ervaring. (Hulle kon Sarie Marais saam sing)

Andrea ·

Dankie dat julle doen wat jul kan. Daars Suid-Afrikaners oorsee wat voel dié wat nie ge-emigreer het nie, moet maar vir ons kry. Húl het die sprong gemaak, húl is nou ok. Ons wat nie kon weggaan nie, moet nou maar die “music face”.

Ancle D ·

Ek is in SA geborê en sal hier sterf. Ons Afrikaners is te gemaklik. Ons het gewoond geraak aan” fast “alles, almal moet altyd eerste ‘n ding begin en selfs dan is ons te gemaklik om dit selfs by te woon of te ondersteun. Vergeet van die buiteland, vergeet van optogte. Ons het net een hulp en Hy is onse Vader ons verlosser en saligmaker. Ons moet Sy aangesig soek en Hy en net Hy sal die redding gee. Soos Hy alreeds aan die kruis gedoen het. SA keer terug na jul God en bid sonder ophou.

@reguit ·

@reguit, ja ons is dankbaar dat Australie Suid afrikaners wil help om vinniger te emigreer, dit is awesome vir die mense wat die geld ens. het om te emigreer, Maar logies is dit onmoontlik om vir elke blanke om te emigreer, wat word van die mense wat agter bly?, of is die opsie net beskore vir die mense wat geld het, ek stem, die land behoort ook aan die blankes, hoekom moet ons pad gee?, dus moet die oplossing vir S.A, binne in S.A gevind word.

Reguit ·

Ja natuurlik, dis verstaanbaar dat “die oplossing gevind moet word” vir diegene wat in SA agter bly, maar die harde waarheid is dat daar geen oplossing is nie, en daar sal ook nie een wees nie. SA is reguit op pad in een rigting en dit is na onder, en almal weet dit. So, die uiteinde vir die minderheid wat agter bly is nie goed nie – maak nie saak hóé mense dit met heuning wil smeer nie.

rollie ·

Gerhard, het JY al oorsee gewoon? Ek het al in die VK, Kanada en Australie gewoon, maar droom jy maar verder.

Lance ·

Dit sal vir my voel of ek terug gekeer na my moederland,kan weer my taal praat my volkslied sing,my weer kan uitleef in krieket en rugby,hoef nie bang te wees vir die donker nie of om hospitaal toe te gaan nie.Praat nie eers van die munisipaliteite se dienslewering nie.Ek dink baie van ons is by daardie punt van moet ek of moet ek nie.

rollie ·

Jy gaan ‘n moewiese verrassing kry as jy ooit emigreer. Jy sal ALTYD soos ‘n vreemdeling in ‘n ander land voel. Glo my, ek weet.

Gerhard ·

Ag asseblief. Jy sal minder ‘n vreemdeling in Australie wees as in die gemors wat Suid-Afrika vandag is.

Paaiboelie van die Stormkaap ·

Ek vir een wil nie Oz toe gaan nie, maar wil graag die gemoedsrus he^ daar’s ‘n moontlikheid daarheen wanneer die vrug die waaier hier tref. Of dat Oz ons van wapens en internasionale ondersteuning sal voorsien wanneer dit sou nodig wees om ons behoud en erfenis hier te moet beskerm.

Jacqui ·

Dankie aan elke persoon daar buite wat opstaan vir die Afrikaner. Ek voel diep geraak hierdeur

Selfbeskikking ·

Ek dink die enigste oplossing vir Afrikaners is selfbeskiking met ‘n eie republiek in SA wat bv die Wes-en Noordkaap insluit. Of anders moet al die SA blankes envoudig Namibie inval en dan’s die blankes onmiddelik daar in die meerderheid.

Dit sal egter baie opoffering verg want ons is mos maar ‘n ou gemaklike volkie.

Gerhard ·

Die tyd daarvoor raak vinnig op. As die Afrikaner leierskap nie vinnig antwoorde kry daarvoor nie moet hulle maar weet mense gaan in hulle duisende trek. Ek dink ook daar is groter kans dat mense wat nie kwalifiseer om te emigreer op gewone visas nie in die toekoms moontlik op spesiale visas ingelaat sal word in sekere lande. SA is oppad Zim toe, daar is geen twyfel meer nie.

Christo ·

Gaan lees bietjie die ‘comment section’ van die australiese web blaaie. Die gemiddelde Australieër gee nie om oor die mense hier nie (en hoekom sou hulle?) hulle is reeds bekommerd oor hul eie hoë immegrasie syfers na Australia. Hulle is Suid Afrikaaners niks skuldig nie. Die comment wat ek gesien het wat dit die beste opsom op ABC news was “Why can’t they just move back to the European countries of their ancestors, why must they come here?” Ons Afrikaaners is nie so spesiaal in die groter prentjie van n planeet met 7.2biljoen mense soos ons dink nie :-/

@ CHRISTO ·

Die SIRIERS is ook niks spesiaals nie, tog verwelkom al die lande hulle al gaan plak hulle oral en leef van die land se ‘grants’. .. vreemd dat ons Afrikaners so onbelangrik is maar nie Somaliers en Siriers wat in tente gaan bly in ander lande (Australie ingesluit) nie .. tog te snaaks! Wonder maar net of alle AUSTRALIERS oorspronklik van AUSTRALIE is, as ek mooi verstaan het meeste van hulle ook maar daar met skepe aangekom uit ander lande .. dan moet ALMAL maar teruggaan na die plek van oorsprong dan nie??

Spekkie ·

Ek kan nie help om te glimlag dat ons terug moet gaan na die lande in Europa vanwaar ons gekom het nie. Ons familie se DNA is gedoen! Niemand in SA is meer spierwit nie! Watter land sal ons kies van Engeland, Frankryk, Holland, Duitsland, Italië, Ierland, Skandinviese Eilande, oral oor Afrika, Suider-Afrika, ‘Native American’, Indië, die Ooste??? Jaaaa…….die hele wêreld is amper in my DNA….behalwe Rusland (phew!?)

Gerhard ·

Beste Spekie. Omtrent niemand in Europa is spierwit nie, was nie eers so gewees in die tyd toe hulle begin om oor die wereld te migreer nie. Dit daar gelaat, dit beteken nie jy het nie ‘n reg om te se jy is ‘n Europeer as jy nie 100% wit is nie. As dit so was sou amper geen swartman in SA kon se hy is ‘n Afrikaan nie.

Eish ·

Wonderlike nuus. Mag dit spoedig in sanksies vergestalt. Aangesien ons stem stilgemaak word in die helhool, mag die veldtog om die buiteland voorbrand te maak, van krag tot krag gaan.

LHS ·

Hoeveel mense sal Australia kan help, n paar duisend miskien en dan die res? Nee wat, dit is nie n uitkoms nie. Enigste oplossing is ingryping deur die VVO of n wereldmoondheid wat direk militer betrokke sou raak.

Henk Brand ·

Dit is dalk nie die ideale uitkoms nie, maar kan dalk wyer uitkring na Australia se betrokkenheid. Die VVO is deeglik bewus wat in SA aangaan, maar wat het hulle tot dusver gedoen? Onder apartheid was hulle lankal betrokke, so moenie jou hoop op hulle sit nie.

Erika ·

Ek stem LHS, Suid Afrikaners dink jy kry maklik werk in Australie, daar is werkloosheid in Australie ook, hulle sal nie baie Suid Afrikaners kan help nie, anders sit hul met n groot probleem. Daar is juis n klomp mense wat die staat lam le omdat hulle nie werk het nie, wat nog te se as hulle mense van ander lande oortrek wat nie dadelik werk kry of het nie. Waar gaan almal werk kry. Immigrasie is nie maklik nie, nou moet jy nog in n vreemde land sit en kripeer. Dit bring weer nuwe probleme, veral as mens nie meer jonk is nie en al jou geldjies vir jou oudag moet gebruik vir die groot skuif.

J maritz ·

Ek , as n mamma is gelukkig genoeg om tans in die DRC( kongo) te bly……. so my gesin is veilig!!!

Ek sal enige plek heen gaan waar ek weet my kinders is veilig en het n toekoms!

Natuurlik wil ons almal in ons mooie land bly, maar dit word ongelukkig weg gevat van ons!

Ek sal baklei, maar ek sal baklei vir my man en my kinders!!!!!

Dis hartseer, en ek glo nogsteeds dat my God sal intree!!! Ek moet ook besluite neem as my kinders se mamma, wat vir Hulle die beste sal wees!!

Dankie Australië……….

Valerie ·

Australië doen meer oor die toestand as SA. Dit sê alles. Iemand het gesê Afrika is nie vir sissies nie, rubbish. Afrika is nie vir beskaafde mense van enige kleur nie. En daar is niks rassisties oor daai stelling nie.

Bots bo! ·

Ag nee wat, immigreer Botswana toe – Bots het ál die voordele van Australië, én jy is steeds in Afrika….

Wonder ·

Bots bo, ek het ook daai gedagte gekry om na Botswana te gaan. Sal hulle ons pragtige volwasse mense, bo 60, ook neem. Ons kan nog ‘n hond uit ‘n bos werk.

Bots bo! ·

Ons bly veilig, gelukkig en met geen rassisme nie, in hierdie pragtige land – wat ń voorreg om in Bots te bly! Die Batswana (mense wat hier woon) is vriendelik en gemaklik met alle mense. Doen aansoek vir permitte – wat kan jy verloor…?

CH ·

My seun en sy gesin woon in Australië. Dankie die Here. Hulle is veilig, gelukkig en dit gaan baie goed met hulle daar.

Tone ·

Ek is nou al 10 jaar hier in Aus nog steeds verlang ek (kom elke jaar terug vir vakansie) al my familie/vriende is nog steeds in SA. Ek my vrou en seun was ook gister by die optog en ek kan se (soos verwag) niemand het barbaars opgetree nie. Wat SA se regering nie besef nie is dat ons hier (en in ander lande) hard werk en invloed begin he en die mense (in hoe plekke) hier kan vertel wat regtig daar oorkant gebeur.
Ek dink ons almal moet begin om SA sport (en ons is lief vir die BOKKE) soos Super 14, Springbok rugby, krieket en enige SA regering gesteunde instansie (soos SAA) nie meer te ondersteun nie, nie eers kyk op TV nie. Dan sal hulle sien wie die geld in bring. Die tyd het aangebreek om te doen wat hulle destyds met ons gedoen het gebruik ander lande om druk te plaas. Dit mag miskien nie baie wees nie maar elke bietjie help.

Francois ·

Dankie vir wat julle mense doen daaikant Tone – dit word opreg wardeer!

Sue ·

Ek stel voor ons Suid Afrikaners moet ook ons optogte begin hou. Dit help veel as ander lande dit doen en ons sit handjies gevou.

Gerrit ek stem saam met jou. Kom Suid Afrika staan saam dat ons wys wat in ons steek ook en dat ons bereid is om op te staan vir wat ons sin is.

christa ·

Mooi so , wel gedaan, Waar is Sisulu nou, sal graag nou haar storie wil hoor

aggenee ·

Dis goed en wel, maar waar is hierdie 3000 mense. Almal weggehol

Gerhard ·

Hulle het nerens heen gehol nie. Sekere mense is doeners en doen iets omtrent hulle probleme. Kyk wie moet optogte hou vir die agterblyers se probleme. Wees eerder dankbaar.

DJH ·

Kyk n’ bietjie wat in Afrika aangaan, bv. in lande soos Uganda, dan sal jy sien wat ons voorland is hier in SA…………….Bio-Piracy in Uganda, Uganda mere word aan Beleggers uitverhuur en die plaaslike bevolking kan nie meer eers in hulle eie mere gaan visvang nie….iets wat hulle al eeue doen……….wins word uitgedeel aan staatsamptenare en gaan nie eers in die staatskas in nie; Bongonie meer in Kenya

ek sê maar ·

Vestig wel die aandag op ons probleem maar sien nie hoe dit verder gaan help nie. ANC vee hulle af daar aan

Casper Labuschagne ·

Dankie Australië! Die wêreld is nie blind nie. Let op dat nie een ou SA vlag in die fotos sigbaar is nie, maar dit is verseker nie hoe die hoofstroom media hieroor sal berig gee nie, hulle het hul eie agenda wat hulle slaafs sal volg.

Nita ·

Ek kan nerens elders gaan woon nie, maar baie dankie Australie. Dis wonderlik om te weet dat daar darem EEN ander land is, wat hulle steur aan wat hier gebeur.

DANKIE ·

TEN MINSTE DOEN HULLE IETS. Maak nie saak wat hulle verlede is en wat en wie hulle is nie, maar hulle en Belgie is van die min lande wat bereid is om optogte teen blanke moorde in SA te hou. Die res bly net stil of sê ons kla verniet, dat daar maar ‘oral misdaad’ is, gelukkig het hulle gesien dit is nie net gewone misdaad nie, die mishandeling van die ou mense en die wreedheid waarmee hierdie moorde gepaard gaan en die feit dat dit spesifiek in die boere-gemeenskap so toegeneem het maak dit beslis ANDERS as ander misdaad. JA daar word blankes in dorpe en stede ook doodgemaak en gemartel, en natuurlik moet hulle ook ingesluit word by die aanbod om in ander lande ‘n heenkome te soek. EK voel net MEER lande moet inkoop, maar die feit dat AUSTRALIE bereid is om dit te doen beteken die res van die wereld sien dit ook raak. Dis soos om te se daar is NIE ‘n oorlog in Sirie nie as jy ontken dat daar ‘n ongelooflike groot TOENAME in aanvalle op spesifiek blankes in SA die afgelope jare was en veral die haatspraak en slogans en vertoonborde wat oral geswaai word terwyl NIEMAND vervolg word nie maak dit beslis ‘n meer georkestreerde aksie as ‘gewone geweld’.

Lee ·

Dit is wat ek ook nou wil weet.. wat van ons mense wat nie KAN oorgaan nie.
Moet ons maar nou net hier bly en wag om uitgemoor te word??

Chris ·

As alle Afrikaners na Namibië toe trek is die blankes die meerderheid en Afrikaans die hooftaal. Namibië het maar net twee miljoen mense. En daar is ‘n klein Duitse minderheid wat goed by die Afrikaners pas. Hulle is konserwatief, hou van bier en hulle werk hard. Tipies Duits.

Kuiergas ·

Ek en my gesin sit nou op die lughawe om terug te vlieg SA toe. Ons het vir vriende kom kuier wat al 12 jaar hier is. Toe ons land het ons al by hulle gehoor van die optog/betoging (noem dit wat jy wil). En dadelik besluit ons gaan ook. Ek het nie deel geneem om emigrasie te bespoedig nie, maar eerder vir die bewusmaking van wat in SA aangaan. Hoe meer mense om die wêreld bewus word van wat in SA aangaan, hoe groter is die kans dat die wêreld gaan begin standpunt in neem teen die ANC regering. Net soos hulle destyds teen die apartheids regering standpunt ingeneem het.

Henk ·

DANKIE ons wardeer dit. Hoop lande soos Amrika kan ook bietjie bykom!!!

humor ·

Ek was nou pas drie weke in SA en het n goeie beeld van die moderne Suid Afrikaner gekry. Ek is geensins verbaas dat die oorgroter mederheid kommentare meld dat daar emigreer moet word nie. Die Afrikaners hier beskou SA ook as hulle land. Ons behoort tot dieselfde volk. n Blote grens hef nie ons volksverband op nie. Ek is n christen wat weet waaroor dit gaan. Die behoud van die Afrikaner is n Godsbsef maar ook met n polsende volksbesef. Ek neem ongelukkig waar dit is die groot probleem. Dit ontbreek in die massa meerderheid in SA. Nie die regring is die grootste probleem nie, Die massa Afrikaners word verswelg in hul gejaag na materialisme en sintetiese soort van christenskap. Ons bly hier al moet ons soos in ons geskiedenis ons bloed offer.

Colleen ·

Sanksies van alle vastelande teen SA sal dalk iemand hier laat wakker skrik en sien dat die boere die nasie wat hul wil uitmoor voer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.