[Foto’s] Besetters ‘vat vir hul erwe’ in Modimolle

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die polisie is op die toneel waar besetters tans vir hulself erwe op munisipale en private grond langs die R101 by Modimolle (Nylstroom) in Limpopo uitmeet.

Maroela Media verneem die besetting is deur die EFF geïnisieer, maar word glo deur die ANC ook ondersteun.

Jaco Vosloo, ʼn boer in die gebied, het ʼn saak van betreding by die polisie aangegee nadat die besetters die heining na sy plaas afgebreek en glo begin het om erwe op sy plaas uit te meet.

“Ek het gesien hoe die besetters gister [Donderdag] hier opdaag en begin om vir hulle grond op die munisipale grond langs my plaas uit te meet. Hulle meet sulke 10 x 10 m-stukke uit, plant vier paaltjies om dit aan te dui en begin dan die grond ontbos en skoonmaak,” het Vosloo aan Maroela Media gesê.

“Toe ek weer sien, het hulle die heinings geknip en op my grond ook begin stukke grond uitmerk. Ek is vroeg vanoggend polisiestasie toe om ʼn saak aan te gee.”

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Volgens Vosloo het hy met sy terugkeer na die plaas die besetters genader en hulle gevra of hulle weet dat hulle op private grond is en dus van betreding aangekla kan word. “Ek het mooi met hulle gepraat en verduidelik dat dit nie reg is wat hulle doen nie. Ek was verbaas om te sien dat hulle glad nie aggressief was nie. Hulle het van my grond af gegaan toe ek hulle die polisiesaaknommer wys. Maar nou sien ek dat hulle weer inbeweeg.”

Vosloo het gesê die hele stuk munisipale grond wat na raming sowat 40 ha is, is reeds deur die besetters uitgemerk. Hy het gesê hy glo nie dat die groep hom met opset teiken nie, maar eerder dat politieke partye probeer om ʼn stelling te maak en standpunt oor grondeise en grondherverdeling in te neem.

Stefan Pieterse, nasionale woordvoerder van AfriSake, het aan Maroela Media gesê die organisasie sal Vosloo bystaan om so gou as moontlik ʼn dringende hofaansoek te bring om die besetters van sy grond te laat verwyder. “Ons sal die hof vra om ʼn interdik toe te staan om die balju en ander owerhede toestemming te gee om die besetters van die grond te verwyder en as’t ware Vosloo terug te sit in sy posisie as eienaar van die grond,” het Pieterse verduidelik.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Intussen het kapt. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig dat ʼn saak van betreding aanhangig gemaak is. “Die polisie is op die toneel om die situasie te monitor. Ons ondersoek nog die saak en sal dit dan van daar af vat,” het Seabi gesê.

Patrick Shika, woordvoerder van die Modimolle-munisipaliteit, het aan Maroela Media gesê hy is bewus van die grond wat “aan mense uitgedeel word”, maar sover hy weet het geen van die betreders nog begin om huise op die grond op te slaan nie.

“Ons is nog besig met ons ondersoek en sal later ʼn verklaring in die verband uitreik. Tot dan kan ons nog geen kommentaar lewer nie,” het hy gesê.

Chris Boshoff, AfriForum se streekskoördineerder vir Limpopo, het aan Maroela Media gesê hulle is ook besig om die situasie te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Loeis ·

Dit het met ‘n vriend van my ook gebeur. Hy het hulle self verwyder. Met sy trekker.

Wat van staatsgrond? ·

Daarshy dit is te lekker, dit is wat die EFF en ANC wil he, hulle het dit mos belowe, nou vat die “voters”. Dis die probleem, die privaateienaars moet nou ly onder iets wat die ANC sy ondersteuners belowe het. Gee eers al die STAATSGROND weg, ek verstaan nie, ry bietjie deur ALLE provinsies en kyk hoeveel BRAAK LANDE le daar .. gee dit vir die mense, hulle is mos almal BOERE< dalk kan hulle 'n HB potlood daar indruk dan groei daar 'n boom of dalk 'n veer dan kry hulle 'n huge hoenderboerdery op die been ..

Sê maar net ·

Andre ek stem saam. Die is beslis strategies en net die begin.

Anoniem ·

Ja Andre, hierdie is inderdaad net die begin, totdat hulle dit op iemand se grond doen wat geheel en al g@tvol is vir die nonsens en dan gaan die vonke behoorlik spat. Dit is net die resultaat van wat die EFF en ANC aanhits. Hulle beproef die grondeienaars se geduld tot op die uiterste en sal nie rus totdat daar ‘n volskaalse rasse konflik uitbreek nie.

De Villiers ·

Eerstens is dit die gevolg van onrealistiese verwagtinge wat die ANC en die EFF aan kiesers stel, en tweedens omdat alles in hierdie land aangespreek word behalwe dit wat die oorsaak van meeste probleme international is, naamlik gesinsbeplanning. Hier is te veel mense in ons land en word net onbeheersd meer, sonder om die gevolge daarvan aan te spreek, soos hierdie geval. Op die einde van die dag wil elkeen sy eie blyplekkie hê, ongeag.

Barrie Vermeulen ·

………en onbeheersde instroming wat gaan erger word soos Zimbabwe tot niet gaan……..en groot besighede wat hulle deure toemaak met die gevolglike al snellerwordende werkloosheid.

m ·

Ag lekker daar is so stukkie grond oorkant my huis wat ek ook baaie graag wil he.

Fritz ·

As ek as witmens net besluit om n stuk grong te vat wat nie aan my behoort nie en net begin bou sal ek verseker krimineel aangekla word. ANC se eie skuld want hulle het hulle mense grond belowe net om stemme te verf en nooit die belofte nagekom nie. Sal vir n stuk grond gan soek. Juis lus vir n bietjie boer wees.

FM ·

Maroela julle beweer 62 kommentare en hier is net 10, of ek kan nie tel nie!!!!!!!!

Penellope Jones ·

Daar is mos gese: “Take land, then negotiate”.

Belbe ·

Ek wonder wat sal hulle maak as ons sommer langs hulle in trek en ‘n stukkie grond neem. Wat sal gebeur as ons hulle in middernagtelike ure aanval terwyl hulle niks vermoed nie. Wat sal die gevolg wees as ons hulle ou mense wat hulself nie kan beskerm nie aanrand en vir dood agterlaat? So bitter hartseer wat besig is om in ons land te gebeur en almal sit en kyk…

Hannes ·

Al wat sal gebeur is dat internasionale media more sal berig “White racists slaughter defensless poor blacks”

Ivana ·

Mnr Shika, nou hoekom dink jy meet hulle grond af . . . . . Omdat die EFF en ANC hulle vertel het hulle mag en glo my hulle gaan bou. Dit skiet op soos paddastoele. Met so houding gaan julle nooit vrede in die land he nie, want wette bestaan nie vir julle nie, elkeen maak soos hy wil. Dan moet ons nou maar 2stelle wette he . . . . en die besetters volgens ons wet dan maar self af help van onwettig bekomde grond

dr Sakkie van der Merwe ·

Dit wat voorspel is en teen gewaarsku is sedert 1994 is nou besig om te gebeur. Brandstigting op “ryk” boere se plase in die Wes-Kaap en dit wat nou in Nylstroom gebeur is tekens dat 2017 ‘n baie moeilike jaar vir elke persoon met eiendom, met ‘n werk, met ‘n gesin gaan wees. Respek vir lewe en besittings bestaan nie, voeg daarby die verwagtinge en opswepery vanuit die presidensie tot by die politieke party op voetsool vlak dan is dit ‘n resep vir anargie. Die vraag bly steeds: Wat is ek en jy bereid om te doen sodat ons “eenkant”, ja lees “apart” , kan leef en oor ons mense regeer?, dit is ‘n gegewe volgens die grondwet van SA en Internasionale Volkerereg.

Hendrik ·

Min mense besef nie dat groot aksie/skuiwe nodig is as jy in ons situasies is. Die plakkers in die bg berig doen dit want hulle het grond/huise en werk nodig. Hulle kry op die einde die aandag op hul probleem gevestig en kry resultate. Ons moet dieselfde doen. Wat gaan die ‘leiers’ en die wereld daarvan dink as die afrikaners weier om aan dievolgende verkiesing deel te neem. Dit gaan die fokus op ons probleme as minderheidsgroep vestig. Wat gaan gebeur as al die afrikaners ind bg dorp (Nylstroom) net so na ‘n selfbeskikkingsdorp trek. Dit gaan GROOT aandag trek in die land en die wereld. Die Groot Trek was net so groot besluit en hiersit die meeste mense nou aan die eindpunt van die Groot Trek.

Hannes ·

Jammer Hendrik, maar niemand gaan omgee as die Afrikaners nie aan die verkiesing deel neem of weg trek nie, inteendeel…..

Theresa ·

Ek dink die stilsit en net kyk wat aangaan, al is ons almal so ontsteld daaroor, gaan bloot oor die feit dat indien mens wel öpstaan” en aksie begin neem, dit waaragtig in ‘n oorlog kan ontaard. Ek vermoed elkeen wat lees, hoor en self al deurgeloop het onder die wanorde en ongeregtighede wat voor ons deure gelê word ens., ens., moorde ens., wil graag iets doen, maar is onseker oor die gevolge daarvan?

Jordaan ·

“Die polisie is op die toneel besig om die situasie te monitor”. Hou op monitor en doen verdomp iets aan die onwettigheid. Julle sal nog besig wees om te ondersoek as die huise klaar gebou is en dan is dit weer ‘eish ons kan nie mense uit hulle huise sit nie’.

Blom ·

Stem saam jou Jordaan dit is presies wat gaan gebeur, raak nou al ontlae van die probleem daar moenie nog gemonitor word nie. Dis net die begin die !!!

Jack Russl ·

Wat is daar om te monitor? Hulle oortree op privaat grond, verwyder hulle. Maar nou sit die polisie op hulle agterente en kyk wat gebeur. Dis mos soos ons polisie werk, sit net en kyk maar niks word gedoen nie.

Volgende word die boer se vee gesteel. Dan word dit weer deur die polisie gemonitor. Sodra die vleis klaar opgevreet is gaan die polisie beweer dat daar nie bewyse is om hulle aan te kla nie

Hendrik ·

Ek sien ‘n ontvolking van die platteland deur die blankes want hulle kan net nie meer so aangaan in die klein dorpies nie. Die oormag is net te groot. Julle is regtig baie welkom om in ons gebied te kom woon en werk tussen julle eie mense. Bring julle besighede saam en onthou ons sal die arbeid uit ons eie geledere verskaf. Ons is gereed. Is julle gereed om die skuif te maak?

kinders by dosyne ·

gryp grond. hoekom koop as jy kinders by dosyne kan drop om die grond steel, afbreek en uitroei soystreun tradisie vol te hou.

VanAfrika ·

As dit my grond was het ek n klomp slange tussen hulle gegooi, dis die vinnigste ontsetting wat jy nog sal sien

JP ·

Ek verstaan die Polisie se “Ons ondersoek die saak..” nie. Wat is daar om te ondersoek? Privaat grond, daar is oortreders so verwyder hulle!

Clipper ·

Verstaan ek ook nie watse ondersoek nodig is nie. Die mense betree op grond wat nie aan hulle behoort nie, rig skade aan deur heinings te knip, so hulle moet verwyder word. Die anc en eff speel n baie gevaarlike spel, en dit lyk my hulle wil graag oorlog in die land sien. Die ongeluk is net dat hulle toegang tot al ons wapens het

Katrynd ·

Weet julle wat? Ek het nounet ‘n stukkie gelees van iemand wat ‘n briefie gerig het aan : my dear white people” hoe verder ek gelees het hoe meer het dit tot my deurgedring dat ons twee verskillende “geskiedenisse” geleer het! En toe lees ek in die nuwe afrikaanse skole se geskiedenis boeke! (Laerskool ) en dit lyk vir my ek is reg! Niks goeds wat oom Jan en kie hieraan gebring het nie is goed en reg nie! Vooruitgang ontwikkeling? Sou SA gewees het wat dit nou is? Of agter soos sooo baie ander lande in Afrika?

James Streak ·

Ek lees nou al n geruime tyd , almal se kommentaar en kyk nuus op kyknet en monitor dit wat op die oorgrense veiligheids groepe aangaan . En toe stuur Afriforum vir my n DVD met die opskrif Tainted Heroes , ek wens alle Suid Afrikaners wil DVD kyk , dan sal almal besef wat aangaan .Die ANC is besig met sy ou strategie om die land verder oor te neem en hy gebruik die EFF om daardie doelwitte te bereik. Al wat my Baie , Baie hartseer maak is die feit dat al ons verkose leiers in die regering en landbou stil sit en niks doen nie almal is te bang om standpunt in te neem , almal is te bang hulle trap op verkeerde tone en dan kan daar n moontlike burger oorlog uitbreek ,myn insiens gaan daar in elk geval een uitbreek (burger oorlog) as die ANC aanhou met hulle beleid om die mense op te sweep vir hulle politiese doelwitte en ons verkose leiers sit terug en neem nie standpunt in nie.

koos ·

ek besit twee huise in kaapstad, in verskillende woonbuurte, wat albei oorwegend kleurling-areas is. Moet ek voorsorg tref en solank een verkoop, of is dit nog OK as n wit mens meer as een stedelike eiendom besit?

Johan ·

Ek dink ons moet maar Nkandla gaan beset want ons het dit tog gefinansier

Steve ·

Sommer Nkandla gaan toets …kyk of die s1embad sy job kan doen…..

Steve ·

Sommer Nkandla gaan toets …kyk of die swembad sy job kan doen…..

Kyk Maar ·

Hulle doen niks want dit is betreding. Indien dit na onwettige betreding verander word, sal die owerhede dalk optree.

vermeende ·

Die SAPD sal niks doen nie wan hulle is ongedokumenteerde intrekkers of eienaars.

JC ·

Die “grondgrypers” behoort nie reg te kom nie, eintlik weet ek nie WAT probeer hulle bereik nie, hulle is onwettige betreders en dus kriminele. Afrisake sal hulle laat afsit met behulp van die SAP en die rooimiere, soos wat Afrisake nou reeds verskeie kere in geslaag het. Afrisake sal weer daarin slaag. Goddank vir Afriforum/Sake!!

Jordaan ·

Moenie op die SAP reken nie, volgens die artikel “monitor” hulle net die situasie!

vermeende ·

Al wat die boer moet doen is om op die boere se knoppie te druk en boere van heinde en verre sal oornag toesak om orde te bring.

Vra net.

Steve ·

Yes doen dit laat ons boere die sakie gou kom regstel….ons ” wets toepassers” seker te besig met “monitering” en sal nie beskikbaar wees om op tw kan tree noe…so ja…..kom ons doen dit!

Hannes ·

Julle prokureurs moet net by wees want julle sal baie fyn moet trap om nie gearresteer te word nie

SeEkOokMos ·

Ongelukkig is ons nie ‘n nasie wat kan saamstaan nie, daarom gaan dit met ons soos wat dit deesdae gaan. Ander boere se vir die familie, gelukkig is dit nie ons plaas nie, hulle trek skouers op en gaan aan met ander dinge. Ons moet eers leer om ander mense die sonskyn te gun, sonder om jaloers, eiewys of inhalig te wees voordat ons hopelik as een nasie sal rys en ‘n voorbeeld te stel. My innigste wens is dat ons Afrikaners ons prioriteite sal regkry en iets daadwerkliks aan ons omstandighede doen. Sterkte daar in Nylstroom, my geboortedorp.

kabous ·

Ons kan eenvoudig nie meer die dreigemente ignoreer nie. Die moorde en diskriminasie wat elke blanke man bedreig. Is daar nog ‘n toekoms of gee ons oor, want om ons tyd te vat om aksie te neem sal korte duur wees.
hoeveel van ons naastes moet nog hulle werk verloor? hoeveel moet nog hul plase opgee?
hoeveel van ons moet nog uitgemoor word?
hoeveel meer moet ons swart gesmeer word oor ons optredes in Apartheids jare?
hoe lank nog voordat hulle ons Identiteit beroof?
wat se tipe herder neem in wolwe om tussen sy skape te woon? wat se pa voed eers sy buurman voordat hy sy eie huis voer?
elke man hier het ‘n verpligting teenoor sy volk.
Ons mense vergaan maar ons wil almal polities korrek optree omdat ons bang is dat dit sal swaar gaan met ons self.
Is dit waarvoor elke liewe een van ons se voorvaders voor geveg het? want ons almal weet hulle wou ‘n goeie toekoms skep vir hulle nageslag (ons). het hulle verniet hulle bloed ingetap in die stukkie grond? was die prys te goedkoop dat hulle met hulle lewens betaal het sodat ons als net kan weg gooi. Elke liewe man werk hard vir sy kind se toekoms en saam daarmee kom opofferings. Moet jou kind als weggee waarvoor jy so hard gewerk het? want ons skep daai voorbeeld op die oomlik.

antjie ·

Die polisie en die munisipaliteit het vooraf geweet van die situasie. Hierdie is ‘n doelbewuste poging om die DA stadsraad teen te staan in hul poging om die munisipaliteit te red. Hierdie optrede kom doelbewus van die ANC kadere wat in die stadsraad werk. Hul doen alles wat hulle kan om die DA stadraad omver te werp. Dis hoekom hul doodstil sit en net toekyk en in hul mou lag, so ook die polisie.

m ·

Interessant as n witte iets by sy huis wil laat oprig moet daar kwansuis bouplanne ingedien word. Ek sal so graag die bouplanne vir die gehuggies wil sien wat hulle oprig.

Mienks ·

Dis vir my so hartseer om te sien wat gebeur in ons land, as n jong dame wat op n plaas groot geword het en saam die plaaswerkers se kinders gespeel het, klei osse gebou het en mielie poppies gemaak het. Is dit hartseer om te sien hoe my ginerasie van jong mense wit en swart mekaar haat en aangemoedig word deur mense wat geen ordentlike opvoeding het om te vernietig. Ja elke land het sy oor log oor kleur, of jy nou wit, swart, rooi, pienk of geel is daar word altyd bakly. Dit maak my bekommerd om te moet dink dat my dogtertjie in n land moet groot word met soveel haat in hom en waar die mense uit gemoor word. Hoe maak jy jou kond groot sonder om te oor reageer oor wat in ons land aangaan?

Jennifer ·

Daar is nie genoeg water om die dorp so uit te brei nie, daar is ook nie werk of genoeg skole, want die mense se enigste inkomste is “grants”.

Cherokee ·

Maar vinnig gekyk, sien ek net kritiek wat gelewer word teenoor die ANC en EFF. Waarom vergeet julle daarvan dat ‘n hele klomp saampraters in hierdie selfde kommentare stem vir grondhervorming saam met die DA? So, sluit die DA en hul ondersteuners in by jul kritiek.. En moet nie saam met die DA stem vir grondhervorming en hier kla daaroor nie.

Genoeg ·

Ons wittes is so bang as ons sou opstaan en ons stemme begin verhef dat ons alles sal verloor. Ons is so bang….. bang vir wat? Bang om tronk toe te gaan, bang om in die hof te verskyn, bang ??????? Vergeet ons dat ‘n handjievol teen ‘n oormag kan wen? As God vir ons is, wie kan teen ons wees of staande bly om met ongeregtighede en moorde voort te gaan? Ek stem 100% saam met James Streak. Ons sal self moet opstaan en saamstaan om uit hierdie gemors en ellende te kan kom. Praat is verby.

Leon ·

Sekere cher word seker goed betaal deur ANDER politieke partye ….

Johanna Botha ·

Waar kan ek ook mootlik vir my n plasie gaan afsteek …sal klein wees belowe

Ouvrou ·

Chris WS, ek dink dis n wonderlike voorstel. As daar so 10 boere opruk met trekkers en bulldozers is die probleem gou gou opgelos. Mens kan mos op jou grond maak soos jy wil. Plaasboer moet hulp inroep voor dit te laat is. As daar eers strukture opgaan is dit nag en baie jare se probleme.

Marina ·

Nou kom ons begin ook vat … weet nog net nie wat nie lol

Johannes Meintjes ·

Ek het self al by die Staat (info aan VF+) aansoek gedoen vir die 1 Ha per familie. Nog niks gehoor. Uniegeboue staan ook op familiegrond. Maar ek dag AfriForum se Grondgrype Handleiding van Maart 2015 rus ons seepglad toe teen grondgrype? Ons moet na mening ophou om bloot reaktief op te tree. Laat ons die Volkstaat gaan uitmeet en die paaltjies inkap!

Sue ·

SA se gebeure lyk so al soos uit n “Leon Schuster” movie.
Snaaks genoeg, het my Ouers gese dis hoe dit sou wees, lank terug in 1993 al… wonder net hoe het hulle destyds al geweet?

Frans C ·

Jou ouers kon anders as die ‘all talk no action’ politici van die tyd, die tekens van die tye lees.

Frans C ·

‘n Swart regering tree nie maklik teen die mense op nie,behalwe natuurlik as van hul eie lede se belange op die spel is soos by die Marikana-slagting bewys het,

Hierdie is natuurlik nie ‘n nuwe tendens nie,want lank voor daar klaar Gekodesa is, is nywerheidsgrond in Benoni, by Apex op soortgelyke wyse vir R10 per erfie beskikbaar gestel.

Eintlik is dit nou ‘n goeie toets vir onse FW en Roelfie om te bewys dat hul wigte en teenwigte nie net papierwigte is wat wegwaai by die eerste teken van ‘n windjie nie.

Pleks daarvan om lang toesprake te lewer moet hul nou woord by daad voeg en die ‘nuwe intrekkers’ tot ander insigte bring.Dit is seker maar wensdenke .President Trump is reg – meeste Politici is “all talk but no action’.

Alete Muller ·

Maar is daar nie iemand in daai omgewing wat ‘n vliegtuig besit nie? Sprei hulle met pepersproei van die grond af dan hoef niemand meer die saak te “monitor” nie.

Hannes marais ·

Die bybel praat van ‘jacobs trouble’.gaan lees openbaring..hierdie is die begin van baie smarte vir wit mense in sa..die begin van smarte vir Israel, america…ens…die groot verdrukking is hier.volksgenote LUISTER.keer terug na God toe..nie donald trump of geen ander land gaan ons help nie…keer weg van die sondes af…bid dat die sonnetjie vir ons witvolk nie sal ondergaan nie

Ljl ·

Ek sien oorkant Hectorspruit bo hulle bubbelverdieping huise,3 tot4huise op een erf en net van die beste en baie,wonder net waar kry hulle die fondse vandaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.