Foto’s: Beswaar teen Discovery se plan oorgedra

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn memorandum en stemme van sowat 200 000 mense wat gekant is teen die implementering van Discovery Bank se beoogde aandeleskema wat wit mense uitsluit, aan Barry Hore, Discovery Bank se uitvoerende hoof, by die groep se hoofkantoor in Sandton oorhandig.

Dit volg nadat Solidariteit ʼn reuseveldtog van stapel gestuur het om “nee”-stemme teen die implementering van Discovery Bank, waar 10% van die aandele in die bank aan swart kliënte voorsien gaan word, in te samel.

Die “nee”-stemme is in die vorm van 200 sakke, elk met ʼn duisend “nee”-stemme van die publiek daarin, voor op die stoep van Discovery se reuse-gebou oorhandig.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, verteenwoordig hierdie 200 sakke die uiterse ontevredenheid wat lede van die publiek met Discovery se nuwe bank, wat vandeesmaand bekendgestel word, het.

“Die ontsteltenis wat rakende hierdie bank heers, handel daaroor dat getroue Discovery-kliënte uitgesluit word uit ʼn aandeleskema bloot oor die kleur van hulle vel.

“Discovery moet weet dat indien hy voortgaan om die staat se absolute rasse-ideologie te implementeer wat mense op grond van hul velkleur uitsluit, daar noodwendige gevolge sal wees,” het Hermann gesê,

Hierdie bank word gesien as ʼn nuwe generasie-bank, die eerste gedragsbank waar mense voordele volgens hul gedrag gaan verdien. Kliënte sal beter of slegter voordele kry afhangende van hul finansiële gedrag.

Swart kliënte sal 10% van die aandele in die bank kry, bloot omdat hulle swart is. “Discovery Bank gaan inderdaad ʼn nuwe generasie-bank wees, ʼn bank waar alle kliënte gelyk gaan wees – maar waar swart kliënte meer gelyk as wit kliënte sal wees,” het Hermann gesê.

Volgens Hermann kan dit nie geregverdig word dat sekere kliënte belangriker en gelyker as ander kliënte beskou word nie. “Hierdie kliënte bly in dieselfde woongebiede, hulle ry dieselfde karre, hulle kinders gaan na dieselfde skole toe, maar as hulle by Discovery kom, dan kry hulle nie dieselfde voordele nie. Discovery gee voordeel op grond van ras,” het Hermann buite Discovery se kantore gesê.

Discovery se uitvoerende hoof, Adrian Gore, het hierdie aandeleskema verlede jaar met die bekendstelling van Discovery se bank aangekondig. Gore sou aanvanklik vandag die memorandum aanvaar, maar het uiteindelik vir Hore gestuur.

“Ons boodskap aan Discovery is bloot dat hy moet kennis neem dat indien hy voortgaan om die bank in sy huidige formaat uit te rol, daar duisende mense is wat dit nie gaan ondersteun nie,” het Hermann gesê.

“Gewone burgers moet belasting betaal, al is hulle kwaad vir die regering, maar kliënte hoef nie. Hulle kan kies waarheen hulle geld gaan en in hierdie geval sê hulle duidelik nee vir ʼn bank wat teen hulle diskrimineer op grond van hulle ras.”

Hore het die memorandum ontvang, maar verkies om geen kommentaar te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

John ·

Discovery wil hè die blankes moet uitstap want dan sit hulle met ‘n lekker klomp geld en geen uitbetalings vir mediese dienste nie… Gore voel vere vir wit mense. Maar die nuwe bankie wat nogal volgens mense se gedrag hulle wil vergoed gaan ‘n hele paar duur lessies leer. Probeer iemand met ‘n donker vel straf of penaliseer dan is dit ‘n heel ander storie… daar wag ‘n groot surprise…

D B ·

Ok, so kies dan om nie jou geld in die bank te belê nie. Dis slegs 10%, wit, swart, pink of blou kan die ander 90% opkoop.

Ek ondersteun Solidariteit en is ‘n lid, maar somtyds wonder ek oor al hierdie “perde” wat hulle opsaal. 200,000 Stemme gaan geen verskil maak nie. Selfs al kanselleer al die mense hulle Discovery-lidmaatskap (wat hoogs onwaarskynlik is), gaan dit geen verskil maak aan Discovery nie.

Moet net nie die bank ondesteun nie, dan sit hulle met ‘n pragtige “black only” bank. Ons sal vinnig sien hoe lank dit staan, veral wanneer dit kom by lenings uitryk en die terugbetaling daarvan.

Gys ·

DB, ek het my medies by Discovery gekanselleer. Het geen ander besigheid by hulle nie.
Ek voel vere of dit ‘n verskil aan Discovery gaan maak.
Wat vir MY saak maak, is dat dit ‘n verskil aan MY gaan maak.
Dit gaan maak dat ek die man in die spieël reguit in sy oë kan kyk, sonder om skaam te kry.

Johan ·

Hierdie bank sal my beslis nooit sien nie. Daar moet opgehou word om die Blankes in ‘n negatiewe lig te sien en openlik teen hulle te diskrimineer. Ons is ook volwaardige burgers van Suid-Afrika! Daar is ‘n onheilspellende beheptheid met kleur wat die Blankes teiken. En Discovery kon nie vinnig genoeg daarby inval nie.
Ek boikot hulle!!

Alida ·

Stetkte met hierdie bank en die slegte skuld wat daarnee saamgaan.

Dries du Toit ·

Die tragedie is dat ons a.g.v. deKlerk en sy makers die mense is wat nie die geld het nie maar daai wat jy beweer die slegte skuld gaan veroorsaak reeds die is wat hulself al so verryk het met diefstal en korrupsie . Hulle is reeds die mense agter wie se geld Discovery is. Die blanke was die noodwiel noudat hulle hom klaar gebruik het gooi hulle hom weg

Koos de Meyer. ·

VBS is ‘n mooi voorbeeld. Kom ons kyk hoe gaan hulle die geld terug betaal. Discovery hulle sie my nooit. 200,000 gaan hulle seer maak dis nie net medies nie maar ook versekering.

Izak ·

Hierdié spul is arrogant van die “regering” en “opposisie” ondersteun mos rassisme teen blankes. Baie wat nou kerm ondersteun in Mei-maand weer die opposisie.

Michael ·

Ek wonder nou as Nedbank of Absa nou aandele net vir wit mense moet uitdeel watse drama sal ons dan nie he nie whow .

Pim ·

Ek weier al vir jare om enige Discovery polis of medies te kry. Was ongelukkig 2 jaar op hulle medies en hulle is pateties.

SjN ·

Pim, stem nie saam met jou nie, verskaf asb feite, bv plan, rede ens

Jeremia ·

Die Baie Belangrike Man moes seker vergadering of ete met die Black Bussiness Council ( BBC) bywoon.

riaan ·

Of net te BANG?

Is mos maklik om dapper te wees en groot te praat van die verhoog af, maar is ‘n ander ding om ontevrede mense perssonlik te face. Presies dieselfde as MAL ema en kie!

Hendri ·

Wat almal mis kyk is dat daar tydens die “protes optrede” niks afgebrand stukkend gegooi of vernietig is nie. Kom laat ons maar ons belastings betaal en aan die keiser gee wat hom toekom maar laat ons terselfdertyd werk aan ekonomiese selfbeskikking, met eie banke, eie versekering, eie mediese fondse en eie beleggings waaarop hierdie mal vernietigers nie hulle kloue kan lê nie. Laat ons vandag saai om more te oes. weldra sal die verhongerde massas bakhand staan en dan sal die man met die beursie die voorwaardes stel. Skouer aan die wiel en eelte op die hande sal ons trotse volk laat herrys uit die as van hierdie addernes.

Privatiseer ·

Hoekom begin Solidariteit nie maar eerder net ‘n bank slegs vir blanke mense nie?

Attie. ·

Discovery lag vir ons, hierdie oorhandiging van stembriewe kos hulle ‘n klompie wit kliente terwyl dit vir die swartes gaan aanmoedig om in hul duisende aan te sluit. Discovery gebruik die wit minderheid as speelbal teen die 60 miljoen swartes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.