[Foto’s] Betogers maak amok in Durban

ʼn Groep betogers het Maandagoggend die strate in die noorde van Durban ingevaar en verskeie paaie versper. Foto: Marshall Security.

ʼn Groep betogers het Maandagoggend die strate in die noorde van Durban ingevaar en verskeie paaie versper. Foto: Marshall Security.

ʼn Groep betogers het Maandagoggend die strate in die noorde van Durban ingevaar en verskeie paaie versper en voertuie aan die brand gesteek.

Die beweerde diensleweringsbetogings het in die Sea Cow Lake-omgewing en KwaMashu uitgebreek en verkeer na die Springfield-nywerheidspark, waar duisende mense werk, beïnvloed.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê een persoon is in ʼn ernstige maar stabiele toestand nadat hy omstreeks 10:30 geskiet is. Dit is nog nie duidelik of hy ʼn betoger is en wie op hom geskiet het nie.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê beamptes van die veiligheidsmaatskappy is op die toneel en het foto’s van ʼn motor en ʼn vragmotor se tenkwa geneem wat aan die brand gesteek is.

Supt. Sbonelo Mchunu, woordvoerder van die eThekwini-metropolisie, het gesê die betoging het omstreeks 04:00 begin. Hy het gesê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die polisie en metropolisie is op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Irene ·

Gatvol vir hierdie tipe nuus hul word asngrhits om dit te doen regering het verloor

Olga ·

Baie dankie dat julle nie besluit het om nou ewe skielik op te hou om enige iets oor protes optogte te plaas nie. ONS WIL WEET WAT AANGAAN!

Willie ·

Hoekom privaat eindom en privaat karre aan die brand steek? Gaan takel die dienslewerings geboue… en die prerz se huisie…

Karma ·

@Willie – hulle steek privaat eiendom aan die brand omdat hulle nie die verstand het om te weet dat die eienaar daarvan DAARVOOR GEWERK HET NIE, want hulle weet nie wat die word WERK beteken nie. Dit is net “Aai demand, aai demand”!!!

tamboti ·

Die populasie se nationale sport: gewig(klip) stoot, teiken vuur (petrol bomme), hindernis baan (versperrings in strate) – twee adelings: stedelik en nasionale paaie, en gesinchroniseerde dans (toi-toi).

Leeukop ·

Dan weer kla hulle omdat daar nie werk is nie, te dom om te besef as jy besighede se vragmotors en ander bates brand kan jy nie job kry nie.

Adele ·

Ek en my kollega was vasgevang te midde die protes in Durban – moes vlug of ‘n statistiek word vanoggend. Die regering lag in ons gesigte. Dinge MOET verander, genoeg is nou genoeg!!

Hannes R ·

Okay hoekom betoog ons blankes nie ook n bietjie nie mmmm.Kom ons maak n datum vas vir dit.

vermeende ·

Maklik om dit stop te sit, plaas eenvoudig net n vebod op alle kamaras en sluit alle joernaliste toe.
ANC stile, problem solved!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.