[Foto’s] Betogers veroorsaak chaos buite Limpopo-dorp

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Polisiebeamptes is steeds op die toneel waar ten minste 14 voertuie Sondag in die Steelpoort-gebied in Limpopo tydens gewelddadige betogings aan die brand gesteek is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn gedeelte van sowat 25km van die R555 word geraak en motoriste word aangeraai om die areas rondom Burgersfort, Sekhukhune en Roossenekal te vermy.

Volgens Otto is inwoners in die gebied ontevrede oor onderhandelinge met die myne wat hulle glo nie in diens wil neem nie. “Volgens onbevestigde berigte is ten minste tien vragmotors en vier busse aan die brand gesteek, terwyl talle voertuie met klippe bestook is. Die polisie het  verskeie mense ingeneem vir ondervraging, maar niemand is nog amptelik aangekla nie,” het sy gesê.

Sy het gesê geen voorvalle van geweld is deur die nag aangemeld nie, maar ʼn groot polisieteenwoordigheid word steeds gehandhaaf om die situasie te monitor. Teen Maandagoggend was die R555 vir motoriste oopgestel, maar die verkeer is steeds vertraag deur die uitgebrande voertuie wat nog nie verwyder is nie.

Geen beserings of sterftes is tot dusver aangemeld nie, het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leon ·

Ek het gister met my eie oe gesien hoe die swart persone deurgelaat word by hulle versperings en die wit mense word uit hulle karre geruk en aangerand en hulle karre aan die brand gesteek

Piet Pompies ·

Ek keur glad nie die mense se optrede goed nie, maar deesdae is algemeen veral onder myne om die grondstowwe te myn, nie gebruik te maak van plaaslikke arbeid, groot winste maak, die infrastruktuur opfoeter en ontrek sodar dit nie meer ekonomies is om te myn. Intussen is die omgewing nutteloos vir enige vorm van landbou agv die misbruik van die infrastruktuur. Die paaie is in ‘n gehawende toestand, die swaar voertuie ry roekeloos. Ja, beslis, elke saak het twee kante, Maroela media kan gerus ook vir ons die ander kant wys.

Lionel westraadt ·

Ek wil nou weet hoekom toe ek kleur by die plaasanvalle noem toe word dit nie gepubliseer nie. Is daar dubbele kam waaee geskeer word. Is dit om hulle te beskerm.

Eddie ·

Lionel moet nie alleen voel nie. Dit is snaaks as mens baie naby aan die waarheid praat word jy geblok. My goed word ook nie geplaas nie. Laat my soms wonder of ek my krag moet mors om iets te plaas. Maroela ons is groot mense wat hier lees en kommentaar lewer en ja 90% van die tyd slaan ons die spyker op sy kop. Moet nie dat julle voorgese word wat om te plaas en wat nie. Dit maak net van julle nog n regering. Hoop nie dit is te kras gestel nie. Like julle nogsteeds.

Lettie ·

Kom ons sê dit in ‘n kort sinnetjie: HULLE MAG MAAR MOOR, BRAND, VERKRAG, STEEL ens ens. en weg kom daarmee.

tamboti ·

Lettie ons regering sal dit toelaat en gebruik dit tot hulle voordeel, geen publisiteit is vir hul sleg nie, alles is mos Apartheid se skuld!

Morne ·

Nou wil ek weet…aangesien hulle alles verniet wil he en maak net wat hulle wil…wie betaal die skade aan my kar as hy met klippe gegooi is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.