[Foto’s] Betogers maak amok in Kaapstad

Twee Golden Arrow-busse is Woensdag op die N2 tyden onluste in Kaapstad aan die brand gesteek. Foto: Via Twitter

Twee Golden Arrow-busse is Woensdag op die N2 tyden onluste in Kaapstad aan die brand gesteek. Foto: Via Twitter

Onluste het Woensdagaand in Kaapstad uitgebreek, waartydens betogers twee busse en ʼn vragmotor aan die brand gesteek en die N2-snelweg naby die lughawe versper het.

Die betoging spruit na bewering uit ontevredenheid oor ʼn ANC-kandidaat vir die munisipale verkiesing op 3 Augustus.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê die protesoptrede het omstreeks 18:00 in Nyanga uitgebreek.

“Met die polisie se aankoms was twee Golden Arrow-busse, ʼn vragmotor en buitebande op die snelweg by Borcherds Quarryweg aan die brand,” het Van Wyk gesê.

Die snelweg in die rigting van Somerset-Wes moes vir verkeer gesluit word. Die snelweg is intussen weer oopgestel.

Twee mense wat glo probeer het om motoriste te beroof, is in hegtenis geneem. Die polisie ondersoek ʼn saak van openbare geweld, maar niemand is nog in dié verband in hegtenis geneem nie.

Die situasie was teen Donderdagoggend kalm. Die polisie en metropolisie monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

Anargie. Volgens plan. Plakkers alreeds vir jare strategies in en om Kaapstad geplaas om te mobiliseer soos en wanneer benodig. ANC: ons stuur vir julle die rekening vir die brande en breek en trauma. Vir n politieke.party wat the people at heart het en luister na die gemeenskap…vreemd dat soveel so upset kan wees?

Griki ·

Die munisipaliteit en ander wat skade gely het deur hierdie betoging moet die ANC self (Luthuli-huis) opskroef vir vergoeding. Ons kan nie toelaat dat hulle Kaapstad ook verniel soos hulle met Tshwane gemaak het nie.

Tiger ·

Ek verstom my oor hoe die betogers hul grief en met die aan die brandsteek van voertuie op ‘n snelweg bymekaar kry?Wys mens net hoe KLEIN die betogers se breine regtig is!!Motoriste sal maar moet oorgaan tot selfverdediging waar hulle in sulke gevalle tussen klipgooiers vasgevang word.Ek meen die motoris het betaal en betaal steeds vir die pad waarop hy ry en die reg om daarop te kan ry die betogers niks nie!Hoekom brand hulle nie liewer hul bure se huisies af nie??Sal baie meer sin maak dan!

Daenerys Targaryen ·

Hmm elke keer die ANC. So ‘n puik idee sal wees vir hulle om eerder Nkandla aan die brand te gaan steek dan hou hulle die onluste en brand skade sommer alles binne die ANC ……….

Selfverdediging ·

Hier mee verklaar ek dat ek nie sal huiwer om myself te verdedig as ek beroof of aangeval word nie, so wees gewaarsku die wat dink hulle kan maak wat hulle wil.

Martie ·

Daar is ‘n maand terug een Sondagoggend 1:30 by my vriend in Klerksdorp se huis ingebreek. Hy slaap altyd met sy wapen onder kopkussing as so iets sou gebeur…. Lang storie kort – hy skiet die man dood. Nou word Leon vir moord aangekla en baie dramas!!!! Wat moet ons dan doen??? Op die bed lê en sê dat hulle ons maar moet doodmaak of wat????????????????

Idee ·

Maroela, skryf asb. oor wat ons kan maak nie net om onsself te verdedig en beveilig nie, maar ook wat om te doen wanneer ons gearresteer word of moeilikheid kry wanneer ons onsself net verdedig het soos wat Martie hier beskryf.

Wern ·

Martie, Kyk onder die berig “Vrae omdat man na ongeluk in vangwa gegooi is”, daar is n prokereur wat in hierdie sake spesialiseer wat sy hulp aanbied onder die kommentare.

Deon ·

En as al die busse uitgebrand is…..dan staak hulle want daar is nie genoeg publieke vervoer nie……

Herman ·

Ag nee wat, hier is nie meer hoop vir ons nie. Anargie wat kom….

Herman ·

Hulle moet solank n duk baie sterk muur om Orania bou. Hulle gaan nog daar plek toesak en die plek ook vernietig tot op hulle standaard.

Chris Ws ·

Herman hulle stel niks belang in Orania nie.Daars maar 1200 siele daar.Geen busse om te brand nie en te min winkels om te plunder.Hoevell mense bly in stede en dorpe?DIS waarop hulle hul sal toespits om oor te vat – waar dit meer saak maak.Baie busse om te brand en groot en baie winkels om te plunder.

Andre ·

Moet nou net nie kla dat daar nie publieke vervoer is nie. Julle bring dit oor julle self!

Justice ·

Nou waar is die feë verhaal van die DA in die Kaap? Hulle het nie eers buurstate (Zim/Mos) wat hul provinsies inval en amok saai nie.

christine ·

Weet darem nie die vebrande burgermeester is eintlik onodig so of dink die mense die ANC gaan hier n duik maak. Belaglike goed. vlammelus en bloedlus dis wat. Skeeu en roep hier en n kans om te roof

LeonR ·

Ek is die Leon na wie Martie verwys. Summier gearresteer en toegesluit vir 2 dae. Dankbaar dat dat daar mense was om my borg te betaal. En, die polisie het nie eers die moeite gedoen on vingerafdrukke te neem neem nie. Al my vensters was oopgebreek om in te kom. En die lid wat my arresteer sê dat sy sal sorg dat ek sal sit? For Crying Out Loud, WIE is die friekken krimmineel???

sanet ·

In die berig oor die kaping word dit duidelik genoem dat die kapers wit was, kan julle asb net duidelik maak watter kleur die twee was wat die motoriste probeer beroof het. En noem asb sommer elke keer as daar ‘n berig oor misdaad is watter kleur die oortreders of aanvallers was.

Wit voertuie ·

Die artikel bedoel hoogs waarskeinlik dat die voertuie wit was, dit verwys nie na ras van die insittendes nie.

R Eaton ·

Dankie om ons elke dag te herinner hoekom daar apartheid was. Gaan so voort.

Pietskiet ·

Kyk ek wil nou nie snaaks wees nie maar die ouens is baie skerp daar is nie werk nie so ons skep werk iemand moet kom skoon maak en weer herbou asn die paaie en voertuie Viva Suid Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.