Foto’s: Betogers gooi klippe, petrolbomme in Mosselbaai

Foto: @DisFen/Twitter

Foto: @DisFen/Twitter

Betogers het Maandag bande gebrand en petrolbomme gegooi tydens ‘n gewelddadige betoging in Mosselbaai in die Wes-Kaap.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê drie tieners is deur paramedici behandel nadat hulle traangas ingeasem het.

Hy sê die tieners het saam met hulle ouers betoog toe die polisie traangas op die skare afgevuur het in ‘n poging om hulle uiteen te jaag.

Pojie sê inwoners in Kwanonqaba het oor gebrekkige dienslewering betoog.

“Hulle het bande gebrand, petrolbomme gegooi en talle polisievoertuie met klippe bestook.”

Die betoging het Sondag begin toe inwoners ‘n straatlig beskadig het en ‘n munisipale gebou aan die brand gesteek het.

Pojie sê 13 mense is Maandag vir openbare geweld in hegtenis geneem maar is later die dag vrygelaat, hangende ‘n ondersoek.

Pojie sê die polisie patrolleer die area. Hy het berigte ontken dat ‘n tiener beseer is nadat hy deur die polisie met rubberkoeëls geskiet is.

Die foto’s is deur @DisFen op Twitter gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Keelvol ·

Van wat ek kan sien, is die strate geteer, sonder slag gate en lyk dit of die enigste vullis wat rond le, dit is wat hierdie barbare self daar gegooi het. Dit is baie meer as wat mens van die mees gegoede woonbuurte in Oos London kan se. As ons moes begin geboue af brand vir die uiters patetiese dienslewering hier, was daar net ‘n rook wolk oor van OL.

Anton Smit ·

Hoekom gaan bly hulle nie waar die anc aan bewind is nie dan kan hulle sien wat swak dienslewering is want die opstokers kom in elk geval van anc werld af. Die opstokers moet uit gerook word sodat die soort optrede in die kiem gesmoor kan word

Se maar net ·

Vreemd hoe mense wat geen erfbelasting betaal mag betoog oor swak dienslewering. Mens kla orr swak diens waarvoor jy betaal. Mense wat ni betaal ni behoort geen diens eers te kry nie. Maar dis tipies van parasiete wat net alles verniet wil he terwyl hulle te lui is om te werk.

Jenny ·

Ek stem met jou saam…ons moet eintlik begin betoog oor daardie onnodige erf belasting! Ons betaal klaar deur ons nekke vir ‘n huis waar daar in elke geval ingebreek word, moorde plaasvind en dies derglike dinge en nie eens gepraat van die belasting en rentes wat by daardie oorspronklike prys ingereken word nie! Ek dink ons blankes moet net een dag saam met ander kleuriges wat saam met ons wil staan gaan betoog dat die wet op huiskoop verander moet word en erf belasting uitgeskakel moet word! Mens betaal jou hele lewe lank aan ‘n woning wat jou op die ou einde meer kos as waarvoor jy dit gekoop het…die banke en SARS maak genoeg geld uit ons uit hoekom die mislukte paliteite ook????

Chrisjolus ·

SWAK diens se dinges, hulle het krag gesteel en die owerhede het hulle krag afsny .

Jenny ·

Nie net hulle krag nie…. ons krag word ook afgesit omdat die mislukte paliteite die gelde misplaas na hulle eie sakke!!!

Chrisjolus ·

SWAK diens se O hulle was uitgevang vir krag diefstal en nou is dit swak diens wat die hooligans gebruik on gahos te saak .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.