[Foto’s] Betogers maak amok in Pta-woonbuurt

Bremerstraat wat versper is. Foto: Facebook

Bremerstraat wat versper is. Foto: Facebook

ʼn Groep ontstoke inwoners van die Gomora-informele nedersetting het Woensdagoggend die strate in die weste van Pretoria ingevaar om glo oor dienslewering te betoog.

Kapt. Augistinah Selepe, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die inwoners van die nedersetting naby die Daspoorttonnel bymekaar kom.

“Bremerstraat tussen Van der Hoffstraat en die Daspoort-tonnel is versper en geblokkeer met brandende bande, vullisdromme wat aan die brand gesteek is en klippe,” het Selepe gesê.

Sy het gesê daar is sowat 250 betogers in dié betrokke gebied.

“Die betogers beweer die Tshwane-metro het vir hulle ʼn skool, HOP-huise, ʼn rioolstelsel en lopende water belowe. Die betogers eis dat die burgemeester hulle kom toespreek om te verduidelik waarom die metro versuim het om dit te lewer.”

Sover is daar nog geen beserings of beskadiging aan eiendom aangemeld nie. Die metropolisie het bevestig dat gerugte dat ʼn laerskool se skoolsaal aan die brand gesteek is, onwaar is. Leerders van verskeie skole en kleuterskole in die omgewing is egter huis toe gestuur vir veiligheidsredes.

Die Tshwane-metropolisie, plaaslike polisie en openbare orde-polisie is op die toneel.

Die Tshwane-metropolisie het motoriste gewaarsku dat Van der Hoff- en Bremerstraat, asook die Daspoorttonnel, vir verkeer gesluit is. Die Bremerstraat-afrit op die Mabopane-snelweg is ook gesluit. Motoriste moet van alternatiewe roetes gebruik maak.

Intussen het ʼn groep betogers, vermoedelik onder die vaandel van die #OutsourcingMustFall-beweging, strate om Unisa se kampus in Muckleneuk met rommel, klippe en bande versper.

In ons woongebiede – Dankie Vader dat ons U beskerming oor elkeen verklaar

Posted by Fanie Coetzer on Tuesday, March 8, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Frans ·

Suid Afrika begin nou letterlik en figuurlik rommelstatus bereik want die leuen van ‘n better lewe vir almal begin nou die ANC inhaal.Dit bewys maar weer dat jy ver op ‘n leuen kan reis maar nie op dit kan terugkom nie.

sean ·

And then come vote day and elected councils….. they still vote ANC the residents can only ask themselves why???

DD ·

Sean, ja dis nou een ding wat ek nooit sal verstaan nie. Maar dis seker maar hulle logika.

Frederik ·

DD, jy praat van logika?? Dit is nie deel van hul kultuur nie en in hul onderskeie dialekte wat hul praat bestaan daar ook nie ‘n woord soos logika nie.
In Natal iewers is die spul nou kwaad vir hul geliefde ANC omdat hul vir die komende munisipale verkiesings ‘n burgermeesterskandidaat behou het. Hy’s blykbaar ongewild.
Logika?? Wat doen hul nou om hul ontevredenheid te demp?? Hul brand hul werkgewers se fabrieke af!! Hul het regtig nie die sense om dan maar vir ‘n ander party met ‘n beter kandidaat te stem nie.
Volgende week brand hul die munisipale kantore af omdat hul nie werk het nie. Dit is hul logika.

LadyP ·

Dis sommer strooi, daar is verneem van vertroubare mense af dat busse betogers vanaf die Stormvoel afrit se rigting na Pretoria Wes aangery is om aan die betogings deel te neem!

Mara Fourie ·

Dis darem baie snaaks dat die wit inwoners van SA nie gebruik maak van die soort optredes as hul ongelukkig is oor enige iets nie. Ook nie om strate, geboue of besighede, voertuie aan die brand te steek nie. Dis net dood een voudig nie in hul ge artheid om te vernietig en vrees en verwoesting te saai nie. Hoekom? ek sou se omdat hul weet wat die kostes sal wees om als weer op te bou. Waar le die verskil. As jy werk vir jou geld en be sittings. Sal jy dit nie vernietig nie.

Mara Fourie ·

As jy nie WERK vir jou geld nie, sal jy nuks waardeer nie! As jy als demand en net vat, sal jy als vernietig. Ander se be sittings vernietig, beskadig, steel en moor want dis Dan jou reg volgens die selfsugtige, ongebalenseerde brein denke. Ongeag jou vel kleur

Nadine ·

Die feit dat hulle vir die ANC bly stem is mos HULLE probleem! Ek het sopas ‘n huis in Commercial Straat gekoop – net langs bremer – en ek wonder of ek vanaand by die huis gaan kan kom. My man is 2 ure laat vir werk… ons het niks met hulle probleme te doen nie! maag my die hel in!!!!

Dawie ·

Nadine, die probleem is, dit is HULLE probleem dat hulle vir die ANC stem, maar dit word ons almal se probleem as ons pragtige land in vlamme op gaan, letterlik. Dit is net so sad om te sien tot watter uiterstes mense gaan om dinge te probeer oplos. Dan praat ek nie eers van al die onwettige immigrante in ons land wat deel van die probleem is. By UNISA is daar ook weer protes aksie, verkeer word ontwrig en staan terug tot anderkant die fonteiene, polisie ook op die toneel en het blykbaar al rubber koeëls gebruik om die betogers terug te jaag. Urgh – Alan Paton se boek kom tot reg “Cry the beloved country”

Hendrik ·

Die betogers gaan beslis hulle probleme nader bring na die sogenaamde “suburbs” . Statistiek toon dat meeste eindom besit word deur swartes en dat daar meer swartes woon in die “suburbs” as blankes. Die meeste huisverkope is aan swartes.

Annie ·

Stem saam met Sean kom stem tyd dan stem hulle weer vir die ANC. Hulle moet die weermag weer terug bring.

Willie ·

Die moet nou in die mou gesmoor word. Dis totaal en al uit beheer uit, e n die is net die begin. Die feit dat mense aangery word van oral is ook kommerwekkend. Hierdie is krimineel, niks anders as dit nie. Bring “Beheer” terug wat met “A” gespel word.

Paul ·

Dit is duidelik die anc se beplande optrede en word net deur die troepe uitgevoer.

Willie ·

Waar is die beheer? Waar is die skydslyn tussen betoog en krimineel?

Elsie ·

Nee hul weet net hoe om af te breek en te verwoes en nie om op te bou nie.

Marlene van der Walt ·

Die landswye vandalisme, betogings, aanvalle van geweld en al die ander gewelddadige aktiwiteite is onaanvaarbaar en dit is baie moeilik om te verstaan hoe hierdie mense so ver kom daarmee sonder dat dit enigsins beheer kan word.

Kan ons nie plakkate oprig en ons misnoeë rig aan ons huidige regering in hierdie tyd waar ons binnekort na die stembusse moet
gaan nie en ons wantroue rig teen ons huidige regering en die bestuur van ons land nie ??

“PRESIDENT ZUMA EN A N C REGERING, ONS LAND BRAND EN JULLE DOEN NIKS NIE ?!”
“SOUTH AFRICA IS DROWNING IN THE MUD OF THE A N C’S CORRUPTION”

BRAAI ·

di snaakste is….het julle daai witlyn gesien by di hoof foto by robort wat ni reguit loop ni lol

Johann Marx ·

Hahahahahaaa….Braai? Laat jy my nou van my stoel afval. Is dit nie waaroor hulle toyi-toyi nie? Daai lyn wat nie reguit is nie? Sodom….in Gomorra.

Danie ·

Braai ek lag vir jou. Jy is baie oplettend. Daai wit lyn is seker toilet papier, SA is mos nou op junk status :) Dis so sad…en dan noem ons die plek, “HOME”

RYNA ·

Ek het dit ook opgemerk dis lagwekkend! ek het so gegiggel want ons regering dink soos daai lyn…..

Reinhardt ·

Braai, Danie en Ryna. Daai witlyn was waarskynlik reguit, maar soos die pad vervorm dmv swaar ladings van trokke vervorm die witlyn natuurlik saam met dit. Dit staan bekend as “rutting.” En dit gebeur wanneer die plaveiselontwerp nie op standaard is nie.

Danieq ·

Mense, come to think about it – dalk toi toi hulle oor die bleddie lyn wit en boonop skeef is. Ag sommer net op ligter noot – hoop dinge gaan beter vandag ! Wees veilig mense !

HEVW ·

Dit is sekerlik een rede waarom hulle saakbeskadig omdat hulle nie werk nie, alles grates ontvang ens. en dat witmense met n veratwoordelikheidsbesef leef, maar die hoofrede is dat die groot meerderheid van blankes op n hoer vlak van beskaafdheid verkeer en respek het vir die beskawing en ook selfrespek het.

david ras ·

Die Gomora nedersetting, is dit nou die buurdorp van Sodom ?

M ·

Netso Braai. hulle kan nie eers in die land n streep reguit verf nie so hoe wil hulle nou die land regeer. Lagwekkend….

Irene ·

Plaas dat hulle die muns geboue afbrand en na dir slegte bestuur se huise gaan dan is daar geen werk vir slegte bestuur nie nou is hulle dom dom dom kan nie reg dink nie breek hulle ander plekke onnodig af

Cecilia ·

Daar word ook net berig wat die media wil. Ja dit is nie waar dat die laerskool aan die brand gesteek is nie MAAR dit is wel waar dat dit die HTS Tuine se skoolsaal is wat aan die brand gesteek was. Waarom korrigeer hul nie die onwaarhede met wat WEL waar is nie??

Wouter ·

Betaal die opstokers ooit hulle munisipale heffings? Dan het hulle n sê as hulle nie dienste kry nie. Dis omdat hulle toegelaat word om te protesteer?

Moedeloos ·

Jy is doodreg Cecillia ek bly ook in die omgewing, het my kind 6 uur HTS Tuine afgelaai en probeer om by Tuine Laer te kom, hulle het die pad toegemaak voor ons, ons gedreig met stop borde wat afgebreek is my kind was histeries en het net gevra hoekom doen hulle dit. Ons het omgedraai kon glad nie ry nie, en het my seun by die skool gaan haal en huistoe gekom. Dit terwyl die Metro gestaan en kyk het.

Kallie du Plessis ·

Waar ‘n “mens” ‘n sogenaamde agtergeblewene is en jy het geen benul van wat enige iets kos nie,jy wil net alles verniet hê, dan kan jy mos afbreek en vernietig want dis al verwysings raamwerk wat jy het. Daar is hoegenaamd geen benul van ekonomie, koste, personeel en salarisse nie. Die government moet alles gee en wie betaal die belasting wat ten hemele skryn? Kyk hoe lyk strate, hospitale, regeringsgeboue,dit is alles vervalle,vuil en vieslik. Gaan die universiteite ook so lyk en die dosente, gaan hulle bereid wees om in die geboue klas te gee aan mense wat net aan vernietiging glo? Is dit hoe demokrasie lyk, is dit hoe ons moet leef? In anargie en misdaad? Waar kinders nie meer eens vryelik kan draf nie dan word hulle vermoor? Nee, ‘n duisend maal nee,ek wil nie so leef nie. Ons moet ruggraat kry,fier en sterk staan soos in die ou weermag,daar moet dissipline en trots wees,ons moet ophou wegkruipertjie speel!

Johann Marx ·

Kallie? ‘n Agtergeblewene is iemand wat vandag op die stasie wag vir die trein wat hy gister afgebrand het…..om te klas toe te gaan by die skool wat hy gister afgebrand het, sodat hy matriek sertifikaat kan kry en Universiteit toe kan gaan….op die kampus wat hy laas week afgebrand het!!

Essie ·

Dis so hartseer om te sien hoe alles verval en ten gronde gaan. Laas jaar ry ons na Springs – (dit voel of ek nou nog aan bom skok ly) ons was in die 90’s laas daar en ry deur middedorp. Geboue is vervalle en gemors lê orals, ons ry na Brakpan en dit lyk dieselfde. Dit het gevoel of ek na films van nou kyk waar “zombies” en gepeupel orals uitkruip. Skrikwekkend om te dink wat se skade die regering aanrig…

Antie ·

Wil alles verniet hê, vernietig alles wat boere opgebou het, en polisie en metro polisie staan en doen niks, hulle kon lankal die hele spul gearresteer het!!!!

moeks ·

250 Betogers wat ‘n hele buurt gyselaar hou en alles ontwrig terwyl polisie staan en kyk. Die regering het hierdie onding self geskep deur sogenaamde regte, want almal het mos ‘n “reg”.

CAV ·

Nou ja, het hulle nog nie geleer nie. As jy dienste, HOP huise en skole wil he, moet jy maar eintlik betaal daarvoor. Jy kan nie net verniet kry en kry en kry nie
Net soos ek wat moet opdok vir swak dienslewering, moet hulle ook maar

Maar dit kom nou maar seker daarvan dat die ANC lee beloftes gemaak het net om kiesers te lok

Asblikke en bande is wel eiendom

Annelize ·

Maar sien, daar is mos vir hulle vertel dat alles vir hulle “gegee” gaan word, gratis huise, gratis onderwys, gratis medies, you name it. En nou? Nou byt daardie beloftes vir Jan Publiek in die gat, nie die ANC nie. Want more-oormore moet daar weer gestem word, en dan staan almal soos ‘n klomp dof skape om tog te gretig hulle kruisie langs die ANC te trek. As jy iets wil he, dan WERK jy daarvoor, en jy BETAAL daarvoor. Hierdie lewe skuld niemand niks nie. Die lewe is wat jy daarvan maak, NIKS gaan vir jou op ‘n silwer skinkbord gegee word nie. Maar dit was mos die propaganda wat in die 80’s en 90’s in die lokasies uitgesaai was, dat die blanke mense net mooi alles verniet by die apartheidsregering gekry het. En ek suig dit nie uit my duim uit nie, ek was nog kind in die 80’s toe ‘n swart vrou dit vir ons vertel het. Jong, ek is sommer van voor af opgeklits!

Ronel ·

Da het jy dit nou! Wil ‘n land regeer. Kyk wat het van Suid Afrika geword!
Wys jou maar net, die ANC het en gaan die hele land vernietig!

Bianca ·

Ek verstaan blykbaar as die weermag ontbied word, word dit as oorlog beskou!
Maar magtig, is die brand van strate en beskadiging en geweldadige betogings nie hulle manier van oorlog nie? As jy ‘n erf wil besit Meneer, gaan jy die erfbelasting soos ons betaal? As jy ‘n skool soek, gaan jy die skoolfonds soos 1000e ander ouers betaal? As jy water soek, gaan jy die rekening betaal?
Ek kan dit nie verstaan nie. Wat gaan gebeur as ons so betoog? Is die tronk deure vir ons ook dan toe?

Annelize ·

Volgens my is daar ‘n verskil tussen “betoog” en om jou soos ‘n barbaristiese krimineel te gedra. Hulle betoog oor dienste wat hulle nie het nie, maar dit wat daar wel is, word tot in die grond afgebreek en verbrand! Plaas gaan brand hulle die ANC se hoofkwartiere af, want daar is die beloftes mos so dik soos stroop vir hulle aan hulle monde gesmeer, net om aan bewind te kom, en toe is dit elkeen vir homself wat die staatskis aanbetref, en die res vir die duiwel. En na 22jaar is hulle nog slegter daaraan toe as voor ’94 (wil iemand stry?), en die hele verdomde land for that matter. Hierdie land staan op die rand van totale ineenstorting.

Bianca ·

dis baie waar hulle het daar gaan plak , niemand het gese hulle moet daar gaan bly nie.

MJ ·

Toe die eerste lot daar gaan plak het, het ons die DA Raadslid daaroor aangevat. Toe was daar beloftes gemaak dat dit net tydelik is en dat daar vir hulle huise gebou gaan word en hulle verskuif gaan word. Nou ses jaar later is dit die gemors waarmee ons sit . Dankie DA dat julle so mooi omgesien het na die “belange” van julle kiesers wat getrou elke maand vir hulle erfbelasting en dienste betaal.

vra maar net ·

250 betogers !! hoeveel mense bly in daai omgewing ? nie 250 nie

ons staan ma en kyk hoe hulle alles afbrand

Annelize ·

Want Vra maar net, hulle het die reg om te verniel en te verwoes, jy as hardwerkende eerlike belastingbetaler het mos geen regte nie. Sou iemand optree om te beskerm en te red, belowe ek jou vandag daardie persoon sit voor son-onder met sy bas in die tronk, en word uitgekryt vir ‘n rassis.

Willie ·

Dit kom saam met Pretoria word Tshwane. Dis nou n regte Tshwane, en die vuurwerke begin. Hoop die groot hael kom wat so voorspel word, en slaan die klomp heidinne deurmekaar.

Dollie ·

ek was nie daar toe die paswet ingestel is nie, maar nou kan ek verstaan hoekom dit destyds toegepas moes word. hier het ons mos nou duidelike bewyse.”do I need to say more”

charmaine ·

Ons bly regoorkant HTS Tuine ons kyk op die saal en volgens my kinders wat by die huis was daar nie n brand nie, gelukkig nie. Dis nou stil in die omgewing.

Hannes marais ·

Destyds het oorle oom jaap Marais en die hnp hard baklei vir n nee stem..die volk is gewaarsku teen de Klerk en wat sal gebeur met n magsoorname aan die anc…ons pluk nou die vrugte van die ja stem wat gewen het…

Brand ·

Hi wil net se hierdie gebied het eerstens nie ‘n ANC councilor nie. Tweedens is hierdie mense van Atteridgeville af na die gebied geskuif, weet nie wat is die rede nie maar duidelik moet hulle terug geskuif word om naby die skole wat hulle bedien te wees. Ek glo daaraan dat die son oor almal moet skyn maar die dag as dit my kinders raak dan dan kan ek dit ek nie meer regverdig nie. Ek hoop die ward councilors in die gebied neem notisie want as die ding hande uitruk mag dit lelik word.

Willie ·

By dit gese, die Moot se mense sal nie toelaat dat ons kinders, en ons eindomme geraak word nie. Die skrif is aan die muur. Mense julle moet asb by die Polisie Forums aansluit en/of by die Afriforum buurt wagte. Ons moet ook in massas gereed wees…

Alta ·

Waarom word al hierdie beskadiging aan eiendom, paaie net gelate aanvaar deur die owerhede? As jy tog iemand anders se eiendom beskadig of betree kan die polisie jou wegvat. As daar net opgetree word sal hierdie malligheid end kry. Maar die gereg staan net en kyk. Jy sal nie n blanke sien wat so optree nie. Alles kom neer op opvoeding. As jy uit die bos gehaal word en nie weet om beskaaf te wees nie kry jy wat ons land nou het. Hulle dink dat om goed te verwoes hulle outomaties gaan slim word, werk gaan kry en skatryk word. Waarom tree ons president nie op nie!!

TDW ·

Is dit net ek wat dit raaksien? EFF is besig om te oefen vir ‘n staatsgreep. Hitler het destyds ook so begin!

CVS ·

Bwaahahahaha lekker lag ek nou vir al die komentare….mooi mense jul het my donderdag opgevrolik….maar steeds geen oplossing.!!..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.