Foto’s: Betogers saai chaos op N3

Foto: Twitter

Tussen 10 en 15 vragmotors is volgens berigte reeds aan die brand gesteek tydens ‘n gewelddadige betoging op die N3 naby die Mooirivier-tolplaza in KwaZulu-Natal.

Duisende motoriste keer reeds van KwaZulu-Natal af na Gauteng terug ná die langnaweek terwyl duisende ander eers ná Dinsdag se vakansiedag sal terugkeer.

Die N3-tolkonsessie het op Twitter bevestig betogings het daartoe gelei dat verkeer op talle plekke herlei word. Volgens ooggetuies word vragmotors ook geplunder en heers daar absolute chaos in die area.

Volgens die verkeersowerhede het daar tussen 17:00 en 18:00 sowat 990 voertuie noordwaarts deur die tolplaza beweeg en sowat 740 voertuie suidwaarts, voor die betogings owerhede genoop het om sekere dele van die hoofweg te sluit en verkeer te herlei.

Foto: Twitter

Arrive Alive het op Twitter gesê dit is bevestig dat minstens 10 vragmotors reeds aan die brand gesteek is. Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het ‘n beroep mense gedoen om versigtig te wees in die area. Volgens berigte is niemand nog tydens die betogings beseer nie.

Sondagaand se chaos volg ná die gewelddadige betoging in dieselfde area tydens die Paasnaweek. Talle vragmotors is toe ook aan die brand gesteek en paaie moes gesluit word. Dié protesoptrede is glo deur vragmotorbestuurders uitgevoer weens ontevredenheid oor lone.

Die Mooirivier-N3-tolplaza is een van die besigste tolhekke in die land met die N3 wat Durban en Johannesburg verbind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Louis ·

En die polisie kon niks doen om dit te keer nie. Nie eens met verhoogde lanknaweek teenwoordigheid nie. Julle is paties. En die wat die verwoesting gesaai het nog meer pateties.

AWVDM ·

Local police and Neighbouring police stations were mobilised and about 54 people were arrested…..

Now tel me again that the police did Nothing….

Louis ·

AWVDM
Dit moes in die eerste plek nie plaasgevind het nie. As misdaadintelensie in plek was sou ons hierdie gesprek nie gehad het nie. Soos die res van die staats instellings is julle disfunksioneel.
Maak nie saak hoe jy julle probeer justify nie, julle is useless. Ja daar is wel n handjie vol wat nog eerlik, opreg is en streef daarna om n gemeenskaps dien te lewer, en dk eer julle daarvoor. Maar die res …….

Kobus ·

Arrestasies en die tipe strawwe soos tans met ons trafregstelsel, het, sal en sal NOOIT geweldsmisdaad gekoppel aan die regerende party politieke apatie oplos of voorkom nie. Die SAP sal dit nooit kan oplos nie. Die oplossing is iets heel anders!

Die Kryger ·

Niks met lone te doen nie. Dit is n gees van verwoesting. Bestraf daardie gees in Jesus se Naam

Dankbaar ·

Stem 100% saam!!! Ons geveg was nog NOOIT teen vlees en bloed nie en sal nooit wees nie. Vyand kry lekker want mense kritiseer mekaar en blameer wit, swart, geel, wat ookal, maar die een verantwoordelik vir alles word nie teengestaan nie. So hartseer mense besef nie die kind van God het outoriteit gekry oor die slagter, steler en verwoester nie…

AD ·

Liewe aarde! Het betogings nou in Nag skof ook ontaard. Die eens liefdelike land is nou in stukke.

Yankee ·

Liefdelike land al jare in stukke!! Skrik jy nou eers wakker!!

Johanna Botha ·

Waar is die polisie …of kyk hulle net weer wat gebeur en plunder saam soos ons lees in van die berigte ….

Marius ·

Ek stem saam. Dit wil vir my voorkom of daar effense frustrasie te bespeur is onder sekere bevolkings groepe.

Wessie ·

Hierdie is nie betogings nie, dis terrorisme!!!
10 – 15 vragmotors moet in die omgewing van R20m plus wees, sonder die vrag…wie staan in vir hierdie verliese?

Paul Kruger ·

Ek en jy – die vuisvoos verbruiker – sal weer moet betaal. Die maatskappye gaan hulle verliese opmaak deur verhoogde verkooppryse en versekeringseise; en Jan Publiek betaal uiteindelik in beide gevalle met duurder aankooppryse en opgeskuifde versekeringspremies..

Oom Kalahari ·

@Wessie, goeie vraag, maar glo my geen departement gaan Pa staan vir al die verliese nie, behalwe die arme eienaar. Weer maak die staat BTW gelde uit eise en aankope. Hierdie sogenaamde nedersettings oral langs die paaie is net om chaos en plunder aksies toe te pas en mense se lewens in gevaar te stel. Sovele goedere wat gebuit is sal by hierdie plekke gevind word, maar die polisie doen nie die nodige ondersoeke/ operasies op hierdie nedersettings nie. Waarom moet alles net brand en vernietig word en ek merk geensins op dat daar ooit blanke persone teenwoordig is by sulke tipes van terroristiese aksies nie. Skade kos geld en hierdie land gaan alreeds gebuk onder finansieele druk waar Staatskoffers leeg gemaak word en sekere persone na die buiteland reis en gaan bedel vir finansieele ondersteuning. Die land van melk en heuning het verdwyn en is omskep in ‘n vervallende misdadige hool.

Tokkie ·

Hoekom moet ons hierdie optrede net so aanvaar ? Is hierdie regering nie instaat om orde te handhaaf nie – waarvoor betaal ons belasting ?

Yankee ·

Nee, jul regering is derde Werelds, en onthou, julle is in Afrika.

Yankee ·

Jou belasting n druppel in die koffer. Werk die somme uit!!

snoefie ·

begin n register van alle trokdrywers wie se trokke in betogings “verwoes” en verbrand word. dat trokeienaars kan weet wie hulle is en geen trokeienaar nooit ooit weer vertroue in hulle sal stel deur hulle met hulle duur trokkke te laat werk nie. hulle verdien om werkloos te wees.

Yankee ·

Julle kon dit wat nou gebeur nie sien kom nie? Regtig!! Waarom het ons wat 25 jaar gelede hierdie verlate Landjie vir ewig verlaat het, wel kon sien!! Ons was uitgelag, geskel, en nou!! Te laat!!

Piet ·

Hallo Yank, moet net nie almal met die selfde kam skeer nie. Mens moes vrek onnosel wees om dit nie te sien kom nie. Daar was tog baie voorbeelde in die res van Afrika en tog het die NP’s gestry dat dit vrek. Onthou, sommige van ons was ook in die VSA. Ek kon daar bly ek wou maar ek kon dit net nie oor my hart kry om my ma hulle hier te los nie. Ek hoop vir jou net die beste daar in die VSA.

Michelle ·

Wie is die alewige julle wat dinge nie kon sien gebeur. Ek het dit bv ook sien kom, ek kan nie land uit, ek sal steeds kommentaar lewer en die tipe optrede veroordeel. Of ek dit sien kom het of nie (Ek het Nee gestem destyds (vir wie dit saak maak) Of wie mag kommentaar lewer en wie nie?
Wakker is dink ek die meeste mense hieroor, wat is die praktiese oplossing vir die wie nie kan/wil weg? Is daar iets wat prakties gesproke ‘n verskil gaan maak. Kom eerder met werkbare voorstelle.

Lana ·

Yankee, jy veralgemeen. Hier is nog baie van ons wat jare gelede dié moeilikheid saam met jou sien kom het en selfs ander gewaarsku het in die verband.
Ek het self baie familie en vriende oorsee. Het nog nooit iemand “uitgelag” of “geskel” wanneer hulle land uit is nie.
Baie van ons het gekies om te bly ten spyte van al die probleme. Daar is baie verskillende redes hoekom mense gebly het.

Donald ·

Moenie wory oor ons hier nie oor 20 jaar is dit daar by julle ook. Wory eerder daar oor as om die wat nie broederbond gelde het nie en dit nie kan bekostig nie as blind en onosel uit te maak.

Reguit ·

Oëverblindery. Die in-oefening vir die komende Azaniese burgeroorlog vorder goed, naamlik om die hoof-toegangsroetes te blokkeer, en dan word dit netjies onder die vaandel van ‘n sogenaamde “betoging” gedoen – sodat niemand dit hopelik sal raaksien as ‘n in-oefening vir die komende totale chaos en anargie nie. En die wittes sluk dit heel in soos ‘n Azaniese vetkoek bedek met stroopsoet reënboog versiersuiker. Té lekker.

Valerie ·

Die ANC was (en is) ‘n terreur organisasie. Die liberales kan maar hul sakdoekies vuil maak as hulle so voel; dit verander nie die feite nie. Daar is geen wet en orde nie; nie op ‘n sokkerveld nie, nie op die paaie nie, nie in die parlement nie, nie in jiou straat nie, nie in openbare plekke nie, ens.

Chris ·

Wat ń siek land. So bly ek het my gesin daar weg gevat. Sterkte julle!

Ian ·

Sasria hanteer die eise en dit word deur die staat uitbetaal. Is tans besig met so ‘n eis.

Basjan ·

Geweld moet in ons land met geweld beveg word. Dit is al taal wat die geweldenaars sal verstaan. Bring die weermag in met ‘n ystervuis. (Alles hang natuurlik daarvan af of die regering ¿ die politieke wil het on dit te doen.)

Basjan ·

Geweld moet in ons land met geweld beveg word. Dit is al taal wat die geweldenaars sal verstaan. Bring die weermag in met ‘n ystervuis. (Alles hang natuurlik daarvan af of die regering ¿ die politieke wil het on dit te doen.)

Basjan ·

Geweld in ons land moet met geweld beveg word. Dit is al taal wat die geweldenaars sal verstaan. Bring die ystervuis van die weermag in om daardie geweld te beveg. (Dis nou te sê as die regering ¿ die politieke wil het om dit te doen!)

Boerseun ·

hahaha, gelukkig is dit die ANC se probleem. Kry vir julle

Adrian ·

Cyril nou het jy n moeilike taak. Hoe gaan jy met jou bakhand oorsese beleggers na die land lok. Dis jou mense asook eff wat die verwoesting veroorsaak dis hoe marxisme werk ……. nie eens plaaslike besigheidsmense sal hul geld uit die bank trek en n besigheid hier begin nie, Cyril sal jy n besigheid in die land begin ek glo nie so al wat ek aan jou en Nene kan se ……. GOOD LUCK

Johannes van Staden ·

Het ons nog n weermag gelees dit gaan baie droewig daar ook ? Iemand het dit gepost oor die weermag : Just a little comment..ịn times of crisis many people talk about the ability of the ‘army’ to restore law and order. What army? Any one who has driven past Voortrekkerhoogte and Valhalla has seen the neglect and the grass growing one metre high. Empower yourself and be safe. Tinkerbell has emigrated and cannot help.

Gavin ·

Deur Wie word die betogers betaal?
Word hulle dubbel tyd betaal want, dis n Lang naweek.

Rika Kruger ·

Ek het die vraag gevra aan n mede landgenoot gevra, wie dra die skade nadat broodwaens gebrand was en sy antwoord was ” The insurance will pay” Daar is geen gevoel rondom skade en verwoesting dit is n toegekende reg tot optrede. Met Poskantoor stakings was die antwoord Die Staatskas sal instaan vir die verliese. Breek af en verwoes daar is gewillige betalers om in te betaal vir hulle afbrekende platvorm.

Gertryda ·

Die land is in totale choas
Gaan oor buitelanders die trokke bestuur toe plunder die Bruntvillers saam
Die land is n land van vuur en vlam

bgj van der westhuizen ·

bring in die weermag watter weermag praat julle van die wat suid afrika n weermag nou is n grap die selde vir die sapd ons het nie meer wet en ordet in die land nie ek was op n sapd meeting vir n area en al wat daar die sapd kan se is daar is n probleem nie genoeg mense nie en maak net verskonings is belaglik en op die einde sal die belasing betaler vir alles betaal die regering anc /eff en die wonderlike da nie een van hulle kan die land bestuur nie ons land is soos n trien sonder remme teen n berg af s baie na by onspoor te word

Joshua ·

En soos gewoonlik is Ramaphosa stil oor dit soos hy was die afgelope paar weke met dorpe wat gebrand is.

Penellope Jones ·

Wat anders as chaos veroorsaak hulle nie feitlik daagliks op allerhande maniere nie?
Hulle weet daar sal niks van kom behalwe vir die feit dat toegegee kan word aan hul eise.

maria van dyk ·

as ek n eienaar was sou ek gladnie my trokke oor sulke vankasie dae stuur nie , omdat dit gebeur …..i just say no more

Jef ·

Geen vragmotors meer om goedere af te lewer nie dan maar via spoor totdat die spore uit die grond gepluk word en treine ontspoor en aan die brand gesteek word.

Johan ·

Dit raak nou ‘n tendens die dat daar een of ander vorm van amok is by Mooirivier Plaza aan die einde van ‘n langnaweek.

Miskien moet daar meer polisie en selfs die weermag ontplooi word by Mooirivier so oor ‘n langnaweek. Pro-aktiewe optrede. En ja, ek weet die SANW is nie veel werd nie, maar iets moet pro-aktief gedoen word.

Reguit ·

En Australië mag seker ook niks hieroor sê nie, want Reënboog-Azanië is mos die wonderlike land van melk en heuning, nê…………………

OOK Pieter ·

Wel ons het nog net nie veel aangestap sedert 1975. Baie dinge maar nog net die selfde. Net baie meer ryk sowel as arm swart mense en baie minder blankes in die staatsdiens deesdae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.