[Foto’s] Betogers maak amok by Pta-hospitaal

Betogers by die hospitaal. Foto: Verskaf

Die polisie is op die toneel by ʼn Pretoriase hospitaal waar ʼn groep betogers Woensdagmiddag gewelddadig geraak het.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, het gesê ʼn groep betogers, wat vermoedelik voormalige werknemers van ʼn veiligheidsmaatskappy is, het by die Steve Biko-hospitaal opgedaag en die ingange na die hospitaal met buitebande wat aan die brand gesteek is, klippe en ander voorwerpe versper.

Dit was nie onmiddellik duidelik waaroor die mense betoog nie.

Volgens Makhubela is daar ʼn groot polisieteenwoordigheid op die toneel om die situasie te monitor.

“Van die betogers het reeds begin om uiteen te gaan. Geen beserings is tot dusver aangemeld nie en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Willie ·

Hierdie anargie eskaleer teen n tempo wat letterlik skrik vir niks! Ek vrees vir die dag wat die polisie vir wat dit werd is nie meer orals kan by bly nie, want dan is die ord gaar!

Johannes ·

Willie, stem nogal saam. Is hierdie dalk die vroeë begin van ‘n burgeroorlog?

Frikkie Geld en huis ·

Alles wat tans in SA gebeur, is deur Siener van Rensburg voorspel.

Valerie ·

Frikkie, “Siener”? Skreeusnaaks…boomroker siener. As-suh-blief tog.

Boerseun ·

Dit vat nie n rocket scientist om dit te sien kom nie. Net jammer die verligte Afrikaners en engelse libs kan dit nie sien nie. Say whaaat! Meskien moet klomp bietjie boomrook en hulle koppe uit die sand trek

pieter ·

Die polisie doen in elk geval niks jy lees mos “monitor” die situasie terwyl kriminele bandstig en verniel.

Jane ·

En mense in n noodsituasie kry nie hulp nie. Hulle is onsteld en ander mense wat niks met die situasie te doen het moet ly.

Oom Kalahari ·

Wat kan mens se van sulke barbaarse optredes en dit by ‘n hospitaal waar siek mense behandwl en op ge-opereer moet word en wat moet rus. Het hul nie ‘n einde nie en moet alles net brand en vernietig word.

Johanna Botha ·

Ai tog hier gaat ons alweer …toe ja brand hom man !

John ·

Daar behoort ‘n wet te wees teen die losbandige gebruik van buitebande in SA. Die goed is toksies. En nou nog by ‘n hospitaal loop en brand ook. Lisensies behoort inderwaarheid soos by vuurwapens getoon te word by die uitrol van hierdie has been gevaartes wat nie eers meer as spaarparte of in blombeddings, selfs sandale benut kan word nie. Vroeer dae is erge onnoembare dade daarmee gepleeg. Waar kry mense wat beswaard is altyd so gou ou bande in die hande. Dalk kan dit op groot skaal in ou mynskagte afgegooi word na daar waar dit vandaan kom ipv om dit in berge op te hoop vir betoger-rookseine.

Theresa ·

Ja. Verbod op ophoping van buitebande. Dis ‘n vieslike gewoonte wat verbied moet word.

Anel ·

Net een vraag…. Wat gaan hulle doen as die ambulance injaag en dit is een van hulle se ouers wat besig is om te sterf? Gaan hulle nog die plek afbrand?

Meris ·

Was eergister by Geriston Hospitaal n hul het ook betoog. Hul het 2 ambulaanse weggewys. Hul kan net nie worrie nie een betoger het my kind met n ketting bestorm en toe voor haar gestop en gelag. Wat het ons met die betoging te doen.

kas ·

Anel,dan gaan hulle seker die ambulanse brand want hulle mag nie mense laat sterf nie want hulle optrede is mos geregverdig.Hulle kan nie dink nie want dit is ‘n nuwe ervaring.

Theresa ·

Nee wat Anél, ek twyfel sterk of hul enigsins daaroor omgee. Indien daar wel eers mooi gedink word, sou hul in elk geval nie so opgetree het nie. Dus geen oorweging van enige iemand of enige iets nie.

Loraine ·

Totale anargie. Die land word nie meer regeer nie, wette is niks werd nie en orals is chaos, brande en oproer. Noodtoestand???

Daan ·

Polisie en regerings hoe’s hoort innie tronk omdat hulle nie met ‘n meer strenger hand die soort van goed blok nie, en dit veral by hospitale!

Veritas ·

Jy mag blykbaar hospitaal ingange versper en buitebande aan die brand steek maar moet tog net nie waag om naby ‘n hospitaal te rook nie. Dit is heeltemal te nadelig vir pasiënte 200 meter van jou af.

Johannes van Staden ·

Maar ek soek hom die free medical hehe …ja gaan by die hospitaal hulle sal jou mooi help hehe

André ·

Die polisie monitor omtrent alles. Wens hulle wil oorgaan tot aksie.

Jean ·

Anargie op n daaglikse basis! Geen wet en orde! Al wat die lot verstaan is nog n Marikana geval… Tyd dat die regering ,polisie en weermag hul werk begin doen! Sort die gemors uit met n uistervuis. Die is al taal wat hul verstaan!!!

Jacobus ·

Suid Afrika se toekoms en welstand word nie in Suid Afrika bepaal nie.

Die wat so betoog word betaal, soos die Black First Land First (BLF), EFF ens. om die land onregeerbaar te maak en anargie te saai.

Ek is bevrees dat dit wat nou in Suid Afrika gebeur en nog gaan gebeur word deur politieke en finansiële magte buite die grense van Suid Afrika gereël en gefinansier en ek sien ‘n baie donker tyd wat voorlê.

Julle het drie raai kanse 1) Amerika (VSA) 2) Rusland 3) Verenigde Koninkryk (VK); as julle nommer 1 of 2 gekies het, kies weer dan sal julle weet wie agter alles sit wat in Suid Afrika aangaan.

Dans na die donker magte se pype en alles gaan goed; Botswana is nogal ‘n goeie voorbeeld.

Leo ·

Ag asb Jacobus, dié is nou tipies Saffa! Altyd iemand anders se skuld? As dit nie die ref by n game is nie, nou’s dit ander lande wat dit in SA doen pffft, nooit n Saffa se skuld nie. SA is al vir jaaare n plek van donker, als self gedoen.

Mynbou ·

Daar is meer as een donker mag. Daar is magtiges wat ons myne soek en om dit te kry moet hulle anargie saai. Kyk oos vir hierdie mag. Dan is daar magte wat die westerse beskawing en middelklas spesifiek wil vernietig. Kyk noord na die liberale bewegings.

Opel ·

“Voormalige werknemers van n veiligheids maatskappy” dit verklaar dalk die veiligheids situasie in ons land of dan die gebrek daaraan.

Catherine ·

Wonderlik om in so n beskaafde land te bly!Wat n voorreg!

Siener ·

Valerie jy is baie naief !! Jy het oogklappe aan en gaan met jou broek op jou kniee gevang word.gaan lees as-sus-blieftog self die boek dan praat jy weer.

Anoniem ·

Stem Siener. Valerie glo jy? want hoekom ek jou vra is omdat die mense ook nie die profete geglo het in die bybel en wat het met hulle gebeur. Asseblief as jy nie glo gaan sien iemand om jou te lei na ons Vader want as ons vrees dan ken ons nie die Vader nie. Ons kan vrede skree tot ons blou word en dit sal niks help want alles verloop volgens profesiee in die bybel. En ek glo Vader het wyle oom Siener ook die talente gegee om te profiteer en as jy sy boek lees dan sal jy hopelik wakker skrik. Mooi dag vir jou Valerie en mag jy n geseende lewe vorentoe geniet.

Alicia vd Heever ·

Valerie – jy klink soos een van daai wat vinnig is om te kla, maar sodra iemand anders iets se wat nie volgens jou sin is nie, dan kan ‘n mens duidelik sien jy een wat sal opstand maak en begin kritiseer, al het “siener” of “nie sienier” iets voorspel nie, die punt bly staan daar is ‘n baie groot probleem en ons as Suid-Afrikaners het nodig om saam te staan teen die probleem en nie mekaar nie, nog iets, gaan jy stry oor wat in die Bybel staan, want nogals baie wat nou tans besig is om te gebeur staan in Openbaring ook! Sterkte

Anoniem ·

Om te hoor hoe daar skote op die betogers geskiet word was gistermiddag nie vir ons ‘n baie aangename ondervinding nie. Gelukkig was dit vir die personeel/pasiente moontlik om die hospitaal deur ‘n ander uitgang te kon verlaat. Was julle mense al in so ‘n situasie?

Sies ·

As ‘n betoger in SA nie iets kan BRAND nie, is hy nie gelukkig nie. Waar in jou lewe het jy al gesien in ‘n demokratiese land waar mense stemreg het en REG KAN STEM in hulle massas, stem hulle steeds verkeerd en brand dan ander mense se eiendom uit? Het hulle ooit probeer onderhandel, of sommer net gekom en kom brandsteek en klipgooi. Dit is Afrika se manier van ‘n ding doen, NOOIT sal daar opstande sonder geweld en vuurhoutjies wees nie .. alhoewel die regering julle dalk ernstig mag opneem, dink die res van die wereld niks van julle nie. Hoe meer julle brand en breek hoe verder gaan ander lande hulle beleggings onttrek. Julle tjank nou al oor Trump se besluit .. daar gaan nog baie wees. KRY VIR JULLE!

dingetjie ·

die personeel moes ook wag om te kon gaan ons het nie ander uit gange nie ons parkeer ook waar hulle tyers brand dit is vir ons ook traumaties net soos al die ander

Weskus ·

Jacobus. Jy slaan die spyker op die kop. Wonder hoeveel van ons weet en of besef dit

Werner ·

Vanoggend is die R59 tussen Vereeniging en Alberton weer toe. Net soos met die hospitaal, mag gewone burgers enige plek buitebande aan die brand steek en infrastruktuur vir wetsgehoorsame burgers vernietig. Sonder enige arrestasies. En almal is net fine hiermee. Maar uiter nou die verkeerde woord op die verkeerde plek, dan gaan jy letterlik tronk toe. Dis ‘n siek siek land hierdie, met siek siek mense. Selfbeskikking, waar Afrikaners hulself kan regeer, blyk die enigste uitkoms te wees.

Stephen Namibia ·

Wat se die Prof hiervan?? Of is haar kop weer in die sand?

Theresa ·

Indien “iemand” of ‘n ander “land” wel agter al hierdie moord, plundering en wanorde is, sal daardie persone wat die besluite neem en deurgee bitterlik boet, want daar is baie bloed, angs, pyn en finansiële verliese in hierdie land.

Dit mag dalk onaangenaam gewees het om te hoor daar word op die betogers geskiet – maar, dit sou meer onaangenaam gewees het om deur die brandende bande en skreeuende opstandiges te moes probeer ontsnap met jou lewe!

Skreiende skande dat elke opstandige vernietiger nie in hegtenis geneem kon word nie. Sake van eiendomsbeskadiging en trauma moet teen elkeen ingestel kon word.
Moenie net monitor nie – neem in hegtenis. En eis terug wat hul so verniel.

Ruan ·

Siener van Rensburg het hierdie anargie in Suid-Afrika voorspel. Draai na God, want as ons vir God is, wie kan teen ons staan. Net God se genade kan ons red.

honourable member ·

Hoe is dit dat hierdie mense se gedrag maar net aanvaarbaar is en die regering se niks en doen ook niks nie. Hulle kyk maar net ander pad. Hoe de hel kan dit so by n hospitaal wat siek mense moet behandel gaan en dit is maar net toelaatbaar. Hierdie mense het absoluut untouchable geword en hulle weet dit. Nee hel iewers sal hierdie patetiese regering hulle sokkies moet begin optrek. Hierdie was n beskaafte land tot hulle oorgevat het.

Blommie ·

Die beste ene nog vir my is wanneer hulle staak en die winkels plinder.
Lekker man Lekker.

Reguit ·

‘Democracy’ in Africa is the election of the incompetent and corrupt by the ignorant, illiterate and barbaric, where chaos & anarchy rules. They then keep on voting until the ‘right party’ wins and stay in power forever. Moenie verwag dat iets gaan verbeter nie.

Wonder ·

Ek kry die patiente en pleegpersoneel baie jammer, want dit wat hul deurgemaak het, is skrikwekkend. Sterkte vir julle.

Regering skrik al skrik julle net wakker.

White Rhino ·

Siener was ‘n Godsman – hy het nie dinge uit sy duim uit gesuig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.