Foto’s: Betogers ruk op in Mahikeng

Polisiebeamptes Maandag in die omgewing van Mahikeng in Noordwes. (Foto: Verskaf)

Een persoon is in hegtenis geneem nadat betogers Maandag in die omgewing van Mahikeng in Noordwes gewelddadig opgeruk, paaie versper en verkeer ontwrig het.

Die betogings het reeds in die vroeë oggendure ontstaan.

Volgens Eskom is sommige van sy tegnici vandag weens die versperde paaie verhoed om hul werk te verrig terwyl verskeie kragonderbrekings in die omgewing van Mahikeng aangemeld is.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê betogers het aanvanklik die R503 tussen Mahikeng en Lichtenburg naby die Dihatshwane-nedersetting en die N18 tussen Mahikeng en Vryburg naby die Kedirile Inn en die Makhubung-nedersetting versper.

Betogers versper Maandag ‘n pad in die omgewing van Mahikeng in Noordwes. (Foto: Verskaf)

Die polisie kon later daarin slaag om die betogers uiteen te jaag en die paaie is weer oopgestel. Die betogers het egter toe die pad tussen Montshiwastad en die Makhubung-nedersetting versper wat verkeersontwrigting tot gevolg gehad het.

Die R49 is ook in ’n stadium vandag met onder meer brandende bande en verskeie ander voorwerpe versper. Die polisie kon egter daarin slaag om die betogers vinnig uiteen te jaag en die pad weer oop te stel.

Mokgwabone sê een van die betogers is in hegtenis geneem.

Die 30-jarige man sal na verwagting binnekort in die Molopo-landdroshof in Mmabatho verskyn vir onder meer die oortreding van die Nasionale Padverkeerswet en openbare geweld.

Paaie word versper in die omgewing van Mahikeng in Noordwes. (Foto: Verskaf)

Genl.maj. Dintletse Molefe, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het intussen die gewelddadige betogings in die omgewing van Mahikeng veroordeel.

Molefe het mense ook daarvan verseker dat die polisie die situasie monitor en nie sal skroom om enigiemand in hegtenis te neem wat geweld aanhits of ander aanpor en bystaan om die wet te oortree nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willem ·

Ons polisie raak al beter. Darem een inhegtenis geneem uit honderde

Ovelia ·

Kom Cele , hee vir di polisie lewenfige patrone. Di betogers vetnietig en verniel alles. Is dit wat doe regering wil he. Wel nie ons nie. Cele maak n plan
Stop alle betogings onmiddelik

Mariana ·

Dink nie inhegtenisneming is meer genoeg nie want slegs ure na al die ontwrigting en hofsaak is hulle maar weer op straat besig om amok te maak. Strawwe behoort erger te wees. Soos dit is skrik hulle vir niks.

J P ·

Na al die brand en paaie versper is een persoon in hegtenis geneem. Haha, die polisie monitor die situasie. Haha, wat ‘n grap.

Persheks Adri ·

Net 1 betoger toe gesluit gggmmmfff is dit nou die beste wat hulle kan doen?

SjN ·

Verwyder net die voorbok met geweld, dan verdyn al die banggatte.

Anoniem ·

Ai ai, Lekker ou Suid Afrika! Daar is mos baie waar diè vandaan kom. Vernietig alles Die ANC het baie geld om alles te vervang en nuwe paaie te bou sonder slaggate wat deur julle veroorsaak word en daar is baie bande om te brand, gaat so voort!

akkedismis ·

Die polisie tree NOOIT meer op nie! Hulle het WAARNEMERS geword. Hulle is deel van die PROBLEEM!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.