Foto’s: Betogers vaar Hermanus se strate in

Betogers in Hermanus in die Wes-Kaap (10 April 2018). Foto: Verskaf

Die pad voor die plaaslike landdroshof op Hermanus moes Dinsdag gesluit word nadat ongeveer 1 500 mense in dié Wes-Kaapse dorp betoog het.

Die betoging hou glo verband met die inhegtenisneming van mense wat verlede maand tydens gewelddadige betogings in die dorp vasgetrek is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die betogers dring daarop aan dat die mense wat in hegtenis geneem is vrygelaat moet word. Dié verdagtes verskyn weer vandag in die hof onder meer op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Betogers in Hermanus in die Wes-Kaap (10 April 2018). Foto: Verskaf

Kenny Africa, die provinsiale verkeershoof, het aan Maroela Media bevestig dat die R43 voor die polisiestasie en die landdroshof gesluit is waar die betogers saamgedrom het. “Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak wanneer hulle Hermanus binnekom,” het Africa gesê.

Maroela Media het vroeër berig 79 mense is verlede maand in hegtenis geneem nadat inwoners van Zwelihle vir dae lank aan gewelddadige betogings deelgeneem het. Dié betogings het verband gehou met ontevredenheid oor grond en behuising. Die betogings is uiteindelik onder beheer gebring nadat Bonkikosi Madikizela, LUR vir menslike nedersettings in die Wes-Kaap, met verskeie belanghebbendes en die betogers oor die kwessies vergader het.

Rwexana het gesê die betoging Dinsdag voor die hof was tot dusver vreedsaam, maar dat polisie die situasie deurentyd monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Schalk van Niekerk ·

Plakkerskampe toe ANC julle het onwettigheid aangemoedig klaar dit nou op.Thabo Jy en Winni was mos die voordrawwers saam met Beyers en Boesak dis mos jul nalatenskap.Wetteloosheid..Grootbek was julle nou is julle still.

bgj van der westhuizen ·

wie gaan betaal vir die skade wat hulle aan gerig het en wat word gedeon omtrent die in braak en dief staf wat die betogers gepleeg het daar word niks van dit gese nie

Andre C ·

die sg.betogers intimideer ook die wat wil gaan werk.bykans niemand het vandag opgedaag vir werk nie.die gevangenes het miljoene rande se skade in die dorp aangerig.As die gevangenes vrygelaat word het hulle inderdaad toestemming gekry om in die toekoms voort te gaan met gewelddadige betogings en saakbeskadiging sonder tronkstaf !!

HoorHoor ·

Nes jy daar sê André C. En nou wil hul boonop hul Borgaansoekdatum na môre of Vrydag vervroeg. ??

Buffel ·

Dis wat die ANC en hulle “sateliet” partye soos die EFF hier gevestig het en dit is wetteloosheid, arrogansie en kriminaiteit verskans as sosiale onrus. Dit sal net erger raak totdat anargie uiteindelik heers en ‘n burgeroorog uitbreek. Dan kan almal maak net wat hul wil en dan geld net wet en dit is brutaliteit. Kyk na Somalia.

jaco ·

Mense se name is jare op waglyste vir huise, maar geen huise word gebou nie. Intussen is daar geld vir Nkandla, sokkerstadions en reusagtige salarisse vir politieke ampsdraers van ALLE politieke partye. ‘n munisipale raadslid se salaris begin op R420 000 per jaar. Burgemeester en voorsitters van komitees kry nog meer. Parlementslede kry R1.3 miljoen per jaar. Kabinetslede kry baie meer. Helen Zille van die DA se premiers alarmisties is R2miljoen per jaar. President Ramaphoza kry R3.6miljoen per jaar. By al hierdie salarisse kom grand karre en huise en verniet vlieg en verniet petrol. ALLE polieke partye met verkose lede op munisipaliteite of provinsiale wetgewers of die Parlement swem saam in hierdie geld.
En intussen dit mense vir jare en wag vir ‘n huis…

LB S ·

Maar probeer dit nou in hulle koppe inpraat dat dit die einste ANC is vir wie hulle so vinnig stem elke keer! Wat van probeer nou die DA!

Buffel ·

Waarom moet mense verniet huise kry ? Of is ons so gebreinspoel dat ons aanvaar dat in SA almal van ‘n sekere ras en inkomstegroep huise kry krediet van die belastingbetaler reg is ? Sover ek weet in betaal mens vir vaste bates soos eiendom. Waar kom die verniet verblyf vandaan??? Hou op broei, verbeter die ekonomie en onderwys stelsel sodat die ekonomiese potensieel van die land verbeter word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.