Foto’s: Baba sterf, 10 beseer in botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n Baba is dood en tien mense is beseer na ‘n botsing tussen ‘n minibustaxi en ‘n motor in Silversands in Kaapstad.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die botsing het Sondagaand in Hindleweg plaasgevind. Majija sê die baba se lykie is in die motor aangetref.

Sy sê drie mense was in die taxi vasgekeer en moes met meganiese toerusting uit die wrak bevry word. Die taxi het aan die brand geslaan maar brandbestryders kon daarin slaag om die brand vinnig onder beheer te bring.

Majija sê vier mense is kritiek beseer. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Tygerburg-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.