[Foto’s] Bekende kremetart val om

Die grootste kremetartboom het omgeval (Foto: Sunland Baobab, Facebook)

Die bekende kremetart in Modjadjiskloof (Duiwelskloof) in Limpopo, het omgeval.

Die boom, wat bekend gestaan het as die grootste kremetart in die wêreld het Donderdagoggend omstreeks 04:00 omgeval, het Doug en Heather van Heerden van Big Baobab bevestig.

“Ons sou nooit kon dink dat hierdie groot reus, wat al hierdie jare lank so stewig bly staan het, so tragies kon breek nie.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Deur middel van koolstofdatering is daar in een studie bepaal dat die boom nagenoeg 1 060 jaar oud is (plus of minus 75 jaar). Ander studies het egter voorgestel dat die boom selfs ouer kan wees.

Sunland Baobab se omtrek was 46,8 meter en dit het selfs ʼn kroeg aan die binnekant gehad. Toeriste van oor die wêreld heen het die boom kom besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

ai dis so hartseer het in tshikondeni gewoon sulke mooi bome xxx

Nico ·

Wonder of die bogemiddelde reënval ‘n rol gespeel het. Ek neem aan hulle het ook meer reën as gewoonlik gehad.

Renier Lubbe ·

Ek verstaan wraggies nie

“… is daar in een studie bepaal dat die boom nagenoeg 1 060 jaar oud is (plus of minus 75 jaar.)”

1060 vs 75

Pops ·

Ek vermoed hulle bedoel dalk dit kan of 75 jaar ouer as 1060 wees of 75 jaar jonger as 1060 jaar.. daarom se hulle plus of minus 75 jaar..

Max Boulogne ·

Die 75 jaar dui ‘n variansie aan, òf 75 jaar meer as 1060 jaar òf 75 jaar minder as 1060 jaat.

Sune van Heerden ·

Dagsê Renier

Omdat koolstofgradering slegs ‘n geraamde tydperk kan bied, het die een studie bepaal die boom was nagenoeg 1 060 jaar oud. Dit is moontlik dat die boom ook 75 jaar jonger of 75 jaar ouer as 1060 jaar oud kon wees. Die studie het dus bepaal die boom is waarskynlik tussen 985 en 1 135 jaar oud.

Ons vra om verskoning vir die verwarring.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Henriëtte ·

Die studies kan nie presies sê hoe oud die kremetart was nie, dus kan jy 75jaar by 1060 jaar voeg of aftrek

Cherokee ·

Om ‘n kroeg in die stam te bou is tog om die groei en sterkte te vertraag. Ek is geen plantkundige maar logika sê dat dit nie behoort gedoen te wees nie.

Santjie ·

Wel as dit uitgehol was vir ‘n kroeghool is dit geen wonder dit het omgeval nie.

sylvia ·

Cherokee en Santjie. Die boom het ‘n natuurlike gat in die stam gehad. Niemand het hom uitgehol om ‘n hool te maak nie. Daar was outydse lampe en goed binne met ‘n kroeg toonbank. Was baie mooi binne.

Cherokee ·

Sylvia, let op dat my kommentaar nie aanvallend was maar spekulerend. Dankie vir die verduideliking.

Justice ·

Op Ombulantu Ovamboland was daar in die destydse militere basis `n pragtige reuse kremetart wat ook `n natuurlike holte gehad het wat as `n klein kerkie gebruik was.

Lente ·

Ek het nou op google ingegaan en op n berig afgekom dat die boom op 30 Augustus 2016 16:00 omgeval het. Die berig was geplaas deur “WEG” Nou verstaan ek nie. ???

Se net.... ·

Die boom het gekraak en n stuk afgebreuk in Augustus 2016
En het nou heeltemal om geval

willie ·

plus minus 75 beteken tolleransie van ouer of jonger jare. so jammer dit was ook maar net sy tyd gewees, ek glo die holte in sy stam was met verantwoordelikheid aangewend! hartseer

Ramkat ·

Suné. Daar was geen verwarring met stelling van die uderdom van die boom nie.
Die plus of min is erkende terme in vakterminolohie.
“Verwarring” dui alleenlik op gebrek aan kennis van algemene vakterminologie.

Ada ·

Jip Niel jy is reg. N Reus het omgeval…Dit kan nie iets goeds beteken nie.

Daan ·

Die kroeg het baie mense laat omval,en nou die boom ook.Eintlik goed die kroeg is daarmee heen (Good riddance),net jammer vir die boom.

John ·

?.. Voorbode? Was nie op dieselfde tydstip toe die Pentagon die +-15 jaar oue Moab-bommetjie gaan leegmaak het oor die VSA se eie destyds skuilings in Afghanistan nie en selfs deur die grondmassas kon sien hoeveel mense gedood is nie? Die’ mega-magtige VSA wat nou onder trUmp Sirie, Rusland, Noord-Korea en Sjina in die Sjinese See (en elders waar nodig) sommer gelyktydiglik gaan vasvat nie? Ja-nee… ‘the ruler of the world, Big Brother, is big, but with a big, big flaw down under…’

Mariana ·

In Ovamboland was ook een, natuurlik uitgehol, baie jare terug. Was glo gebruik as tronk op n stadium en ook poskantoor. Kan iemand asb sê of hy nog staan?

Chaparel ·

Na al die ellende wat in SA aangaan dink ek die boom het sigself dood geskrik.
In die 1060 jaar het die boom alles in die lewe gesien maar die afgelope 20 jaar was die druppel die emmer laat oorloop.

Scalla ·

Ek het al gehoor van n boer wat sy plaas onder sy watsenaam uitgedrink het, die boom is n nuwe een, seker nou hoog in die takke

Nel ·

Mariana die boom waarna jy verwys is die Ombalantu baobab boom, geleë in Outapi in die noorde van Owamboland.

Nel ·

Ja Mariana die Ombalantu baobab staan nog. Let wel dis nie ‘n kremetart nie.

Justice ·

Ina jy is reg – dit is dieselfde boom – kremetart is die Afrikaans vir boabab.

martin ·

e voel of daar n groot persoonlikheid dood is baie jammer daaroor en vir ons land.

Marli ·

Dit was slegs ‘n tak wat afgebreek het in augustus vab 2016, hy het nou blykbaar totaal omgeval

Santie ·

Helene, glo dit of nie, maar daar is mense wat nie drank gebruik nie. Ek is een van hulle en trots daarop!

Johnny ·

Rommelstatus vir die boom. Nou gaan Noord Transvaal braai…. genoeg hout.

Gerrie Scheepers ·

So as ons nou sukkel om ‘n boom se oudedom te bepaal hoe de duiwel kan hulle se iets is miljoene jare oud . miskien is die evolusie teorie n gemors. en ja ek stem saam met een van die vorige kommentare jammer vir die boom good rithens die kroeg is weg.

Christien ·

Almal wat n eier wil lê en nog nie eers by Sunland was nie. Eienaardig genoeg… Die ‘kroeg’ is nie beskadig in hierdie keer se omval nie. Op die tweede foto in die berig is daar so donker kol regs op die boomstam, dis die klein ingang na n toonbank, en paar sit-plankies binne in. En daardie gedeelte vd boon staan nog. Daar is nie eens alkohol te sien of te koop binne daardie holte nie. Is al die hoog heiliges nou tevrede?

vermeende ·

Ai tog, niks bly in hierdie lewe vir altyd nie.
Daar is n rede hoekom hierdie bome uitgehol was/word, water! As die ouderdom reg is dan kon die “natuurlike” gat in die boom die handewerk van Boesmans gewees het vir oorlewing. Eintlik is dit nie tragies nie maar net die verloop van die lewe en n interesante geskiedenis.

huggy bear ·

Ag mensig ons. Om n stokery (van alkohol produkte) , n dankwinkel of n kroeg te besit en te bedryf is tog op sigself geen sonde nie.
Dit is die onverantwoordelike gebruik van die produkte wat daar te kry is wat Sondag gevolge het.
By Christelike kerke word gereeld wyn gebruk as n geloofsdaad. Tog seer sekerlik is DIT nie sondig of verwerplik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.