Foto’s: Betogers saai chaos in Pta-Wes

Foto: Twitter

Betogers het vroeg Donderdagoggend strate in Pretoria-Wes ingevaar en chaos veroorsaak.

Volgens kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het betogers omstreeks 03:00 die strate ingevaar en is paaie met bande wat aan die brand gesteek is en rommel versper.

ʼn Vragmotor is tydens die onrus aan die brand gesteek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens Makhubela word sake van kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld ondersoek. “Ons weet nog nie waaroor gemeenskapslede betoog nie.”

Foto’s van versperde paaie en swart rookwolke wat oor die weste van die stad hang, word intussen wyd op sosiale media versprei. Verkeer in Soutterstraat en WF Nkomo-straat (Kerkstraat) is tot stilstand gedwing.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, kon nie onmiddellik kommentaar oor die situasie lewer nie.

Makhubela het egter gesê die protesoptrede duur voort en die polisie monitor steeds die gebied.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

legens ·

Moedeloos ,
hierdie landsburgers is moedeloos want die nasionale regering bring geen verbetering aan hulle lewens nie . legens hou nog altyd voor ; gee `n man/vrou met sy eie grond met `n huis en hy / sy is minder geneig om te brand , te roof en klip te gooi .

Anoniem ·

En dit hou net aan en aan niks gaan oorbly van hierdie land as dit so aangaan nie erens moet n lyn getrek word ?

Sê maar net 1 ·

Legens, tog hou die landsburgers aan stem vir die korrupte, leë belofte spul; want hul hou van hul uitsprake en slagspreuke.

Johann Scholtz ·

En so word ons land in die afgrond in gestaak en betoog!

Kolle ·

Hulle moet dit behoorlik geniet as hulle al 03:00 in die oggend begin verwoes.

Realis ·

Hierdie is alles proeflopies vir die kristallnacht wat kom. Elke maand of twee oefen hulle om ‘n ander toegangs roete te versper. Let op, dis altyd op die tyd waanneer die meeste mense in droomland is.

Hannah ·

Jys 200% reg.
Maar daar is soveeeeeel wat glo dat
hierdie “savages” , tot inkeer sal kom.
Wake Up…smell the coffee

Lizelda ·

Weet die betogers SELF waarom hulle nou weer chaos veroorsaak?

jakes ·

Vuurmaak en klipgooi moet as n olimpiese sport verklaar word dan sal SA vir dekades goud wen.

BlinkStephaans ·

Hier gaat ons alweer… “ons weet nognie waaroor gemeenskapslede betoog nie”… sal ons ooit weet?…vandag is dit dit… môre is dit dat… maar moet net nie vra dat hulle asb n konstruktiewe bydrae in hul gemeenskap of vir die samelewing moet maak… daai is nie in die verwysingsraamwerk en n totaal volksvreemde gedagte… heeltemal te veel gevra.

Peter Holmes ·

Chaos en anargie in die land. Met die DA in beheer,waar is Mmusi Maimane. Oppad Zimbabwe toe om daar in te gryp. Kan jy dit glo. Sy eie land brand maar hy wil Zim se probleme oplos

Alex ·

Waarvan praat jy? Wet en orde word deur die staat beheer, nie die stadsraad nie.

Koos ·

Verstaan net nie hoekom niemand ooit gearesteer word nie maar die polisie is altyd teenwoordig. As jy daar is en moeilikheid maak moet jy mos gearesteer word

Paul ·

So het dit gebrand voor 1994 en dit gaan steeds voort in 2019. Die enigste verskil is dat die Polisie voor ’94 daadwerklik opgetree het, maar vandag is hulle net toeskouers.
Die land sal nog totaal vernietig word en ek wil nie weet wat dan gaan gebeur nie.

Marietjie ·

Jy haal die woorde uit my mond uit!!! Presies wat ek sit en dink toe ekdie berig lees..,.so, wat het verander? Net mooi NIKS, inteendeel, dit is erger nou as ooit tevore.

Hennie ·

Polisie monitor die situasie, lyk my dis al wat hulle kan doen.

MJ Kroezen ·

Ja nee hulle is nie meer poliesie nie hulle is nou Monitors lyk my dis al wat hulle kan doen

toy ·

Dis al wat hulle kan doen, ek sien nie dat iets positiefs gedoen word. Kan hulle nie liewers begin om iets op te bou nie asb.

Jerry ·

Versuim deur die staat om op te tree grens aan verraad teenoor alle belastingbetalers en wetsgehoorsame Suid Afrikaners. Opposisie partye moet hoogverraad klagtes plaaslik en in die buiteland le teen die staat op alle terreine waar die staat die burgery faal. Die feit dat wetstoepassers doelbewus versuim om op te tree dui op politieke inmenging. Die wetstoepassers sal eers optree nadat betogers in hul doel van intimidasie deur geweld, plundering en beskadiging geslaag het of wanneer wetsgehoorsame burgers die wet in eie hande neem. Dit is eintlik waarvoor hulle wag, om teen anti revolusioneres op te tree! Moet dus nie in die strik trap nie!

Nel ·

Hy paai seker ook al die voornemende oorsese beleggers met die ‘good story’ wat Suid Afrika het om te vertel of nog gaan vertel.

Yvonne Oosthuizen ·

Rhamaphoza is te bang om op te tree. Bang sy mense draai teen hom as by wet en orde handhaaf. So he rather turns a blind eye.

Foxi ·

Wag tot NA die verkiesing……dan gaan ons top sports sien………and it will be for free. ?%

Christo Meintjes ·

Ek woon in die area. Hulle het ook baie naby aan my werk ook bande gebrand. Ek is bekommerd dat die onluste nou algemeen voorkom in Pretoria Wes are waar die nooit voorheen so algemeen voorgekom het nie. Dit voel maar net of Suid Afrika agteruitboer met die duiwels wat altyd sulke protes optogte hou en bande brand en mense en motoriste met klippe bestook. Wat bereik die wat die optogte hou tog. Hulle stel eise en sal daar aan hulle eise voldoen word deur die regering wat ons weet wat heeltemal onbruikbaar en betroubaar is en dan sal hierdie oproeriges sekerlik virr die regerende party stem al is hulle onteverde en al weet almal ingesluit die wat so amok maak ook dat die regering wat aan bewind is en weer sal wees dat daar niks van hulle protes optogte en oproerigheid sal kom nie.

Pieter ·

Bande brand stel giftige elemente vry en dra by tot die kweekhuiseffek. Duidelik is omgewingswetgewing nie op hulle van toepassing nie. Dit beskadig ook die teer oppervlak. In die vervolg moniteer ek ook alles, maar doen niks, laat gravitasie sy ding doen.

Verdwaal ·

Net ‘n paar opmerkings:
Daar is ‘n verkiesing om die draai, dis betogingseisoen en let maar op dat waar daar betoog word bepaal word deur watter party aan bewind is.
Die SAPD is nie meer die SAP nie. Die naam is tog duidelik – dit is nou ‘n “diens” nie meer ‘n mag soos voor ’94 nie. Mnr Mandela het die polisie se tande getrek en hulle kleure vriendeliker gemaak en niemand is meer bang vir hulle nie, behalwe dalk die wetsgehoorsames…
Dankie Maroela dat julle Kerkstraat se naam gee. As oud-Pretorianer was ek heeltemal verdwaald.

Kobus ·

waarvoor word die storie gemonitor raak van die opstokers ontslae

D B ·

Ek werk in die area. Die hele week het ons al opgemerk dat daar orals langs die pad hopies bande “oornag” opspruit. Metro ry elke dag verby dit, maar niks word daaraan gedoen nie. Sou die bande verwyder geword het, soos dit moes, was helfde van die probleem opgelos.

Snaaks hoe die polisie nie weet hoekom dit gebeur nie, want binne sekondes het ons hier by die werk geweet wat aangaan. Dis xenophobia. Hulle het ‘n “probleem” met onderandere die Pakistanie winkeleienaars asook die feit dat hulle hulle huise vir hulleself soek.

bgj van der westhuizen ·

ek stem wit mense moet wakker word hier kom n gemors maak nie saak wie die verkiesing wen nie hulle is besig om te kyk om wit mense vas te keur en moet nie verwag jy gaan gehelp word deur die sapd of weermag nie hulle sal jou eerder dood maak as wat hulle op hulle broers en susters eits aan sal doen dit is tyd dat wit ense by mekaar kom en begin beplan as daar n opstad kom

Thinus ·

Die polisie moet vir ‘n verandering hulle werk doen en ophou monitor en begin arresteer. Ek hoop die winkel eienaars stel groot eiese teen SAPS in omdat hulle nie wil optree nie. Lekker slapgat as jy my vra.

Wonder net ·

Ek wonder ook wat gaan gebeur as ander mense saamtrek en begin afbrand.
Ek kan nie dink dat daar nie hardhandig opgetree gaan word nie.
Inhegtenisneming gaan volg: saakbeskadiging, onwettige byeenkoms, verset teen arrestasie ens. ens. gaan van die klagtes wees.

Riaan ·

Wonder of die polisie ook net sal monitor as blankes dieselfde begin doen.Hierdie is alles deel van oefening vir die groot dag.

Pandora ·

Hoe het die ou moedertjie van die nasie nou weer gesê: “Together, hand in hand with our matches and our necklaces we shall liberate this country”.

Anoniem ·

@DB ek stem heelhartig saam met jou dat dit heel moontlik Xenophobia kan wees want daar is omtrent by elke huis in Pretoria Wes van hierdie klein winkeltjies wat soos paddastoele opskiet. Wat doen die Metroraad/Polisie omtrent die winkels van hierdie buitelanders,? Net mooi NIKS. Van wanneer is dit toelaatbaar dat daar ‘n winkel op ‘n residensiele perseel opgerig en bedryf kan word. Indien daar ‘n huis te koop aangebied word in Pretoria Wes word dit betrek deur buitelanders en kort voor lank verskyn daar een van hierdie winkeltjies.

Hoekom word daar nie behoorlik opgetree teen hierdie betogers nie.? Ons is keelvol verby vir al hierdie betogings.

Natascha ·

Waaroor nou weer??? Wat het geword van vreedsame optogte en betogings?? Nee maar als moet gebrand en geplunder word. Hul kry mos als verniet en dan wil hul nog dit ook deur hul stewe trek. Hul wil die land vir hulself opeis, maar kan nie eens daarna kyk.
En dit waarna ons so lank al strewe en oppas, word opgeeis en verniel, want hul kan nie n ding oppas.
Komaan ouens word groot en dink wat julself aan JUL land doen.

Desmond ·

Polisie sal nie optree want betogers en brandstigters is nie wit nie. Let op, daar is nooit arrestasies as vragmotors aan brand gesteek word en bande word gebrand om paaie te blok nie.

HPV ·

Die vlak van jou intelligensie bepaal jou daaglikse optrede en lewenswandel, jy bou op en bewaar of breek af en vernietig…

Phil ·

Ek wonder of die DA se jeugleier al iets hieroor te sê gehad het? Sal seker NIKS se nie …..

Maljan ·

Waar kry hulle altyd so gerieflik bande in die hande? Brandstigting,vandalisme, beskadihing van privaat eiendom en rommelstrooi om maar n paar te noem en die polisie monitor net die oortredings? Hoekom het neimand mog die sapd by die mrk en die internationale hof vir onreg teen die menadom aanhekla omdat hulle nie kriminele in ag neem mie maar net monitor?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.