Foto’s: Betogers beskadig voertuie by Eskom-depot

Foto: @Zwidesto / Twitter

Foto: @Zwidesto / Twitter

Inwoners van Orlando-Oos in Soweto het glo Woensdagaand 22 voertuie by Soweto se Eskom-depot beskadig omdat hulle nie elektrisiteit het nie.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê altesaam 15 voertuie is aan die brand gesteek, en sewe is beskadig. “Inwoners van die nabygeleë Nancefield-hostel het vermoedelik deur die aand op die depot toegeslaan,” het Makhubela gesê. “Hulle het nie elektrisiteit nie.”

ʼn Groot skare het Donderdagoggend by die kragvoorsiener se perseel saamgedrom en op elektrisiteittoevoer aangedring. “Buiten dié voorval is die betoging tot dusver vreedsaam. Die polisie hou ʼn wakende oog oor die situasie,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak. – SAPA

Foto’s: @NeoMediaGuru / Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.