[Foto’s] Bejaarde man, trokbestuurder sterf in botsing

Die vragmotor wat teen die brug gebots het. Foto: Rescue Care.

Die vragmotor wat teen die brug gebots het. Foto: Rescue Care.

Twee mans is Dinsdag dood in ʼn kettingbotsing op die M7 in Durban.

Garrith Jamieson, operasionele direkteur van Rescue Care, het gesê die gru-botsing het omstreeks 11:15 op die M7-Oos by die kruising onder ‘n brug by die N2-wisselaar plaasgevind.

“ʼn Swaarvoertuig het teen twee voertuie en nog ʼn swaarvoertuig gebots, voordat die bestuurder beheer verloor en teen die brug gebots het,” het Jamieson gesê.

Die bestuurder van die vragmotor en ʼn bestuurder van een van die voertuie, ʼn 83-jarige man, was in die wrakke vasgekeer.

“Beamptes van Durban se brandweer en die Durban-polisie se reddingseenheid en verskeie nooddienste het hulle na die toneel gehaas. Die bejaarde man is gou uit die voertuig gesny en het ʼn skielike hartstilstand gehad. Rescue Care het tevergeefs probeer om hom by te bring en ná ʼn poging van 30 minute is hy op die toneel dood verklaar.”

Die vragmotorbestuurder is ook op die toneel dood verklaar.

“Die ander vragmotor se bestuurder het geringe beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

Die volgende foto’s is deur Netcare 911 verskaf:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Landie ·

Trokke, trokke, trokke, trokke, hoef ek meer te sê!!!!!!!!!!!!!!!!!

petro ·

Ek glo as daar minder of glad nie trokke op die paaie is nie, sal daar minder ongelukke wees, nie eers te praat van taxis nie?

Jan ·

Petro, dit is dalk so, maar jy sal ook nie by ‘n winkel kan instap en iets koop nie of brandstof ingooi nie, want meeste van die goed wat jy in jou lewe het, is met trokke tot in jou dorp gebring.

Johnnie ·

Landie n mens weet wie die trok bestuurder was daarom se ek niks verder seker maar die lisensie gekoop.

SNEL ·

Moet die trokke se spoed nie verminder word nie, 80 klink vir my reg, dis mos n groot ding en natuurlik moet daar strenger opgetree word om seker te maak die goed is padwaardig en dat die bestuurder die nodige “liksens” het. Hierdie is n vreeslike ongeluk, ek dink die skok was te erg vir die oom van 83, ek kom agter, hoe ouer mens word hoe erger vat mens goed en so iets is n vreeslike skok vir n mens al is jy ook bloedjonk. Dis baie hartseer dat hy nou op so manier moes sterf as hy so n wonderlike hoë ouderdom bereik het.

monique ·

Jan….. ek het net een woord vir jou. DINK. dink voor jy praat. ja kos is ons lewe, maar daar is baie ander logistieke oplossings daarvoor- ek se eerder 1 baan SLEGS vir trokke.
ek het albei my ouers in 12 verloor tydens n gru ongeluk met n trok. Trokke het 80, Party 100km/h plakkers op, maar ek het in my lewe nog NOOIT n trok gesien wat hou by dit of die meeste van die pad reels nie. die een will vinniger verby as die ander, en dit altyd teen n opdraand. hulle sit sumier net die vlikker aan (AS hulle hom gebruik) en wissel van bane.

Christie Joubert ·

Ons het al die jare treine gebruik om goedere te vervoer. Ons paaie het in stand gebly. Drywers van trokke word ook baie keer gedruk om baie langer agter die stuur te wees as wat die wet vereis. BRING GOEDERE TREINE TERUG!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.