Foto’s: Betogers saai chaos in Kaapstad

Betogings het Woensdag op Jakes Gerwelrylaan naby Mitchells Plain in Kaapstad opgevlam (2 Mei 2018). Foto: ANA

Betogings wat Woensdagoggend op Jakes Gerwelrylaan naby Mitchells Plain in Kaapstad begin het, het gelei tot eiendom wat beskadig is en talle paaie wat noodgedwonge gesluit moes word.

Die Stad Kaapstad het Woensdag bevestig Jakes Gerwelrylaan is gesluit tussen die R300 en Highlandsrylaan. Ander paaie wat gesluit is, sluit in Weltevreden-, Morgenster- en Varkensvleistraat, asook Fulanstraat.

Betogers het ʼn kitsbank by ʼn vulstasie aan die brand gesteek, terwyl ʼn vrugte- en groentestalletjie en ʼn voertuig ook deurgeloop het.

Die betogings gaan glo oor oop grond vir behuising. Volgens mediaberigte is betogers ook ontevrede oor ʼn tekort aan sanitasie, paaie en toegang tot skole.

Volgens die Stad Kaapstad is verkeersligte beskadig en ʼn taxi met klippe bestook.

Richard Bosman, direkteur van die stad se veiligheids-en-sekuriteitsdirektoraat, het gesê teen laatoggend was die situasie steeds gespanne en onseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jerry ·

Die betogers is instrumente van n politieke aktivis of aktiviste. Laat Afri-Forum se privaat ondersoekers die saak ondersoek om die nodige getuies en bewyse te kry en laat Gerrie die aktiviste vervolg.

Vlug ·

Laat Afriforum ons eerder help om te vlug as een groot groep want die land gaan implof binnekort en dan moet ons almal reeds uit wees.

Riddick ·

Geen land ter wêreld wil of kan ‘n paar miljoen regse bakhand vlugtelinge met ‘n vrot geskiedenis in menseregte soos ons s’n op hulle voorstoep hê nie.

Alida ·

Laat die werkloses maar brand en verwoesting saai en kyk of hul hul sin kry. Dit is mos wat die ANC wil he. Gaan nou seker n reddingspoging aanwend en beloftes maak om stemme te werf. Laai die spul op vragmotors en vat hulle reguit tronk toe.

Alida ·

Hou tog op hamer op Gerrie Nel. Hy is nie SA se god nie en het sy eie werk om te doen op die regte tyd en plek.

Wenner ·

Die WERELD BRAND terwyl die polisie en menseregtekomissie en nasionale vervolgingsgesag die OU OP FACEBOOK Wat die K woord gebruik het vervolg .. hie haaaaaaaa ons het ‘n wenspan hier beet in SA.

Skyngedrog ·

Daardie ou bestaan nie, dit is n vals profiel geskep deur mense wat geweld wil aanstook en wie opgesluit moet word.

KOMAAN ROLLIE ·

ROLLIE waar is jy nou met jou HAAT vir die Afrikaner en jou LIBERALE VIEWS?? KOMAAN volgens jou doen net die WIT AFRIKANERS dinge verkeerd. hoe lyk dit nou vir jou op die foto hmmm?

marous ·

As hulle gevang word gaan die voorwaardes dalk wees dat hulle nie mag vuur maak , geld trek of vir groente kyk nie ……

Jaco ·

Afri-Forum en Gerrie Nel gaan niks doen nie, en die mense weet dit.

Vermeendes ·

Hier is my ope boodskap aan die libersliste en die regses:

LIBERSLIS.
Daar is gee rede vir julle om te kommer nie, wat nou gebeur is net n bewys dat demokrasie werk in SA en die publiek maak gebruim van hulle reg om te protesteer. Hierdie geweld sal nie uitberei nie en as dit sou en jou lewe word bedreig dan het julle mos vir CR op sy wit perd en ook die de klerk stigting, die DA is ook daar om alle vrese te besweer.
Gebruik al julle krag om die vieslike rassiste te ontbloot en vervolg hulle sonder genade want hulle blaas geweld teen julle aan.

REGSES.
Kyk, leer en maak voorsiening, die land brand en daar is geen einde aan die geweld en plunder nie. Niemand sal tot julle redding kom nie, julle is op julle eie, wees kalm.
Bid vir wysheid om die regre besluit op die regte tyd te kan maak.
Bly op hoogte want selfs Lecota waarsku oor n moontlike burgeroorlog.
Aat jy ook al doen doen dit op jou knië.

Schalk ·

Tony Erenreich sit agter dit alles. Hy kan nie vat dat die DA nie die kaap verwoes soos sy maatjies die res van SA verwoes het nie

Soekie ·

Vermeendes. Ek sekondeer. Ja-nee n liberalis is seker die slimste onder die slimstes want hy is sienende blind en horende doof. Hy kan wraggies met sy kop soos n volstruis in die sand verklaar : dit sal nooit in Suid Afrika gebeur nie. Mooi man!

Alida ·

Jaco WAT wil jy he moet Gerrie Nel of Afriforum doen. Asb se vir ons. Hulle doen goed vir hul betalende lede. Verstaan jy dit?

Paul ·

Dit wys net hoe intelligent ANC ondersteuners, hulle gaan al dansende na die stembus en al hoe dansende daarna na hul nuwe teiken om dit te roof, te vernietig en af te brand. Wanneer op TV, bekla hul hul misnoeë teenoor n onbevoegde en korrupte regering en munisipaliteit. Hoe onnosel kan jy dan wees? Dink so n ondersteuner dan werklik hulle stem vir die regte party?
Ek stem met Liberslis, bly op jul knieë en bid tot onse Vader, Hy sal tot ons redding kom, bid en glo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.