Foto’s: Betogers ontwrig bekendstelling van Ace-boek

Foto: Penguin Random House

Betogers het Dinsdagaand die bekendstelling van Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture by Exclusive Books in Sandton City ontwrig.

Volgens Penguin Random House, uitgewer van die boek, het betogers eksemplare van die boek opgeskeur en bladsye uitgeskeur en rondgestrooi. Die betogers het ook “Ace! Ace! Ace” gedreunsing en plakkate rondgeswaai.

Die ANC het laat Dinsdagaand ʼn verklaring uitgereik waarin hy hom van die voorval distansieer. “Die ANC veroordeel die ontwrigting en die oproep dat boeke gebrand moet word in die sterkste moontlike terme.

“Ons wil benadruk dat diegene wat die boekbekendstelling ontwrig het, dit nie in die naam van die ANC of die party se sekretaris-generaal gedoen het nie. Ons beskou die optrede van die individue in ʼn baie ernstige lig aangesien dit vryheid van spraak ondermyn.”

Foto: Penguin Random House

Exclusive Books moes later sy deur sluit weens die ontwrigting. Myburgh het intussen na afloop van die gebeure gesê hy is lief vir die land en sal voortgaan om sy stem te voeg by diegene wat glo in die toekoms daarvan. “Ongeag die beste pogings van diegene wat demokrasie haat,” het hy gesê.

In die boek skryf Myburgh daar is invloedryke magte in die regerende party wat alles kan verloor as korrupsie en staatskaping aan die kaak gestel word.

Myburgh skryf Magashule is die man aan die voorpunt van pogings om dit te keer. Hy beskryf Magashule as Suid-Afrika se “gevaarlikste politikus”. Myburgh skryf in die boek daar is in Vrystaatse politieke kringe dikwels na Magashule as “Mr Ten Percent” verwys, glo omdat hy 10% van elke regeringskontrak in die provinsie geëis het. Hy het glo ʼn oog gehou op alle groot en mediumgrootte betalings wat munisipaliteite en provinsiale departemente gedoen het.

Foto: Penguin Random House

Die boek delf dieper in Magashule se beweerde duistere transaksies: van sy tyd as struggle-aktivis in die 1980’s, sy magtige bewind as premier van die Vrystaat vir amper ʼn dekade, tot sy opgang as een van die ANC se invloedrykste politici.

Myburgh het deur massas rekords gewerk, dokumente gefynkam en eksklusiewe onderhoude met bronne gevoer om meer te wete te kom van Magashule se verhouding met die berugte Gupta-familie en ander tendermagnate. Hy het ook ondersoek ingestel na regeringsprojekte van miljarde rande wat Magashule se vriende en familie glo verryk het.

Myburgh onthul hoe Magashule glo op die punt was om in hegtenis geneem te word kort voor die Skerpioene in die laat 2000’s ontbind is, asook die maniere wat ingespan is om hom in die Vrystaat aan bewind te hou en die pos van sekretaris-generaal van die ANC te verseker.

Foto: Penguin Random House

In die boek skets Myburgh ook ʼn prentjie van Magashule se transaksies met ʼn sakeman wat in 2017 doodgeskiet is, gegrond op ʼn string uitgelekte e-posse en dokumente. Igo Mpambani is in Sandton doodgeskiet, terwyl hy glo op pad was na Bloemfontein. Die polisie het R1 miljoen in sy Bentley gevind. In die boek verbind Myburgh Magashule onder meer met Mpambani se sogenaamde “asbes-oudit” van R225 miljoen wat in die Vrystaat gedoen is.

Maroela Media het vroeër berig die ANC het die boek oor Magashule veroordeel en die bewerings as fopnuus beskryf. Die ANC sê die aantygings is tipiese Stratcom-styl. Stratcom was ʼn groep binne die destydse apartheidsregering wie se werk dit was om veldtogte met vals inligting te skep. Dit het propaganda, fopnuus, asook smeerveldtogte teen diegene wat apartheid beveg het, ingesluit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

willem Botha ·

En waar was die belasting diewe of soos hulle hulself noem sapd?

Andre Coetzee ·

So gaan dit as die waarheid so seermaak en ten alle koste beveg moet word.As die inhoud van die boek aanvaar word as leuns deur die betogers wys dit net in hulle absolute onvermoe om rasioneel en logies met feite om te gaan.Hulle glo eenvoudig dat Ace onskuldig is en basta met die feite.En dan wil die mense stem ??

Gert van Wierdapark ·

Dis maar net ‘n geval van “Acie se “Jokers” wat seker maar deel uitmaak van die “Hand” wat hy homself gedeel het om te kroek! Sy “Kaartehuis” is besig om inmekaar te plof, maar as die skynbare masjinis van die Soustrein, stoom dit lustig en rustig voort na 8/5/19!

ES ·

Ek wonder of die betogers ook ‘n pakkie kos en ‘n T-hemp aanvaar het as betaling vir hul betoging… mens kan darem maar die gepeupel omkoop met enigiets, solank hulle tog net kan betoog.

Johanna Botha ·

Nou wil mense eers die boek koop ….baie goeie reklame ! Ook maar lekker dom ??

piperno ·

Stem saam, goei reklame. Die boek verkope skiet sekerlik nou die hoogtes in – dankie ANC vir die reklame :-)

AfrChick ·

Die gesig van Suid-Afrika …. voorwaar onberispelike ambassadeurs van die ware stand van sake en meerderheidsmentaliteit. Skokkend.

B ·

I/s staatskaping & korrupsie – ek praat by ‘n funksie die naweek toevallig met ‘n hooggeplaaste in bank- & regskringe. Die persoon noem toe aan my dat daar heeltemal te veel en te invloedryke mense betrokke is en dit sal verhoed dat daar iets noemenswaardig sal kom tov vervolgings. Ja hier en daar, maar die werklike kern sal grootliks so voortgaan.

George in Bloem ·

Janee,die waarheid maak seer en daar moet ten alle koste gekeer word dat dit uitkom en dat mense weet wat die tsotsie als al aangevang het. Natuurlik is dit ook advertensie wat geld nie kan koop nie.Hahahaha! Regte 30%ter denke die spul armsalige idiote.

marous ·

Wat sal gebeur as wittes mandela se walk to freedom gaan opskeur ?

John ·

Ek hoop Exclusive het die ‘akteurs’ vergoed… ten minste met ‘n toebroodjie want dit was die beste reklame en bewys vir almal en vir die Zondo-kommissie dat die inhoud seermaak. Die mag van Ace en die Portugese antie wat die ANC bestuur, blyk duidelik. CR ry maar trein en hoop hard dit is die soustrein vir sy kiesers wat nou net uit die boks kom.

Lourens ·

Koop en brand. Koop en brand. Skrywer maak net meer geld. Hahaha. Julle is idiome…….

Domvraag ·

Hoe naief van Exclusive books om nie voorsiening te gemaak het vir so gebeurlikheid nie.
Dis te verwagte dat die bekendstelling ontwrig sou word en daarom moes daar n sterk sekuriteits teenwoordigheid gewees het en die onopgevoede karakters geweldadig verwyder het, want dis al taal wat hul ken.

Grassie ·

As ek so na die fotos kyk is die betogers waarskynlik plakkers en leeglêers wat aangery is om te betoog. Ek glo die meeste van hulle weet nie eers waaroor dit gaan nie.

SêNet ·

Ek is amper seker dat elkeen wat daar opgedaag het om die boekbekendstelling te ontwrig nie kan lees nie.

J ·

Twyfel of meeste van enige betogers en natuurlik groot persentasie van ANC kan lees, rede hoe kan jy 25 jaar vir n party stem en net n maand later teen die mense betoog wat jy nog altyd voor self gesyem het

Schalla ·

@J – Laat my dink aan hierdie uitstekende sê-ding:
“The forest was shrinking, but the trees kept voting for the axe because its handle was made of wood and they thought it was one of them!”

james ·

Sulke chaos raak nou onlosmaaklik deel van ons land….word betogers nie met traangas gespuit en gearresteer in decent lande nie??

Jepetto ·

Hou maar dop Die ANC sal a ander deentjie sing oor die boek so maand na die verkiesing

Eish ·

ANC distansieer hom van optrede van betogers? Een van die dae stemdag, hulle distansieer hul van alles….staatskaping!

Trojaanse Donkie ·

Solank dit net op u-tube verskyn sodat die res van die vryewereld ook kan sien daar IS vryheid in RSA,

fred ·

ag Theresa….hulle HET niks anders om te doen nie…klomp leëlopers….dis hulle” highlight of the week”…as jy hulle betaal sal hulle met plesier vir jou ook kom betoog?……arm nuwe Suid-Afrika

Skandelik ·

En die manne in blou het seker van ‘n VEILIGE AFSTAND AF die dinge dopgehou en sou seker optree indien dinge TE ROF geraak het .. was skynbaar nie rof genoeg om ‘n paar vandale in die tronk te smyt nie …

McG ·

Whahahaha!! Ek hoor vanoggend die comrades moet die boek koop (absolutely excellent vir sales, dit gaan blisig herdruk moet word) SODAT hulle dit kan brand! Whahahaha….. Pieter-Louis, het jy nie nog ‘n boek wat wag nie? White monopoly capital sou glo help dat jy die boek geskryf het. Nou lag ek eers. Die einste white monopoly capital het BAIE van ons landsburgers laat leer lees en skryf so ek weet nou nie hoe nou nie. Hierdie is die heel allerbeste publisiteit wat mens kán op hoop. Well done those of the ANC YL. A big thank you! Ek lag nog steeds…..

Dries Moolman ·

Hierdie mense verdien al die ellende wat die ANC op hulle kan gooi met verdere regering. Elke laaste krieseltjie daarvan.

Carl ·

@Dries Moolman.
Ek stem 100% saam met jou. Hulle wil nie die naakte waarheid hoor nie en sal dit ook
nie kan verstaan nie. Laat die “Rent a Crowd” dus rustig voortploeter en alles afbreek sodat hulle weer bakhand kan staan en “demand” vir geld en kos. Dit is immers al waarvoor die “Rent a Crowd” goed is; afbreek en opd**ner. Bittermin tot geen kreatiewe denke nie en nog minder insig tot die oorsaak van hulle ellende. Spreuke 19:10 verwys.

Andrew ·

En die besuur van Sandton City? Dit lyk nie na ‘n veilige plek nie, enseker het hulle geen video opnames nie.

Rupert Ashford ·

Julle is verkeerd, die spul op die foto lyk vir my presies dieselfde as wat deurgaan vir “studente” wanneer daar sg “protesaksies” op universiteitskampusse is. Dit is die room van die intellektuele in die nuwe RSA daai…

Pierre ·

Elke dag word iemand uitgewys in een of ander korrupte transaksie – maar word enige iemand aangekla en toegesluit?

Niccy ·

Hulle is nou ‘n goeie voorbeeld van wat hulle by die oompies/aunties geleer het.

fish ·

Ek wonder of die manne ooit kan lees? As jy kan plunder het jy beslis ook jou skool gebrand.

Wielspore ·

As Ace val is die weg gebaan vir CR om SA weer terug op die kaart te kry. Ace is tans die grootste struikelblok en grootse gevaar vir demokrasie in SA, as hy kan val is daar nog een, David Mabuza, alhoewel hy tans CR se sogenaamde regterhand is, is sy aanstelling bloot om CR dop te hou. Val gaan julle val, Mnr Ace en Mnr Mabuza want korrupsie is julle leefstyl.

Abe ·

Nes ek gedink het. Die betogers het gisteraand 3 of 4 – hoogstens 5 boeke vernietig. Vanoggend 9:00 by Exclusive Books, toe ek n kopie wou gaan koop, toe staan daar toue mense wat die boek wil kry. Ek skat (wilde raaiskoot) dat deur die loop van die dag gaan omtrent 7 000 mense, wat andersins (as dit nie vir die betoging was nie) nooit daaraan gedink het om die boek te lees nie.

Hoor my lied ·

Beter bemarking vir sy boek sou hy nerens kon kry nie.

Anna ·

Was die ANC se reaksie op Jacques Pauw se “The President’s Keepers” in 2017 nie min of meer dieselfde as nou met die boek ?

Hoeveel van Mnr Pauw se boek is al blootgelê . . . baie.

Dankie vir Joernaliste soos Mnre Pauw en Myburgh (en vele ander) wat die inligting publiseer in boek vorm of enige ander manier.

Sal net graag wil sien dat die skuldiges verantwoordelik gehou word en nie net op die onderskeie Kommissies genoem word nie.

Hendrik UAE ·

Wel ek het die boek laat koop in SA en kry hom volgende week. Eers nie geworry oor die boek nie maar nou is ek nuuskurig om te sien wat daarin geskryf is wat sulke optrede regverdig. So ja, die reklame het my gelok.

James ·

ANC taktiek om die waarheid te ondermyn selfde wat hulle nog al die jare doen . Propaganda leeuns en beste van alles na al die jare in beheer kan van die liberals nog steeds nie sien wat hulle eindelik doel is, en dat baie van hulles se kinders en klein kinders nou lekker in die buite land woon. Speaking to them they are quick to tell you how bad the in just of the past were but if you ask them why they don’t return to the paradise that their family helped to create they just develop a look like a dog with a full blader in the forest. Since topical to their carater they are not willing to live in what they have helped to create.

Jepetto ·

Anna jy is reg dis a kwesie van tyd die popo gaan die fan strike

Laetitia ·

Ek vra myself die vraag af. WIE gee hulle of enige ander persoon die reg om summier ,n winkel in te vaar en links en regs skade aan te rig??
Boonop mense se lewens in gevaar stel. Absolute nonsens!!
Pleks dat die jeugliga hulle toespits op hulle studies.
Daar word heeltemal te veel platform vir hierdie soort gedrag gegee asook vir sekere politieke partye se optredes wat lei tot die minagting van ander se demokratiese regte!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.