Foto’s: ‘Besetters’ dreig om dorp tot stilstand te bring

Inwoners buite die hof. Foto: ANA.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Donderdag ʼn aansoek om ʼn uitsettingsbevel om beweerde onwettige besetters van ʼn stuk grond wat in private besit is te laat verwyder, uitgestel.

Die saak teen die gemeenskapslede van Khayamandi in Stellenbosch naby Kaapstad sal weer 6 November hervat.

Inwoners het weereens in hul honderde by die hof opgedaag om te betoog teen hul uitsetting van die grond wat hulle die afgelope paar maande glo onwettig beset het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn Stellenbosse wynplaaseienaar het hom weer tot die hof gewend aangesien talle strukture wat vroeër van Watergang verwyder is, weer opgerig is.

Watergang, ʼn stuk grond wat in ʼn familietrust is en die Louiesenhof-wynlandgoed insluit, is glo vanaf vroeg Augustus tot vandeesmaand beset deur gemeenskapslede ondanks voortslepende onderhandelinge tussen die munisipaliteit en die eienaars vir die koop van die grond.

Inwoners buite die hof. Foto: ANA.

Zola Ndalasi, ʼn gemeenskapsleier van Khayamandi, het gesê die prokureur wat die inwoners verteenwoordig, het die hof gevra om die saak uit te stel aangesien hy nog besig is om alle relevante papierwerk voor te berei.

“Die regter het gesê teen 6 November behoort die munisipaliteit ʼn gevolgtrekking oor die saak te bereik. Die regter het gesê die munisipaliteit moet die grond koop en die munisipaliteit sê hy kan nie bekostig om die grond aan te koop nie. Die regter het toe die munisipaliteit gevra hoekom hy nie sommige van die grond wat hy besit vir die eienaar van die betrokke stuk grond kan gee nie in ʼn tipe ruiltransaksie sodat die kwessie vinnig opgelos word,” het Ndalasi gesê.

Ndalasi sê die munisipaliteit beweer nou dit het reeds planne vir die bou van nuwe ontwikkelinge vir die mense wat op die lys was voor hulle met al die grond onder munisipale beheer.

Ndalasi het gesê hulle as gemeenskapsleiers is van plan om nog ʼn vergadering met die munisipaliteit te reël in die hoop dat hulle ʼn oplossing kan vind. Hy hét egter gewaarsku as geen ooreenkoms bereik word nie, sal Khayamandi-inwoners die hele Stellenbosch-omgewing volgende week tot stilstand bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Petro ·

het die lot die reg om te skree? is hul amal wettige SUID AFRIKANERS?

Saartjie ·

Ek vermoed hulle is almal Suid-Afrikaners. Die Zimbabwiërs en Malawiërs is besig om die werk te doen terwyl die plaaslike mense betoog.

Koos wk ·

Wil hulle boer op daai grond of plak??? Daai klomp lyk of hulle net wil plak!!! N skande!!!

christa ·

waarheid ek stem saam met jou. Die persone was blind om deur hulle te sien. Ek wat ‘n leek is kon dit sien.

Swannie ·

Hulle wil ook nie. Dis te lekker – We demand !…. en dan kry hulle.
Regstelsel faal ook geheel en al. Dit kos die boer al `n helse klomp geld om die plakkers te verwyder en niks verander eintlik nie. Hulle kom net weer terug.

Prisclla ·

Dis nou nie juis goedkoop om die “banners” wat hulle vertoon, te laat druk nie, word seker deur die cANCer “gesponser” met ons belasting.

Fryingfrog ·

Ek kyk so na die gesigte en die houding en ek weet instinktief: dis nie mense van die Kaap nie. Waar kom hierdie mense vandaan? Hoe gebeur dit dat ‘n mens sommer net op ‘ dag besluit jy gaan trek en dan land jy in die Wes-Kaap by voorkeur en begin dáár jou eise stel. In ‘n beskaafde land kry jy eers ‘n werk voordat jy van standplaas verander. Ek stem saam met Petro: stel vas waar hulle vandaan kom en behandel hulle dienooreenkomstig.

Hannelie ·

Die boer, wat nie lui is vir werk nie, het sy hande stompies gewerk om die grond te bewerk tot sy volle reg. En dat kom hierdie mense en “demand”, om als net weer te vernietig? Eish ons land is nie op ‘n lekker plek nie.

Anoniem ·

Te lekker ne demand en dan kry hulle. Wat demand ons?? Jou baas sal se daars di deur jy weet hoe om dit te gebruik ipv di so called goverment se dishoe dit sal wees en klaar nou word gese ons sal virjulle gee. Wonder ook hoeveel is SAners nou was julle kastig van plan om di grond vroeer te ontwikkel ontwikkel in wat?? Nog n nedersetting wat weer gaan lei tot demands en n never ending storie gaan net aan en aan en……
..

Alida 2 ·

Met Saartjie se stelling wil ek saamstem.
Verder:
As die mense die grond koop en vir dienste betaal soos meeste vn ons sal die munisipaliteit geld hê. Maar in die sisteem van ‘KRY” en “VERNIET” en “WIL HE” is niks volhoubaar nie.

Sean ·

As daai manne met hulle hammertjies werk soek Ek kan hulle help ek dink hulle dink dit gaan ons manne met die groot ysters intimideer Sies dink weer

savador ·

n paar kanne petrol sal goedkoper as die prokureurs wees.

Hoe nou....... ·

Ek wou al hoeka op n wynplaas gaan bly…..Ek gaan ook Kaap toe om te demand. Ek deps Nederburg Wynplaas ouens – en Spier landgoed vir my vroukie!

Fanie ·

Hierdie is baie erg, as wetteloosheid deur die hof of owerhede ‘gewettig’ of ‘beloon’ word met ander grond en huise. Die hof het nie veel ander keuses nie, omdat die groeiende migrasie se politieke gevolge als oordonder. Die een positiewe gevolg is dat die ‘Europese eiland’ van Stellenbosch ons hier in die noorde baie beter begin verstaan. Dis probleme waarmee ons hier al sedert die tagtigers sit.

Penellope Jones ·

Snaaks dat hulle nie ‘n slag betoog teen oorbevolking wat indirek ‘n oorsaak kan wees vir behuisingstekorte. . . . .

SJ ·

Dis snaaks hoe een van die mees vanselfsprekende bydraende faktore vir baie van hul probleme, naamlik oorbevolking, nooit opkom in hul gedagtes nie. Om die waarheid te sê dit word ook nooit deur die ANC, EFF of enige Afrisentriese party aangespreek nie. Jammer want dis so ‘n logiese probleem wat mens al op skool geleer het en as jy mooi na die somme van SA kyk ‘n tragedie wat nie aangespreek word nie. Maar nou ja as jy ‘n kultuur het waar onmiddelike bevrediging en kortermyn doelwitte baie punte tel is dit makliker om alles op die witman te blameer.

Tanja ·

Penellope Jones jy slaan die spyker op die kop. As jy nie vir jouself kan sorg nie en staat maak op “ek MOET alles verniet kry want jy skuld my” behoort jy ook nie voort te plant nie. Opvoeding begin as mens agter kom jy moet self verantwoordelikheid vat vir jou eie lewe en niemand skuld jou iets nie.

waarheid ·

En ou rammaparra doen niks nie – hy is heel tevrede lyk dit my.
Nog ‘n leuen van hom – hy het mos gese dit gaan nie toegelaat word nie. Groot leuenaar.

HPV ·

Ja want witmense is opbouers, betaal vir hul eiendomme en dienste, en sommer baie van die “demanders” se salarisse ook. Dit is snaaks dat hulle niks te sê as hul salaris deur dieselfde witmense betaal word nie…

bgj van der westhuizen ·

dit is baie warm in die kaap en brand ontstaan so gou dit is tyd dat die ander kleur mense in die suid afrika leer die wit man het niks verniet gekry nie hy moet werk vir wat hy het en dit is nou donders tyd dat hulle ook besef dat hulle moet begin werk vir wat hulle wil he en op hou ales af breuk as hulle nie kan kry nie is soos n klom stout kinders raak groot

Alida ·

Daardie besetters lyk soos Gauteng se gangsters wat met busse aangery is. Die kaapse gangsters is so bietjie meer beskaafd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.