Foto’s: Bejaarde vrou jaag met motor in apteek in

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mense is beseer nadat ʼn bejaarde vrou met haar motor deur ʼn glasvenster gebars en binne ʼn apteek in Durban, KwaZulu-Natal, tot stilstand gekom het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê die bestuurder het geringe beserings opgedoen. Sy is op die toneel behandel voordat paramedici haar na ʼn nabygeleë hospitaal geneem het vir verdere behandeling.

Volgens Van Reenen beweer die vrou die versnellerpedaal het vasgehaak terwyl sy probeer parkeer het waarna sy beheer oor die motor verloor het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê twee mense wat in die apteek was, het beserings tydens die ongeluk opgedoen. Hulle is ook op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

THERESA R ·

Hahahahaha, Peet! Skerp! Jy’t my nou lekker laat lag. Dankie.

scalla ·

Terwyl die antie in die drive thrue apteek is moet sy van daai klein rooi pilletjies vir haar kry, mens noem dit rigtingspilletjies.

Sollie ·

Scalla , gee ons die NAAM, daar is baie meer mense wat dit nodig het, dat ons hulle kan laat weet. Ek dink aan bv Zuma, Malema….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.