ʼn Brand het Woensdagoggend uitgebreek by ʼn gom-en-papierfabriek in Kya Sands naby Lanseria, noord van Johannesburg.
Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het aan Maroela Media gesê niemand is tydens die brand beseer nie aangesien daar niemand in die gebou was nie. Die brand het uitgebreek voor die werksdag begin het.
Die brand het omstreeks 05:30 ontstaan.
Radebe het gesê drie brandweerwaens en 20 brandbestryders is na die toneel ontplooi.
“Die situasie daar is nou onder beheer, maar omdat dit gom en papier is, dink ons dit gaan nog so twee uur neem voor alles heeltemal geblus is,” het Radebe teen 10:37 aan Maroela Media gesê.
Radebe het gesê ʼn ondersoek na die oorsaak van die brand sal van stapel gestuur word nadat hulle die brandbestryding heeltemal afgehandel het.
Sommige sosialemediagebruikers het bespiegel dat die brand verband kan hou met die betoging in Kya Sands oor swak dienslewering. Dit is egter nie deur die owerhede bevestig nie.
- Foto: Twitter via @radebe_nana.
- Foto: Twitter via @ASIBinspect.
- Foto: Twitter via @ASIBinspect.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
En so word die een na die ander ding afgebrand deur mense wat nie ‘n hel omgee waar hulle volgende bord kos vandaan gaan kom nie, ek is siek en sat vir die gemors wat aangaan
Ek stem met jou Rina.
Ongelooflik hoe geboue elke dag nou sommer net brand.
“rina”
stadig met daai kommentaar, 05:30 vanoggend en niemand was in gebou nie
kom ons wag vir inligting aangaande brand en begin daarvan
Die ding is, dis al so algemeen, mense veralgemeen…
Mis ek iets of is daar ‘n vreeslike klomp groot brande hierdie week? Pta, Jhb , Kya Sands