Foto’s: Betogers steek brandweerstasie aan die brand

Foto: ANA via die Kaapse metroraad.

Betogers het Woensdagaand die brandweerstasie in Gugulethu buite Kaapstad aan die brand gesteek.

Theo Layne, woordvoerder van die Kaapse brandweer, het gesê die gebou is ontruim, maar brandbestryders moes in die oefeningsterrein bly totdat metropolisiebeamptes en ander wetstoepassers opgedaag het om die betogers uiteen te jaag.

Layne het gesê brandbestryders van Mitchells Plain se brandweerstasie het op die brand reageer, maar kon nie by die stasie uitkom nie omdat betogers die pad met brandende buitebande afgesper het. Die brandbestryders moes noodgedwonge ʼn lang ompad ry.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, het Donderdag gesê die voorval het omstreeks 04:30 plaasgevind.

“Die voorkant van die stasie het erg skade gely, waaronder die deel waar brande dopgehou word, die deure vir die brandweerwaens asook die ingangsveiligheidshek,” het Layne gesê.

Munisipale kantore aan die agterkant van die stasie is ook aan die brand gesteek en een van die kantoorafdelings het volgens Layne erg skade gely.

Foto: ANA via die Kaapse metroraad.

In ʼn ander voorval is vier motors en ʼn winkel asook ʼn elektrisiteitsdepot naby Gugulethu ook aan die brand gesteek.

Niemand is tydens die voorvalle beseer nie.

Volgens Smith sal dit dae neem om die omvang van die skade te bepaal, maar dit kan waarskynlik tot R1 miljoen bedra. “Dié geld sal nou by ʼn ander gemeenskapsprojek geneem moet word aangesien die herstel van die brandweerstasie ʼn prioriteit is,” het hy gesê.

Brandbestryders in Khayelitsha is gewaarsku dat hulle dalk die gebou sal moet ontruim te midde van dreigemente dat betogers van plan is om daardie stasie ook te teiken.

Volgens Smith was die voorval uiters traumaties vir die nege brandbestryders aan diens tydens die voorval. Die stad het egter vir hulle traumaberading beskikbaar gestel.

Die stasie bly gesluit tot verdere kennisgewing.

Volgens Smith sal brandbestryders van Mitchells Plain nou ontplooi word vir brande in die Gugulethu-gebied. “Die optrede van ʼn paar mense sal dus die lewe van duisende in gedrang plaas aangesien daar nou ʼn vertraging sal wees in die uitroeptyd vir brande in Gugulethu.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Potlood ·

Die poliesie word beroof en die brandweer word gebrand…. This is Africa… Die plek waar jy net een hand het en jy kap dit af ook nog.

Potties ·

Die ANC moet met hul mense praat as dit so aan gaan is daar niks meer oor nie …….

Koos B ·

Maak die stasie toe en stuur die brandweer manne na ander stasis toe.Laat die betogers hu eie brande blus.As een van hul eie huise afbrand sal hul groot miskien leer.

Hanna ·

Dis tyd dat die weermag ingeroep word. Met koëls optree teenoor hierdie “betogers”. Wraggies man. Plunder en verwoes en more verwag hulle net daar moet weer gebou en gratis voorsien word en eerlike, wetsgehoorsame belastingbetalers moet opdok!

zoom zoom ·

Hanna. Van watter weermag praat jy. Die paar wat parraat is is nie genoeg om die plekke te beveillig nie. Die ander doen shopping vir hulle self sodat hulle die 15de weer pay kan kry.

Jaques ·

Hanna, hulle sal nie nou die weermag, of wat oor en in werkende toestand is van die weermag, in stuur nie, dis alles een groot politieke speletjie, en die armstes trek die korste end, die fat cats sit en tel hulle bedrog geld en worry nie oor die res nie.

Theo ·

Los die plek net so, vir wat moet ons belastingbetaalers se geld weer gebruik word vir herstel om dan net weer soos alles afgebrand te word.Dis maar die nuwe orde in anc land.

Anoniem ·

Verwoesting verwoesting dis al wat in hierdie land gebeur

karen ·

cut your own nose to spite your face – hoe (indien enigsins) redeneer hierdie mense. Gaan die brande hulself nou blus?

Johan ·

Kan iemand net vir die heer Smit opdrag gee om die geld van “ander gemeenskapprojekte ” te gebruik van waar die betogers afkomstig is. Ek betaal beslis nie belasting sodat ander net kan verwoes nie. Van die land gaan niks oorbly nie.

Plantasiegorilla ·

Man , maar dis lekker hier in la la land. Ons gaan nog steeds bakhand staan al is daar net as en kole oor.

Judge Dredd ·

So die brandweer kon nie eers ‘n brand in hul eie gebou uitblus – so hoe kan mens hul vertrou om ander mense se brande te blus.

Br ·

En waneer gaan die agbare JP Smith wakker skrik. Los hulle, hulle kan nou hulle eie brande blus. Hoekom wil eerwarde Smith nou ander prjokte se geld gebruik, of gaan hy dit nou weer alls voor De Lill se deur plaas

Kaspaas ·

Ons gewone wetsgehoorsame burgers wat ons belastings betaal het ook nou berading nodig. Die kommunis vernietig en ondermyn alles wat goed en wel is. Daarom het Dr Verwoerd en Pres Vorster destyds al gesê hulle sal nie met ondermyners onderhandel nie.

Henk du Toit ·

Kaspaas dit is juis van onderhandel wat ons sit waar ons sit. Net so min as wat jy onder deur n reënboog kan deurhardloop, dit kan vashou of in ‘n bottel kan sit net so min kan jy ‘n reënboog nasie hê. Dit is die hersenskim van iemand wat leef in ‘n euforie van waan. Ten minste kan ons sê ons het onderhandel en dit het nie gewerk nie. Die belastingkoei is vinnig besig om op te droog en die revolusie is op pad na die beskaafde mens se deur toe. Weer onderhandel? Uhm nee dankie. Ons was mos al daar, of hoe?

Johan R ·

Judge Dredd, ek hoop nie jy verwag dat die brandweermanne die betogers/belhamels moes verjaag sodat hulle die brand kan blus nie. Hulle was tien teen een heeltemal in die minderheid (nege teen baie) en volgens die berig getraumatiseerd. In my boek is hulle lewens meer werd as die brandweer stasie.

Peanut ·

Nee wat hoekom moet ander stasies se brandweermanne in staan in die gebied waar ‘n stasie af gebrand word. Dit blyk die betogers en hul vrinne het nie ‘n brandweerstasie nodig nie. Moet asb. nie geld mors om weer een te bou.

EKSKUUS? ·

EN die oplossing is TRAUMABERADING vir die brandbestryders??? HOEKOM skiet julle nie die betogers nie? Hulle wil hierdie mense kom VERMOOR dan nie? Vermoor jy nie iemand as jy ‘n plek op hulle aan die brand steek nie? Maar nee julle vat nie aan die betogers nie, hulle mag nie eers meet met verfgewere gedreig word nie dan gaan kla hulle jou vir poging tot moord aan . so my raad aan julle . ontruim dan maar alle plekke, reel trauma berading vir die brandbestryders en kyk hoe alles afbrand …

christa ·

dis ons regering van die dag! hulle het ons land opgemors en bemors

Elize ·

Terwyl my bloed kook, wil ek graag net die volgende sê. Ek weet nie hoekom ons kommentaar lewer op die forum nie, want dit bereik niemand behalwe alreeds gefrustreerde mede lesers nie. Deur ons vingers oor die “keyboard” te laat gly, bereik ons NIKS. Dit moes NOOIT hulle reg geword het om te betoog en soveel skade aan te rig nie. Stop hul in hul voetspore met waarskuwings skote en as hul dan nog wil voortgaan, wel doen wat dan gedoen moet word. En terloops, bring die doodstraf terug. In Botswana is daar skaars petty crime. Jy stap deur hul strate, woon in hul parke en jy is so veilig soos kan kom. Hoekom, want hulle is opgevoed en die doodstraf is n realiteit warmee hul saamleef.

Frans ·

Uiters noodsaaklike dienste, bv. gesondheids instellings, brandbestryding, winkels se plundering, noem maar op; word altyd deur die polisie “gemonitor” terwyl brande, diefstal van goedere uit geboue, vandalisme, aanrandings, moorde, ens. “TOEGELAAT” word om plaas te vind. Waarom (of hoekom) mág of kán die polisie nie die bostaande aksies met drastiese teenstand in beheer bring en skares uitmekaar jaag nie? Net rubberkoeëls en traangas word hoofsaaklik gebruik. Geen skerp ammunisie nie. Die oortreders is teen die tyd bekend met polisie se “aggresiewe” optrede wat geen impak op oortredes se optredes maak nie, omdat niemand se lewe mos in “gevaar” is nie. Miljoene rande se skade vind plaas onder “toesig” van polisie wat dit ” monitor”. Belastinggeld word gebruik vir vervanging en herstel van skade. Bostaande optredes kan as terrorisme kwalifiseer, aangesien dit die land se ekonomie geweldige skade veroorsaak. Terrorisme is enige geweldadige optredes, óf moedswilige aksies wat ‘n land se ekonomie negatief gáán beïnvloed, óf misdaad wat die publiek in lewensgevaar blootstel. Daar is ander tipes gevalle wat ook aan terrorisme sorteer, maar die polisie en die regering kan nié eers die basiese gevalle hanteer nie. Wonder maar net of dit onbevoegdheid is, of “deur die regering en polisie as aanvaarbaar beskou” word. Wat van onskuldige mense wat deur bogenoemde optredes die lewe verloor of geskend word? Wonder maar net….

GM ·

Ag nee wat, los dit netso. As daar vure geblus moet word, laat hulle dit self doen. Die mense wil nie vooruit beweeg nie, hulle wil net die belastingbetalers as hul slawe hou.

marous ·

Gee vir elke regerings lid en hul kaders ‘n goue tee siffie …om die see mee leeg te skep. Dis hulle wat Koekoe land geskep het !

Casper Labuschagne ·

Van die vroegste af is daar ‘n filosofiese beskouing oor die verskil tussen die mens en die dier. Selfs die huidige president van die VSA het onlangs ‘n aanmerking gemaak waar hy na bendelede as diere verwys het. Verseker is daar ‘n grens van beskawing met diegene sonder menslikheid aan die ander kant van die grens. En so word ‘n brandweerstasie wat die gemeenskap moet dien afgebrand deur diegene wat staan aan die ander kant van die grens van beskwaing.

Nikita ·

Kan n NORMALE mens ooit al hierdie verwoesting gewoond raak…..glad nie, never!!! Maar dit lyk asof die polisie en regerende party dit gewoond is, want hulle moes al lankel die opstand in die kiem gesmoor het. Genade as dit elke dag so gaan aan ploeter gaan daar regtig niks oorbly. Die misdadigers is vinnig besig om die polisie se hef uit die hand te neem. Al hoop is dat die SAPS lewe kry en hierdie gemors baasraak! Dat die regerende party nie skaam kry nie, gaan my verstand te bowe. Hoekom se CR niks? As n president van n land niks se of laat doen aan sulke verwoesting nie, is hy of sy dan nie geneig om ook die vuur aan te blaas nie? Wens net daar is iets wat ons kan doen. Dit raak al hoe meer frustrerend! Hemelse Vader help ons en wys vir ons wat ons moet doen.

Swannie ·

En nadat die shacks afgebrand het, is daar duisende mense wat maar te gewillig is om te help, uit te deel en te gee….en gee..en gee….. en dan die volgende week word jou voertuig met klippe bestook, want hulle het nie spoeltoilets en elektrisiteit nie.

Enigiets wat vernietig word, moet netso gelos word. End van die prent !!

bgj van der westhuizen ·

wel hulle steek hulle brandweer stasie brand wel los dit moet dit nie herbou nie as hulle huise aan die brand is moet hulle maar wag tot daar een dag n brand weer op daag en dat daar die gemeendskap maar self betaal vir die herbou waar op moet ons ander burgers van kaapstad betaal vir dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.